Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Voorwaardes Is Gespesifiseer

    .. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.” Hierdie belofte is alleenlik vir die wie dors het. “Hy wat oorwin sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees en hy sal vir My ‘n seun wees.” Voorwaardes is gespesifiseer. Om alles te erf moet ons die sonde oorwin!DGrH 52.1

    “En dit nie goed sal gaan met die goddelose nie.” Prediker 8:13. Die sondaar maak bymekaar vir homself: “Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God; wat elkeen sal vergeld na sy werke.” Romeine 2:5,6,9.DGrH 52.2

    “Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.” “Salig is die wat Sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte van die stad. Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.” Efesiërs 5:5, Openbaring 22:14,15.DGrH 53.1

    God het aan die mensdom ‘n verklaring uitgereik oor Sy metode om met sonde te handel. “Hy verdelg die goddelose”, “maar die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die goddelose word afgesny.” Psalm 145:20; Psalm 37:38. Die gesag van die goddellike regering sal rebellie uitroei, maar vergeldende geregtigheid sal konsekwent wees met die karakter van God as ‘n genadige, welwillende, heilige wese.DGrH 53.2

    God forseer nie die wil nie. Hy verkry geen plesier uit slaafse gehoorsaamheid nie. Hy begeer dat die skepsels van Sy handewerk Hom sal liefhê omdat Hy liefde waardig is. Hy wil dat Sy skepsels Hom sal eerbiedig omdat hulle ‘n intelligente waardering het vir Sy wysheid, geregtigheid en welwillendheid.DGrH 53.3

    Die beginsels van die goddellike regering is in harmonie met die Verlosser se voorskrif, “Julle moet julle vyande liefhê”. Mattheus 5:44. God laat geregtigheid geskied oor die goddelose vir die beswil van die heelal en selfs ook vir die beswil van hulle op wie Sy oordeel voltrek word. Hy sou hulle gelukkig gemaak het as Hy kon. Hy omsingel hulle met tekens van Sy liefde en agtervolg hulle met aanbiedinge van Sy genade. Alhoewel hulle deurlopend Sy geskenke ontvang, onteer hulle die Gewer. Die Here is lankmoedig met hul perversiteit; maar sal Hy hierdie rebelle vasketting aan Sy sy, hulle forseer om Sy wil te doen?DGrH 53.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents