Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    9 — Ware Hoop

    Die belofte van Christus se Wederkoms om die groot werk van verlossing te voltooi is die grondtoon van die Heilige Skrifte. Sedert Eden het die kinders van geloof gewag vir die Beloofde Een om hulle terug te neem na die verlore Paradys toe.DGrH 105.1

    Henog, ‘n sewende geslag afstammeling van Adam en Eva, en wie vir drie eeue saam met God gewandel het, het verklaar: “Kyk die Here het gekom met Sy heilige tienduisendtalle, om gerig te hou oor almal en al die goddelose onder hulle te straf.” Judas 14,15. Job het in die nag van beproewing uitgeroep: “Ek weet dat my Losser leef, uiteindelik sal Hy op die aarde triomfeer! Ek sal Hom sien. Met my eie oë sal ek Hom sien.” Job 19:25-27. Die digters en profete hetdie boodskap van die koms van Christus met woorde beskryf wat gloei soos vuur. “Laat die hemele bly wees en die aarde juig ... voor die aangesig van die Here; want Hy kom, want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke in Sy trou.” Psalm 96:11,13.DGrH 105.2

    Jesia het gesê: ” En hulle sal in died dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die Here op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp.”DGrH 106.1

    Die Verlosser het Sy dissipels vertroos met die versekering dat Hy weer sou kom: “In die huis van My Vader is daar baie Wonings Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan het en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem.” “En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op Sy heerlike troon sit; en voor Hom sal al die nasies versamel word.” Johannes 14:2, 3; Mattheus 25:31,32.DGrH 106.2

    Engele het aan die dissipels die belofte van Sy wederkoms bevestig: “Hierdie Jesus wat van julle af opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos wat julle Hom na die hemel sien wegvaar het.” Handelinge 1:11. Paulus het gesê: “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God.” 1 Thessalonicense 4:16.DGrH 106.3

    Die profeet op die eiland Patmos het gesê: “Kyk, Hy kom op die wolke, en elke oog sal Hom sien.” Openbaring 1:7.DGrH 106.4

    Dan sal die lang volgehoue regering van die duisternis verbreek word: “Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus en Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid.” Openbaring 11:15. “... so sal die Here Here geregtigheid en lof laat uitspruit voor die oog van al die nasies.” Jesaja 61:11.DGrH 106.5

    Dan sal die vredevolle koninkryk van die Messias gevestig word: “Want die Here vertroos Sion. Hy vertroos al Sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en Sy wildernis soos die tuin van die Here.” Jesaja 51:3.DGrH 106.6

    Die koms van die Here was deur al die eeue heen die hoop van Sy ware volgelinge. Te midde van lyding en vervolging: “Terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus.” Titus 2:13. Paulus het verwys na die opstanding wat sal plaasvind met die Verlosser se advent, wanneer die dooies in Christus sal opstaan en saam met die lewende regverdiges opgeneem sal word in die lug om die Here te ontmoet. “En so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.” 1 Thessalonicense 4:17,18.DGrH 106.7

    Op die eiland Patmos het die geliefde dissipel gehoor, “Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom Here Jesus!”DGrH 107.1

    Van die onderaardse sel, die brandstapel, die skavot waar heiliges en martelare getuies was vir die waarheid, kom hulle uitlatings van geloof en hoop deur die eeue heen. “Wees verseker van Sy persoonlike opstanding en gevolglik ook hulle opstanding, met Sy wederkoms vir hierdie saak”, sê een van hierdie Christene: “Hulle het die dood verafsku en dit is bevind dat hulle verhewe was bo die dood.’’ 1Kyk Daniel T. Taylor, The Reign of Christ on Earth: or, The Voice of the Church in AIIAges, bl.33. Die Waldensers het dieselfde geloof liefgehad en bewaar. Wycliffe,DGrH 107.2

    Luther, Calvyn, Knox, Ridley en Baxter 2ln die volledige boek, Die Groot Stryd, sal lesers die verhaal van die Waldensers en van die ander Protestantse Hervormers lees. het almal opgekyk in geloof en verwagting van die Here se wederkoms. Dit was die hoop van die apostoliese kerk, sowel as van die “kerk in die wildernis” en ook van die Hervormers.DGrH 108.1

    Profesie gee nie alleen ‘n vooruitskouing van die doel en wyse van Christus se tweede advent nie, maar voorsien ook tekens wat identifiseer sal kan word, as bevestiging dat daardie dag naby is.DGrH 108.2

    “En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre.” Lukas 21:25. “... sal die son verduister word en die maan sy glans nie gee nie, en die sterre van die hemel sal val. En dan sal hulle die seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid.”DGrH 108.3

    Markus 13:24-26. Die openbaarmaker beskryf derhalwe die eerste tekens van gebeure wat sal plaasvind voor Jesus se tweede advent. .. daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed.” Openbaring 6:12.DGrH 108.4

    Die Verlosser het vertel van geestelike verval wat sou plaasvind net voor Sy tweede advent. Vir mense wat leef in hierdie tyd is Christus se waarskuwing: “Wees op julle hoede dat julle gees nie deur onmatige etery en drinkery en deur die sorge van die lewe afgestomp word nie en dat daardie dag julle nie onverhoeds soos ‘n vangnet oorval nie.” “Maar wees waaksaam en bid altyddeur dat ‘DGrH 108.5

    julle krag kan ontvang om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur, behoue deur te kom en om voor die Seun van die mens te verskyn.” Lukas 21:34, 36.DGrH 108.6

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents