Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Ware Volgelinge van Christus

    Desnieteenstaande die wydverspreide agteruitgang van die geloof, is daar ware volgelinge van Christus in hierdie kerke.DGrH 73.2

    Voor die finale uitstorting van God se oordeel oor die mensdom op aarde, sal daar onder God se dienaars ‘n herlewing van primitiewe goddelikheid wees, wat nie ervaar is sedert apostoliese tye nie. Die Heilge Gees van God sal uitgestort word. Baie sal van hierdie kerke af weggaan, waar liefde vir die wêreld liefde vir God en Sy Woord vervang het. Baie predikers en mense sal gretiglik die groot waarhede aanvaar wat mense voorberei vir die Here se wederkoms.DGrH 73.3

    Die vyand van siele begeer om hierdie werk te verhinder, en voor die tyd vir so ‘n beweging sal kom, sal hy probeer om dit te verhinder deur ‘n vervalsing in die kerke in te bring.DGrH 73.4

    In daardie kerke wat hy onder sy mag kan bring, sal hy dit laat blyk asof God se seëninge uitgestort word. Menigtes sal uitroep, “God is besig om kragdadig te werkl’’ terwyl dié werk die werk van ‘n valse gees is. Onder ‘n sogenaamde geestelike vermomming sal Satan poog om sy invloed oor die Christendom uit te brei. Daar is ‘n emosionele opgewondenheid, ‘n vermenging van die waarheid en die leuen, goed aangepas om te mislei.DGrH 73.5

    In die lig van God se Woord is dit egter nie so moeilik om die karakter van die bewegings te onderskei nie. Oral waar die mens die getuienis van die Bybel verontagsaam het, deur weg te beweeg van die eenvoudige siel-toetsende waarhede wat selfverloëning | en wêreldversaking insluit, daar kan ons verseker weet, is God se seën nie uitgestort nie. “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken” (Mattheus 7:16); dit is duidelik dat hierdie bewegings nie die werk van die Gees van God is nie. Die waarhede van God se Woord is ‘n skild teen die misleidings van Satan. Verontagsaming van hierdie waarhede het die deur oopgemaak vir die euwels wat nou wydverspreid in die wêreld is. Die belangrikheid van die Wet van God is tot ‘n groot mate uit die oog verloor. ‘n Verkeerde opvatting van die gebooie van God het gelei tot foute met betrekking tot bekering en regverdigmaking, wat die standaarde van pïeteit verlaag het. Die rede hiervoor is die gebrek aan die Heilige Gees van God in die geestelike herlewings van ons tyd.DGrH 74.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents