Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Geloof en Moed

    Dit was nie die bedoeling van God dat Israel vir veertig jaar in die woestyn moes swerf nie; God wou graag vir Israel direk na Kanaán lei en hulle daar vestig as ‘n heilige, gelukkige volk.DGrH 102.2

    Maar “ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie”. Hebreërs 3:19. Net so is dit ook nie die wil van God dat die wederkoms van Jesus Christus so lank vertraag moet word en dat Sy volk so lank in hierdie wêreld van sonde, smart, droefheid en verdriet moet vertoef nie. Ongeloof het hulle van God geskei. In ontferming teenoor die wêreld word Jesus se wederkoms vertraag, sodat sondaars die waarskuwings kan hoor en in Hom skuiling soek, voordat God se gramskap oor die aarde uitgestort sal word.DGrH 102.3

    Nou, soos in vorige eeue, sal die verkondiging van waarheid opposisie genereer en stimuieer. Baie met kwaadwiiligheid in hulle harte val die karakters en motiewe aan van hulle wie onpopulêre waarheid wil verdedig. Elija was beskou as ‘n moeilikheidmaker in Israel, Jeremia ‘n verraaier, Paulus ‘n besoedelaar van die tempel. Van toeka se dae tot nou word hulle wie lojaal is teenoor die waarheid veroordeel as opruiers, ketters en mense wie kerkskeuring veroorsaak.DGrH 103.1

    Die geloofsbelydenis van heiliges en martelare, wat voorbeelde is van heiligheid en rotsvaste integriteit, boesem moed in by diegene wie nou gevra word om op te staan vir die waarheid en as getuies vir God. Aan die diensknegte van God in hierdie tye word die opdrag gegee: “Roep uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos ‘n basuin. En verkondig aan My volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes.” Jesaja 58:1. “Ek het jou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy ‘n woord uit My mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku.” Esegiël 33:7.DGrH 103.2

    Die groot struikelblok vir die aanvaarding van waarheid is die feit dat dit ongerief en verwyt veroorsaak. Dit is die enigste argument teen die waarheid, een wat sy kampvegters nog nooit in staat was om te weerlê nie. Maar ware volgelinge van Christus wag nie totdat die waarheid eers populêr begin word voordat hulle die waarheid verkondig nie. Hulle aanvaar die kruis, met die apostel Paulus se verduideliking: “Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n allesoortreffende ewige gewig van heerlikheid”, en nog ‘n ouer voorbeeld van bemoediging is: “en die smaad van Christus groter rykdom geag het as die skatte van Egipte...” 2 Korinthiërs 4:17 en Hebreërs 11:26.DGrH 104.1

    Ons moet die waarheid kies, omdat dit die waarheid is, en die gevolge aan God oorlaat. Die wêreld is baie verskuldig aan sterk manne van beginsels, geloof en moed, wat die groot hervormings moontlik gemaak het. Vir die reformasie en transformasie wat nodig is vir hierdie eindtyd word manne en vroue met dieselfde karaktereienskappe benodig.DGrH 104.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents