Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Eerste Lewe

    Die een wie lewe belowe het deur ongehoorsaamheid, was die groot bedrieër. Die verklaring deur die slang in Eden - “Julle sal gewis nie sterwe nie” - was die eerste preek in verband met die onsterflikheid van die siel. Hierdie verklaring, wat uitsluitend rus op die gesag van Satan, word van die kansels af in die wêreld verkondig en word ontvang deur die meerderheid van die mensdom, so geredelik as wat ons eerste ouers dit ontvang het. Die goddelike verklaring, “Die siel wat sondig, die moet sterwe” (Esegiël 18:20) word verdraai tot: Die siel wat sondig, sal nie sterf nie, maar sal vir ewig lewe! Indien die mens na sy sondeval toegelaat sou word om van die boom van die lewe te eet, sou sonde onsterflikheid verkry het. Daar is egter nie een lid van Adam se gesin wie toegang verkry het tot hierdieDGrH 48.1

    lewegewende vrug nie. Derhalwe is daar geen onsterflike sondaar nie. y Na die sondeval, het Satan opdrag gegee aan sy engele om die geloof in te skerp dat die mens onsterflik is, en om hul verder te lei om te glo dat die sondaar dan in ewige ellende sal bly leef. Die prins van die duisternis stel God nou voor as ‘n wraaksugtige tiran, wie verklaar dat Hy almal in die hel sal gooi, almal wie Hom nie tevrede stel nie en dat terwyl almal wriemel in ewigdurende vlamme, dat hul Skepper met genoegdoening op hulle sal neerkyk. So stel Satan die Weldoener van die mens met al sy eie eienskappe voor. Wreedaardigheid is satanies. God is liefde. Satan is die vyand wie die mens tempteer om sonde te doen en dan vernietig hy hom as dit moontlik is. Hoe onverenigbaar met liefde, genade en geregtigheid is hierdie leerstelling dat die goddelose dooies ewigdurend in ‘n helse vuur gemartel sal word; dat vir die sondes van ‘n kortstondige aardse lewe, hulle pyn en lyding sal moet verduur vir solank as wat God sal lewe!DGrH 48.2

    Waar in God se Woord word so ‘n leerstelling gevind? Moet die gevoelens van gewone mense verruil word vir die wreedheid van barbare? Nee, dit is nie die onderwysing van die Bybel nie.DGrH 49.1

    “Sê vir hulle sowaar as wat Ek leef, spreek die Here Here gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin, dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van julle verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel?” Jesaja 33:11.DGrH 49.2

    Verlustig God Hom in die aanskouing van ewigdurende martelary? Vergas God Homself met die gekreun en geskreeu en lyding van skepsels wie Hy in die vlamme hou? Kan hierdie aaklige geluide musiek wees in die ore van Oneindige Liefde? 0, verskriklike godslastering! God se heerlikheid word nie versterk deur sonde so te laat voortbestaan deur die oneindige eeue heen nie.DGrH 49.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents