Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Kettery oor Ewigdurende Marteling

    Die dwaalleer van ewigdurende martelary het ‘n bose uitwerking. Die godsdiens van die Bybel, vol van liefde en goedheid, is verduister deur bygeloof en gekleed met verskrikking. Satan het die karakter van God in vals kleure geskets. Onse genadige God word gevrees en selfs gehaat. Die skrikwekkende beskouings van God wat deur die wêreld versprei word deur die prediking vanaf die kansels het miljoene skeptici en ongelowiges tot gevolg.DGrH 49.4

    Ewigdurende martelary is een van die valse leerstellings, die “wyn van die grimmigheid van haar hoerery’’ (Openbaring 14:8; 17:2) wat Babilon al die nasies laat drink. Predikers van Christus het hierdie kettery van Rome verkry soos ook die valse leerstelling oor die valse sabbat.’ As ons afwyk van God se Woord en valse leerstellings aanvaar omdat ons voorvaders dit verkondig het, dan val ons onder die oordeel wat in Openbaring uitgespreek word oor Babilon; dan drink ons van die wyn van haar onsedelikheid.DGrH 50.1

    ’n Ander groot groep word gedryf na ‘n teenstellende wanvoorstelling. Hulle sien dat die Skrif God voorstel as ‘n God van liefde en ontferming en kan nie glo dat Hy sy skepsels wil verdoem tot ‘n ewigdurende, brandende hel toe nie. Hulle glo dat die siel natuurlik onsterflik is en hulle glo dat die totale mensdom gered sal word. Derhalwe kan die sondaar leef in selfsugtige genot, God se vereistes minag, en nogtans in guns deur Hom ontvang word. So ‘n leerstelling, wat God se genade erken maar Sy geregtigheid ignoreer, kan alleenlik die sinnelike hart tevrede stel.DGrH 50.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents