Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Satan Probeer om Mense in sy Mag te Hou

    Deur die twee groot leuens, die onsterflikheid van die siel en Sondagheiliging, sal Satan die mense deur misleiding onder sy mag bring. Terwyl eersgenoemde die fondament lê vir spiritualisme, bewerkstellig die tweede ‘n simpatieke band met Rome.DGrH 112.1

    Deur spiritualisme word die beeld geskep dat Satan ‘n weldoener is van die menslike ras, deur siektegenesing en ‘n nuwe stelsel van godsdienstige geloof, terwyl hy terselfdertyd menigtes tot vernietiging lei. Onbeheersdheid onttroon redelikheid; lei tot wellustige inskiklikheid met onmin en bloedvergieting wat volg. Oorlog ontketen die slegste hartstogte van die siel en neem sy slagoffers deurweek met onsedelikheid en bloed, die ewige verderf in.DGrH 112.2

    Dit is Satan se doelwit om konflik onder nasies te ontketen wat tot oorlog lei, sodat mense se aandag afgelei kan word, om sodoende te verhoed dat hul vir God se oordeelsdag sal voorberei.DGrH 112.3

    Satan het die geheime van die natuur bestudeer en hy gebruik al sy krag om die natuurelemente te beheer, sover as wat God dit toelaat. Dit is God wie Sy skepsels teen die Vernietiger beskerm.DGrH 113.1

    Maar die Christendom verontagsaam en onteer God se gebooie en die Here sal doen wat Hy gesê het Hy sal doen, naamlik om Sy beskerming weg te neem van hulle wie Sy gebooie verontagsaam en ander ook forseer om God se gebooie te onteer. Satan beoefen beheer uit oor almal vir wie God nie spesiaal beskerm nie. Satan begunstig sekere mense en sorg dat hulle floreer sodat sy planne in die proses bevorder kan word. Satan sal ander in moeilikheid en probleme dompel en hulle mislei om hulle te laat glo dat God verantwoordelik is vir hul teenspoed.DGrH 113.2

    Terwyl hy mag voorkom as ‘n groot geneesheer wie almal se siektes kan genees, sal Satan siektes en teenspoed bring totdat stede verwoes en afgebreek word tot puinhope. In ongelukke ter see en land, verwoestende brande, tornados, haelstorms, orkane, vloede, siklone, vloedgolwe (tsunamis), aardbewings en op ‘n duisend ander maniere is Satan besig om sy mag uit te oefen. Hy vernietig oeste met hongersnood en benoudheid wat volg. Hy veroorsaak lugbesoedeling en besmetting en duisende sterf.DGrH 113.3

    Die groot misleier sal oortreders van God se gebooie oortuig om al die skuld vir hulle probleme te gee aan hulle wie God se gebooie onderhou; hulle wie altyd as deurlopende aantuiging sal dien vir oortreders se oortredings. Dit sal bekend gemaak word dat God onteer word indien Sondag nie heilig gehou word nie en dat hierdie oortreding rampe en teenspoed veroorsaak en dat Sondagheiliging afgedwing sal word. Hulle wie nie die Sondag heilig hou nie, sal as die oorsake beskou en gebrandmerk word as die rede waarom God nie sy goddellike guns en seën herstel nie. Sondag-ontheiligers sal aangekla word van afvalligheid of ontrouheid teenoor die regering. Daarom sal die aantyging van die dienaar van God van ouds weer herhaal word: “En toe Agab vir Elia sien, vra Agab vir hom: Is dit jy, jou beroerder van Israel?” 1 Konings 18:17,18.DGrH 114.1

    Hulle wie die Bybel Sabbat eerbiedig, sal beskuldig en aangekla word as vyande van wet en orde, van verontagsaming van die morele standaarde van die samelewing, wat anargie en korrupsie veroorsaak en verantwoordelik is vir God se vonnisse en straf oor die aarde. Predikante wie God se Sabbat nie erken nie, sal landsburgers se verantwoordelikheid en onderwerping aan regeringsgesag van die kansels afkondig. In wetgewende sale en geregshowe sal hulle wie God se gebooie eerbiedig en hou, beboet en gevonnis word. Sondagontheiligers sal valslik beskuldig word.DGrH 114.2

    Hoogwaardigheidsbekleërs van kerk en staat sal verenig om almal te oorreed of te forseer om Sondag heilig te hou. Selfs in vrye Amerika sal regeerders en wetgewers toegee om Sondagherdenking verpligtend te maak deur wetgewing. Vryheid van gewete wat so teen so ‘n hoë prys verwerf is, sal nie langer respekteer word nie. In hierdie vinnig-naderende konflik sal die profeet se woorde bewaarheid word: “En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.” Openbaring 12; 17.DGrH 115.1

    Dienaars van God, met gesigte wat blink van heilige inseëning, sal haas van plek tot plek om die boodskap van die hemel te verkondig. Wonderwerke sal gedoen word. Die siekes sal gesond gemaak word. Satan sal leuens en wonderwerke gebruik, om selfs vuur uit die hemel te laat neerdaal. Openbaring 13:13. Die inwoners van die aarde sal hulle standpunte moet inneem.DGrH 115.2

    Die boodskap sal nie so sterk met argumente nie, maar eerder met die diepe oortuiging van die Gees van God uitgedra word. Die argumente is aangebied, die gedrukte media het sy invloed uitgeoefen, maar steeds is baie verhoed om die volledige waarheid te verstaan. Nou word die waarheid egter baie duidelik verstaanbaar gemaak. Familiekennisse en kerkverbintenisse is magteloos om die eerlike kinders van God te beïnvloed. Desnieteenstaande die feit dat verskillende aksies kragte saamsnoer en verenig teen die waarheid, neem ‘n groot aantal mense die waarheid aan en sluit hulle aan by die Here se volgelinge.DGrH 115.3

    Hulle wie die gebooie van God gehoorsaam sal beskou word as die oorsaak van die vreeslike konflik en bloedvergieting wat die aarde sal vul met smart en ellende. Die krag waarmee hierdie laaste waarskuwing van God se oordeel verkondig is, het die goddeloses woedend gemaak. Satan sal die gees van haat en vervolging ontketen teen almal wie hierdie boodskap ontvang het.DGrH 116.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents