Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Werklike Sabbat Altyd Gedenk

    Vanaf daardie dag tot vandag word die Sabbat gedenk. Alhoewei die “man van sonde” daarin geslaag het om God se heilige dag te vertrap, het gelowige siele wie weggekruip het in geheime plekke, hierdie dag tot eer van God gedenk. Sedert die Reformasie het sommiges in elke geslag die Sabbat deurlopend gedenk.DGrH 100.1

    Hierdie waarhede in verband met die “ewigdurende evangelie” sal die kerk van God onderskei in die tyd van Sy verskyning. “... Hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar ” Openbaring 14:12.DGrH 100.2

    Hulle wie die lig ontvang het aangaande die heiligdom 5Sien hoofstukke 23 and 24 van Die Groot Stryd. en die wet van God, was gevul met blydskap toe hulle die harmonie van die waarheid gesien het. Hulle het begeer dat hierdie lig aan alle Christene bekend gemaak moes word. Maar waarhede wat verskil met die wêreld, was nie altyd welkom by baie nie, wie daarop aanspraak gemaak het dat hulle Christus volg.DGrH 100.3

    Terwyl die aansprake met verwysing na die Sabbat gemaak was, het baie gevra: “Ons het altyd Sondag as die Sabbat gedenk, ons vaders het die Sondag gedenk, en baie goeie mense het gesterf terwyl hulle Sondag gedenk het. Die gedenking van ‘n nuwe Sabbat sal ons in disharmonie bring met die wêreld. Wat kan ‘n klein groepie wie die sewende dag gedenk bereik, teenoor die hele wêreld, wie Sondag gedenk?” Deur soortgelyke argumente het die Jode hulle verwerping van Jesus probeer regverdig. So ook, in die tyd van Luther het pousgesindes geredeneer dat ware Christene gesterf het in die Katoiieke geloof; derhalwe was die Katolieke geloof voldoende. So ‘n argument sal ‘n versperring wees vir enige geestelike groei of vordering in die geloof.DGrH 101.1

    Baie het redeneer dat Sondagheiliging reeds eeue lank ‘n wydverspreide en gevestigde tradisie in die kerk was. Teenoor hierdie argument is getoon dat die Sabbat so oud soos die wêreid self was en ingestel is deur die Oue van Dae.DGrH 101.2

    In die afwesigheid van Bybelse getuienis, het baie ander weer redeneer en gevra: “Hoekom verstaan die groot manne onder ons nie hierdie Sabbat vraag nie? Min mense glo soos julle glo. Dit kan nie wees dat julle reg is en al die geleerde mense verkeerd is nie.”DGrH 101.3

    Om hierdie argumente te weerlê, was dit alleenlik nodig om die Skrif aan te haal en attent te maak op die Here se hantering van die Sabbat met Sy volk deur die eeue heen. Die rede waarom die Here nie meer dikwels van geleerde mense se getuienisse gebruik maak nie, is moontiik omdat hierdie mense dikwels hulself net op hul eie geioofsbelydenisse en teologiese sisteme wil verlaat en nie altyd die behoefte vertoon om van God onderrig te ontvang rakende hierdie tipe vraagstukke nie. Individue wie dikweis min of geen gevorderde formele onderwysopleiding ontvang het nie, word soms deur God gebruik om waarhede te verkondig, nie omdat hul ongeletterd is nie, maar moontlik omdat hulle nie te onafhankiik in denke is nie en bereid is om deur God onderrig te word. Hulle nederigheid en gehoorsaamheid maak hulle groot.DGrH 102.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents