Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Oproep om Voor Te Berei

    Met die oog op daardie groot dag, doen die Woord van God ‘n beroep op Sy volk om berouvol Sy aangesig te soek:DGrH 109.1

    “Want die dag van die Here kom, want hy is naby.’’ .. heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering saam! Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suigelinge!” “En skeur julle harte en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die Here julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierendheid en een wat berou het oor die onheil.” Joël 2:1,15-17,12,13.DGrH 109.2

    Om ‘n volk voor te berei om staande te kan bly op die dag van God, beteken dat grootskaalse hervorming vroegtydiglik moet plaasvind. In Sy groot genade was hy op die punt om ‘n boodskap van waarskuwing aan Sy volk te stuur, ‘n oproep om voor te berei vir die koms van die Here.DGrH 109.3

    Hierdie waarskuwing word opsigtelik gemaak in Openbaring 14. Hierdie drieledige boodskap word voorgestel as geproklameer deur hemelse wesens en onmiddellik opgevolg deur die koms van die Seun van die Mens vir die “oes van die aarde”. Die profeet sê: “En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.” “En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van Sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.” Openbaring 14:6,7.DGrH 109.4

    Hierdie boodskap is deel van die “ewige evangelie.” Die werk om die woord te verkondig is opgedra aan die mens. Heilige engele lei, maar die evangelie woordverkondiging word fisies uitgevoer deur dienaars van die Here op aarde. 3Vir ‘n meer gedetaileerde verslag van hierdie boodskap en van hulle wie begin het om dit te verkondig, sien Die Groot Stryd, Hoofstukke 17 en 18 en daaropvolgende hoofstukke wat die vraagstuk verder bespreek. DGrH 109.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents