Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    6 - Ware Vrede

    Oral waar die Woord van God gelowig verkondig is, het resultate gevolg wat getuig van goddelike oorsprong. Sondaars het gevind dat hul gewetens hulle vinniger aankla. Diepe oortuigings het hulle harte en gedagtes vasgevang. Hulle het ‘n gevoel vir God se geregtigheid verkry en het uitgeroep: “Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos?” Romeine 7:24. Soos die kruis verduidelik en ontbloot is, het hulle begryp en geglo dat niks anders as die meriete van Christus se dood geregtigheid kon verkry vir hul oortredings nie. Deur die bloed van Jesus het “Hy die sondes ongestraf laat bly, wat tevore gedoen is.” Romeine 3:25.DGrH 71.1

    Hierdie siele het geglo, is gedoop en het opgestaan in ‘n nuwe lewe, deur die geloof van die Seun van God, deur in Sy voetspore te volg om Sy karakter te reflekteer, en deur hulself te reinig soos Hy rein is. Dinge wat hul voorheen gehaat het, het hulle nou lief gehad en dinge wat hulle voorheen liefgehad het, het hulle nou gehaat. Die trotsaards het sagmoedig geword. Die verwaandes en hooghartiges het ernstig en beskeie geword. Die dronkaards het nugter geword, die onsedelikes rein.DGrH 71.2

    Christene het nie “uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en sierlike klere (gesoek) nie. Nee,... skoonheid van die innerlike mens... blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit (wat) by God groot waarde (het)”. 1 Petrus 3:3,4.DGrH 72.1

    Herlewings is gekenmerk deur plegtige oproepe tot die sondaar. Die vrugte is gesien in siele wie hul self verloën het en hul verheug het om waardig geag te word om te ly vir hul geloof in Jesus. Mense het positiewe transformasie gesien in persone wie die naam van Jesus bely het. Die resultate was dikwels so positief dat geestelike ontwakings plaasgevind het.DGrH 72.2

    Baie geestelike herlewings van vandag toon ‘n heel ander gees. Dit is waar dat baie bekeerd voorkom en dat daar groot toevoegings tot die kerk is. Die resultate is egter nie sodanig dat merkwaardige veranderinge in mense se persoonlike geestelike lewens identifiseer kan word nie. Die geestelike lig wat opvlam vir ‘n tydperk, gaan dikwels kort daarna weer dood.DGrH 72.3

    Populêre herlewings stimuleerte dikwels die emosies, wat die liefde bevredig vir dit wat nuut en verrassend is. Bekeerlinge wat op hierdie wyse gewen word, het dikwels nie ‘n groot begeerte om na Bybelse waarhede te luister nie en tensy ‘n geestelike diens nie ook ‘n sensasionele karakter het nie, het dit ook nie ‘n groot aantrekkingskrag vir hulle nie.DGrH 72.4

    Met elke werklik bekeerde siel sal die verhouding met God en ewige dinge altyd die groot onderwerp van die lewe wees. Waar in die populêre kerke van vandag, is die gees van toewyding aan God? Bekeerlinge keer ook nie altyd weg van trots en liefde vir die wêreld nie. Bekeerlinge is ook nie altyd meer bereid om self te verloën en om die sagmoedige Jesus te volg, as voor hul bekering nie.DGrH 72.5

    Kragtige goddellikheid in die kerke het byna verdwyn.DGrH 73.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents