Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Luther Illustreer Hoe om Vergifnis en Verrlossing te Ontvang

    ’n Begeerte om vrede met God te vind, het Martin Luther gedryf om homself te verbind tot ‘n kloosterlike lewe. Hier was hy genoodsaak om sloofwerkte verrig en om te bedel van huis tot huis. Hy het geduldig hierdie vernedering verduur, omdat hy geglo het dit noodsaaklik was as gevolg van sy sonde.DGrH 76.3

    Hy het ‘n baie strenge lewe gely en hom beywer deur te vas, nagwake en selfkastyding om sy sondige natuurte onderwerp. Hy het later gesê: “Indien ‘n monnik die hemel kon verdien deur sy werke as monnik, dan moes ek sekeriik daarop geregtig gewees het. Indien dit veel langer moes aangehou het, sou ek waarskynlik my selfkastyding tot die dood toe volhard het.” 1H. Merle D’Aubigne, Historyofthe Reformation ofthe Sixteenth Century, bk. 2, hoofst. 3. Selfs met al sy pogings het sy skuldbelaaide siel nie verligting gevind nie. Hy is uiteindelik tot op die rand van wanhoop gedryf.DGrH 76.4

    Toe dit voorgekom het of alles verlore was, het God ‘n vriend opgerig vir Luther. Staupitz het die Woord van God verstaanbaar gemaak vir Luther en hom versoek om nie na homself nie maar na Jesus te kyk. “In plaas van om jouself te martel as gevolg van jou sonde, gooi jouself eerder in die Verlosser se arms. Vertrou op Hom en in die geregtigheid van Sy lewe, asook in die versoening deur Sy dood Die Seun van God ... wie mens geword het om jou die versekering van goddellike guns te gee.” 2Ibid., bk. 2, hfst. 4. v Staupitz se woorde het ‘n groot indruk op Luther gemaak. Luther het vrede vir sy gekwelde siel gevind.DGrH 77.1

    Later is Luther se stem van die kansel af gehoor in ernstige waarskuwing. Luther het aan die mense die afskuwelike karakter van sonde getoon en het bevestig dat dit onmoontlik vir die mens was om deur sy eie werke sy sondeskuld te verminder of om die straf vir die sonde vry te spring. Niks behalwe skuldbelydenis teenoor God en geloof in Jesus Christus kan die sondaar red nie. Die genade van God kan nie gekoop word nie; dit is ‘n gratis geskenk. Luther het by die mense gepleit en aanbeveel om nie vergunnings, of absolusie, te koop nie, maar om eerder in geloof na die kruis en ‘n gekruisigde Verlosserte kyk. Luther het getuig van sy eie pynlike ondervinding en het sy hoorders die versekering gegee dat dit deur geloof in Christus is, dat hy vrede en geluk gevind het.DGrH 77.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents