Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Koning van die Konings Verskyn

    Die stem van God word gehoor wat die dag en uur van Jesus se wederkoms aankondig. Die Israel van God staan en luister en hul gesigte is verhelder deur Sy glorie. Skielik verskyn daar in die Ooste ‘n klein swart wolkie. Dit is die wolk wat die Verlosser omring. In eerbiedige stilte hou God se dienaars die wolk dop wat al nader beweeg, totdat dit ‘n groot wit wolk is, waarvan die basis ‘n glans van verterende vuur is en bokant dit die reënboog van die verbond. Nou nie meer “‘n man van verdriet” nie, maar as ‘n magtige oorwinnaar. ‘n Groot menigte van heilige engele vergesel Hom, “tien duisend maal tien duisend en duisende van duisende”. Elke oog aanskou die Prins van Lewe. ‘n Kroon rus op Sy voorkop. Sy voorkoms is helderder as die middagson.DGrH 123.1

    “Op Sy klere by Sy heupe was daar ‘n naam geskrywe: Die Koning van die konings en die Here van die Heersers”. Openbaring 19:16.DGrH 123.2

    Die Koning van die konings wat kom op die wolke, daal neer, omhul in vlammende vuur. Die aarde bewe voor Hom: “Ons God kom, Hy bly nie stil nie. Voor Hom uit brand ‘n vuur, rondom Hom woed ‘n storm. Hy roep die hemel en die aarde op vir die saak teen Sy volk.” Psalm 50:3,4.DGrH 124.1

    “En die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; en die groot dag van Sy toorn het gekom en wie kan bestaan?” Openbaring 6:15-17. Bespotting het opgehou, leuentaal is gestaak. Niks anders word gehoor behalwe stemme van aanbidding en die geluide van mense wat huil nie. Die goddeloses bid om liewer deur die rotse bedek te word eerder as om die gesig van Jesus wie hulle verag het, se glorie te aanskou. Hulle ken die stem wat selfs die ore van die dooies penetreer. Hoe dikwels het hierdie sagte stem hulle nie geroep tot belydenis van sonde nie? Hoe dikwels is hierdie stem nie gehoor deur die gesoebat van ‘n vriend, of ‘n broer of die Verlosser nie? Daardie stem verfris die herinneringe van waarskuwings wat verag is en uitnodigings wat geweier is.DGrH 124.2

    Daar is hulle wie Jesus gespot het tydens Sy vernedering. Hy het verklaar: “Van nou af sal julle die Seun van die mens sien waar Hy aan die regterkant sit van Hom wat magtig is en julle sal Hom sien kom op die wolke van die hemel”. Mattheus 26:64. Hulle sien Hom nou in Sy heerlikheid ; hulle moet Hom nog sien sit aan die regterkant van krag. Daar is die hovaardige Herodus wie gespot het met Sy koninklike titel; daar is die manne wie op Sy voorhoof die doringkroon gesit het en in Sy hand die nagemaakte koninklike septer - hulle wie voor Hom gebuig het met godslasterlike bespotting, wie op die Prins van Lewe gespoeg het. Hulle vlug van Sy teenwoordigheid af weg. Hulle wie die spykers deur sy hande en voete geslaan het, aanskou die merke in vrees en berou.DGrH 124.3

    Met aaklige helderheid onthou priesters en regeerders die gebeure van Golgota, hoe hulle hul koppe in sataniese verheuging geknik het toe hulle uitgeroep het: “Ander het Hy gered, maar homself kan Hy nie red nie. Hy is mos die koning van Israel! Laat hy nou van die kruis afkom en ons sal in Hom glo.” Mattheüs 27:42. Harder as die geskreeu van: “Kruisig hom! Kruisig hom!” wat deur Jerusalem se strate basuin het, styg die jammerlike klaag: “Hy is die Seun van God!” Hulle wil wegvlug van die teenwoordigheid van die Koning van die Konings.DGrH 125.1

    In die lewens van almal wie die waarheid verwerp, is daar tye wanneer die gewete ontwaak, wanneer die siel geteister word met verwyte. Maar wat is hierdie vergeleke met die selfverwyt op daardie oordeelsdag! Te midde van hul verskrikking, hoor hulle die stemme van die heiliges wat uitroep: “Kyk dit is ons God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos.” Jesaja 25:9.DGrH 125.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents