Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    In die Heilige Stad

    Deurentyd hou die ontelbare menigte verlostes hulle oë gevestig op Jesus. Elke oog aanskou die heerlikheid van hom wat “so misvormd [was] dat hy nie meer soos ‘n mens gelyk het nie, nie meer die voorkoms van ‘n mens gehad het nie.” Op die voorhoofde van die wie oorwin het, plaas Jesus die kroon van oorwinning. Vir elkeen is daar ‘n kroon met sy eie “nuwe naam” (Openbaring 2:17) met die inskripsie: “Heiligheid vir die Here.” In elke hand word ‘n oorwinnaarstaf en skitterende harp geplaas. Dan, sodra die bevelvoerende engel die toon aangee, bespeel elke hand die snare met bedrewenheid in ryk melodieuse klanke. Elke stem word verhef in dankbare lofsang. “Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed en ons gemaak het konings en priesters vir Sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.” Openbaring 1:5, 6.DGrH 127.1

    Voor die verloste menigtes is die Heilige Stad. Jesus open die hekke en die nasies wie die waarheid bewaar het, gaan binne. Dan word Sy stem gehoor, “Kom julle geseëndes van My Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.” Mattheus 25:34. Christus stel die wie vrygekoop is deur Sy bloed aan Sy Vader bekend en verklaar: “Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het,” en “Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak.” O, hoe wonderlik die verrukking van daardie uur wanneer die Ewige Vader die verlostes gadeslaan en Sy beeld aanskou, sonde se onmin verban is en die mens opnuut in harmonie met die godheid is! Die Verlosser se vreugde is om die siele, wie deur Sy baie pyn en vernedering gered is in die koninkryk van glorie te kan sien. Die verlostes sal deel in Sy vreugde; hulle sal daardie persone sien wie vir God se koninkryk gewen is, deur hulle gebede, arbeid en opofferende liefde. Blydskap sal hulle harte vul wanneer hulle sien dat een persoon wie gered is ook ander gehelp het om gered te word en dat daardie persone weer gehelp het om nog anderte kon help om gered te word.DGrH 127.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents