Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Eerste en Grootste Verantwoordelikheid

    Dit is nie goed genoeg om goeie voornemens te hê nie, of om te doen wat jy dink reg is nie, of om te doen wat die predikant sê jy moet doen nie. Elke persoon moet die Bybel self bestudeer. Die Bybel is ‘n kaart wat elke pad aandui na die hemel toe en daar hoef nie geraai te word nie.DGrH 91.6

    Dit is die eerste en die grootste verantwoordelikheid van elke rasionele lewende wese om die Bybel te bestudeer en die waarheid te ontdek en om dan in die lig te wandel en om ander aan te moedig om die voorbeeld te volg. Ons is verantwoordelik om ons eie opinies te vorm omdat ons self voor God verantwoording vir ons lewens sal moet doen.DGrH 92.1

    Geleerde mense, met skynvertoon van groot wysheid, leer dat die Skrifte ‘n geheimenis bevat, ‘n spirituele betekenis wat nie in die gebruikstaal van die gedrukte Bybel voorkom nie. Hierdie mense is valse leraars. Die boodskap van die Bybel moet verduidelik word in die taal waarin dit gedruk is, volgens die vanselfsprekende betekenis, tensy ‘n simbool of syfer gebruik is. Indien mense maar net die Bybel bestudeer soos wat dit lees, sal ‘n groot resultaat bereik word wat baie mense by die kerk sal voeg, wie huidiglik in duisternis wandel en in onwaarheid leef.DGrH 92.2

    Baie Skrifgedeeltes wat geleerde mense as onbelangrik beskou, is gemaklik hanteerbare tekste vir hulle wie onderrig ontvang het in die skool van Christus. ‘n Begrip van Bybelwaarheid berus nie so swaar op die krag van die intellek wat aangewend word om die ondersoek te doen nie, maar eerder op die doel van die ondersoek en die eerlike begeerte na geregtigheid.DGrH 92.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents