Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Opstanding tot die Ewige Lewe

    Toe Jesus op die punt was om Sy dissipeis te verlaat, het Hy nie vir hulle gesê dat hulle binnekort by Hom sou wees nie: “Ek gaan om vir julle plek te berei.” “En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem.” Johannes 14:2,3. Paulus vertel ons verder, “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aarts-engel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word, die Here tege-moet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde. “1 Tessalonisense 4:16-18. Met die koms van die Here, sal die kettings van die graf gebreek word en die “dooies in Christus” sal opgewek word tot die ewige lewe. 1’Vir meer inligting oor die Sabbat, verwys na Hoofstuk 8 van hierdie boek.DGrH 58.1

    Almal sal geoordeel word volgens die dinge wat opgeteken is en beloon word volgens die werke wat hulle gedoen het. Hierdie oordeel vind nie plaas by die dood nie “omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel.” “Kyk, die Here het gekom met Sy tienduisendtalle, om gerig te hou oor almal.” Handelinge 17:31; Judas 14,15.DGrH 59.1

    Maar indien die dooies alreeds die hemel geniet of brand in die vlamme van die hel, wat is die nut dan van ‘n toekomstige oordeel? God se Woord kan verstaan word deur eenvoudige mense. Maar watter opregte intellek kan óf wysheid óf geregtigheid sien in hierdie teorie? Sal die regverdiges die aanprysing ontvang, “Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan nou in die vreugde van jou heer.” terwyl hulle reeds in Sy teenwoor-digheid was vir baie eeue?DGrH 59.2

    Sal die goddeloses uit die hel teruggeroep word om hul straf van die Regter te ontvang, “Gaan weg van My julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is?” Mattheus 25:21, 41.DGrH 60.1

    Die teorie van die onsterflikheid van die siel was een van daardie valse leerstellings wat Rome geleen het van die heidendom. Martin Luther het dit ingesluit by “gedrogtelike fabels wat deel vorm van die Romeinse mishoop van pouslike verordeninge.” 2’E. Petavel, The Problem of Immortality, bl. 255. Die Bybel leer dat die dooies slaap tot en met die opstanding.DGrH 60.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents