Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Twee Adams Ontmoet

    Wanneer die verlostes verwelkom word in die stad van God, gaan daar ‘n juigkreet op. Die twee Adams staan op die punt om te ontmoet. Die Seun van die Mens is gereed om die vader van ons ras te ontmoet - wie Hy geskape het, wie gesondig het en vir wie se sonde die merke van die kruisiging aan die Verlosser se liggaam getuig. Soos Adam die merke van die spykers onderskei, werp hy homself in vernedering voor Christus se voete neer.DGrH 128.1

    Die verlosser tel hom op en versoek hom om nog ‘n keer na die Eden landgoed te kyk, waarvandaan hy so lank gelede verban is.DGrH 128.2

    Adam se lewe was gevul met verdriet. Elke sterwende blaar, elke slagoffer vir offerande, elke klad op die reinheid van die mens, was ‘n herinnering aan sy sonde. Vreeslik was die pyn van sy selfverwyt oor die oneer wat hy homself aangedoen het, deur beskuldigings dat hy die oorsaak vir sonde was. Gelowig het hy sy sondes bely en het hy gesterf met die hoop van ‘n opstanding. Deur versoening word Adam nou weer ingestel.DGrH 129.1

    Vervul met blydskap aanskou hy die bome wat voorheen vir hom ‘n vreugde was, wie se vrugte hyself bymekaar gemaak het in die dae van sy onskuld. Hy sien die wingerde wat deur sy eie hande gesnoei is en al die blomme wat hy so lief was om te versorg. Dit is waarlik Eden wat herstel is!DGrH 129.2

    Die Verlosser lei hom na die boom van die lewe toe en nooi hom om te eet. Hy aanskou ‘n menigte van sy familie wie almal verlos is. Dan sit hy sy kroon neer voor die voete van Jesus en omhels die Verlosser. Hy neem die harp op en die hemelse gewelf eggo die oorwinningslied: “Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikgheid en lof.” Openbaring 5:12. Die familie van Adam lê hulle krone neer voor die voete van Jesus as hulle neerbuig in aanbidding. Engele het geween toe Adam gesondig het en het hul verbly toe Jesus die grafte oopmaak van almal wat in Sy naam glo. Hulle aanskou nou die resultate van die voltooide verlossingsplan en verenig hul stemme in verheerliking.DGrH 129.3

    “En Ek het gesien iets soos ‘n see van glas, gemeng met vuur” waar ‘n groep vergader het. “En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, en oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan.” Die een honderd vier en veertig duisend verlostes is uit die mense opgeneem.” “En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God en die lied van die Lam.” Openbaring 15:2,3. Niemand behalwe die 144,000 kan die lied leer nie, omdat dit ‘n lied is van ondervinding soos geen ander groep nog gehad het nie. “.. .dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wie gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam. Openbaring 14:4,5. Hulle het ‘n tyd van verdrukking ervaar soos nooit tevore nie, hulle het die smart, lyding en verdrukking ervaar soos in die tyd van Jakob se verdrukking; hulle het staande gebly sonder ‘n intersessor, deur die finale tyd van uitstorting van God se vonnisse. “... hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.” “En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van God.” “Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee.” Openbaring 7:124; 14:5; 7:16, 17.DGrH 129.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents