Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Herstelling van die Waarheid

    Sabbat-hervorming in die laaste dae, is geprofeteer in die boek Jesaja: “So sê die Here: Bewaar die reg en doen geregtigheid; want My heil is naby om te kom en my geregtigheid om geopenbaar te word.” “En die uitlanders wat hulle by die Here aangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van die Here lief te hê deur Sy knegte te wees - elkeen wat die Sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en hulle wat vashou aan My verbond”, “hulle sal Ek bring na My heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in my huis van gebed.” Jesaja 56:1,2,6,7.DGrH 96.1

    Hierdie woorde is ook van toepassing in die Christen eeu, soos bevestig word in die konteks (vers 8). Hierdie is ‘n voorskou van die heidene wat die evangelie van Jesus Christus sou ontvang, wanneer Sy dienaars die goeie tyding aan al die nasies sal verkondig.DGrH 96.2

    Die Here beveel: “Bind die getuienis toe, verseël die wet in die hart van My leerlinge.” Jesaja 8:16. Die seël van God se wet word gevind in die vierde gebod. Slegs die vierdie gebod bevat die titel en die naam van die Wetgewer. Toe die Sabbat verander is deur Pouslike Rome, 1Hierdie verandering word beskryf in Hoofstuk 3 van Oie Groot Slryd. was die seël van die wet weggeneem. Die dissipels van Jesus word versoek om die Sabbat te herstel, deur die Sabbat as die Here se dag te verhoog as die Skepper se aandenkingsdag en teken van Sy gesag.DGrH 96.3

    Protestante verklaar nou omdat Jesus op die derde dag, naamlik die Sondag, opgestaan het uit die dode, herdenk hulie vandag Sondag as die Sabbat. Hierdie eer was nie deur Jesus of Sy dissipels aan Sondag gegee nie. Die herdenking van Sondag as die Sabbat het sy oorsprong in daardie “geheimsinnigheid van wetteloosheid” (2 Tessalonisense 2:7, 1983 Vertaling), wat reeds in Paulus se dag al begin werk het. Watter rede vir verandering van die Sabbatherdenking is daar, wat die Bybel nie goedkeur nie?DGrH 98.1

    Protestante erken dat daar in die hele Nuwe Testament met betrekking tot enige spesifieke opdrag vir herdenking van die Sabbat [Sondag is die eerste dag van die week] geen opdrag of reëls vir Sabbatherdenking op Sondag opgeteken is nie. 2George Elliott, The Abiding SaDbath, bl. 184.DGrH 98.2

    “Tot die tyd van Christus se dood, is geen verandering in die herdenking van die Sabbat gegee nie”, en “die rekords bevestig dat hulle [die apostels] het ook nie enige uitdruklike opdrag gegee vir afstanddoening van die sewende dag Sabbat of vir die herdenking van Sabbat op die eerste dag van die week nie.” 3A. E. Waffle, The Lord’s Day.ble. 186-188.DGrH 98.3

    Rooms Katolieke erken dat die verandering van Sabbat gemaak is deur hul kerk en verklaar dat omdat DGrH 99.1

    Protestante ook die Sabbat op Sondag herdenk, dit bewys is dat die Rooms Katolieke Kerk se gesag erken en aanvaar word. Die stelling word gemaak: “Gedurende die ou wet, was Saterdag die Sabbat; maar die Kerk het in opdrag van Jesus Christus en gelei deur die Gees van God, die Saterdag met Sondag vervang; daarom herdenk ons nou die eerste dag en nie die sewende dag nie. Sondag beteken, en is nou, die dag van die Here.” 4Cathoiic Catechism ofChristian Retigion.DGrH 99.2

    Die bevel is gegee: “Roep uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos ‘n basuin! En verkondig aan My volk hulle oortredinge en aan die huis van Jakob hulle sondes.” Jesaja 58:1, 2.DGrH 99.3

    Hulle wie die Here uitwys as “My volk” moet bestraf word vir hulle sondes, ‘n volk wat hulself sien as regverdig in die diens van God. Maar die ernstige teregwysing van die Ondersoeker van harte, bewys dat hulle Sy heilige voorskrifte vertrap.DGrH 99.4

    Die profeet wys die goddeilike voorskrif wat versaak is uit: “... Die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak. As jy jou voet terughou van die Sabbatom nie jou sake op My heilige dag te doen nie, en as jy die Sabbat ‘n verlustiging noem en die heilige dag van die Here hoog hou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie; dan sal jy jou verlustig in die Here...” Jesaja 58:12-14.DGrH 99.5

    Die “verbreking” van die wet van God was gemaak toe die herdenkingsdag van die Sabbat verander is deur die Romeinse mag. Maar die tyd het aangebreek om die breuk te herstel.DGrH 99.6

    Die Sabbat was gedenk deur Adam in sy onskuld in Eden; en deur die gevalle dog bekeerde Adam nadat hy verdryf is van sy landgoed af. Die Sabbat was gedenk deur ai die partriarge vanaf Abel tot Noag, tot Abraham, tot Jakob. Toe die Here Israel bevry het, het God Sy wet aan die menigte van nasies bekend gemaak.DGrH 99.7

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents