Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    God se Oienaars sal Nie Mistei word die

    Maar God se volgelinge sal nie mislei word nie. Die leer van hierdie vals Christus is nie volgens die Bybel nie. Sy seën word uitgespreek oor aanbidders van die dier en sy beeld, die spesifieke groep mense op wie, volgens die Bybel, God sy toorn sal uitstort.DGrH 118.1

    Satan sal ook nie in staat wees om die geprofeteerde wyse van die wederkoms van Christus te kan naboots nie. Die Verlosser het Sy volgelinge gewaarsku oor misleiding in verband met Sy advent. “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.... As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn - moenie uitgaan nie: Kyk, Hy is in die binnekamer - moet dit nie glo nie. Want, soos die weerlig uit die Ooste uitslaan en tot in die Weste skyn, so sal ook die koms van die seun van die mens wees.” Mattheus 24:24-27. Lees ook:Mattheus 25:31; Openbaring 1:7; 1. Thessalonicense 4:16,17. Christus se wederkoms sal nie nageboots kan word nie!DGrH 118.2

    Alleenlik ywerige Bybelstudente wie die liefde van die waarheid ontvang het, sal verskans word teen die kragtige misleiding wat die wêreld gevange sal neem. Deur die getuienis van die Bybel sal hierdie misleier in sy vermomming uitgewys kan word. Is die dienaars van God nou so stewig gevestig in Sy Woord dat hulle nie sal oorgee aan die getuienis en bevestiging van hulle eie sintuie nie? Sal hulle in so ‘n krisis vashou aan die Bybel en die Bybel alleen?DGrH 118.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents