Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Skeptisisme oor die Bybel

    Valse leerstellings onder kerke verwyder landmerke wat vasgestel is deur die Woord van God. Min verander deur die verwerping van ‘n enkele waarheid. Die meerderheid verwerp een waarheid na die ander, totdat hulle ongelowiges word.DGrH 40.3

    Die dwaalleringe van populêre teologie het reeds baie siele tot skeptisisme gedryf. Dit is onmoontlik vir hulle om leerstellings te aanvaar wat hul begrip vir regverdigheid, genade en welwillendheid beledig. Omdat dit voorgehou word as Bybelse leerstellings, weier hulle om dit te aanvaar as die Woord van God.DGrH 40.4

    Die Woord van God word met wantroue beskou omdat dit sonde bestraf en veroordeel. Hulle wie onwillig is om die Bybel se vereistes na te kom, poog om die Bybel se gesag ongedaan te maak. Baie word ongelowiges om pligsversuiming te regverdig. Ander wie gemaksugtig is om enigiets te bereik wat selfverloëning mag verlang, poog om ‘n persoonlike reputasie vir superieure wysheid te vestig, deur die Bybel te kritiseer.DGrH 41.1

    Baie beskou dit as ‘n deug of voortreflikheid om aan die kant van ongeloof, skeptisisme of ongehoorsaamheid te staan. Maar, onder hierdie voorkoms van openhartigheid sal selfvertroue en trots gevind word. Baie put genot indien hulle iets in die Bybel kan vind wat vir ander ‘n kopkrapper of raaisel kan bied. Sommiges skaar hulle aanvanklik aan die verkeerde kant, bloot omdat hulle strydvrae, twispunte en geskille geniet. Maar deur openlik ongeloof te uiter, skaar hulle hulself by die ongoddellike.DGrH 41.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents