Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Verlostes in Glorie

    ln alle eeue het God se uitverkorenes langs smal weë gewandel. Hulle is gelouter in die vuur van beproewing. Vir Jesus seonthalwe het hulle haat, skindertaal, selfverloëning:en bittere teleurstelling moes verduur. Hulle het die boosheid van sonde ondervind, die mag, die skuldgevoel en smart en hulle beskou dit met afsku. ‘n Begrip vir die oneindige opoffering wat vir die genesing van sondes gemaak moes word maak hulle nederig en vul hul harte met dankbaarheid. Hulle het baie liefde want hulle is baie vergewe. Verwys na Lukas 7:47. Deelnemers aan Christus se lyding is ook deelnemers aan Sy glorie.DGrH 130.1

    Die erfgename van God kom van dakkamers, krotte, onderaardse selle, stellasies, berge, woestyne en grotte af. Hulle was “behoeftig, geteister en gemartel”. Miljoene is sonder eerbetoon graf toe omdat hulle geweier het om voor Satan te buig en aan hom oor te gee. Maar nou word hulle nie meer beproef, verstrooi of onderdruk nie. Voortaan staan hulle gekleed in meer majestueuse klere as wat die mees geëerde mense op aarde aangetrek het, met krone meer glorieryk as wat ooit voorheen op die hoofde van aardse monarge geplaas is. Die Koning van glorie het die trane van alle gesigte afgevee. Hulle sing ‘n lofsang wat helder, aangenaam en harmonieus is.DGrH 131.1

    Die lofsang weerklink deur die sale van die hemel: “... en hulle het met ‘n groot stem geroep en gesê: Heil aan ons God wat op die troon sit en aan die Lam,” en almal het gesê: “Amen! Die lof en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging en die eer en die krag en die sterkte aan onse God tot in alle ewigheid. Amen!” Openbaring 7:10,12.DGrH 131.2

    In hierdie lewe kan ons net begin om die wonderlike tema van verlossing te verstaan. Met ons beperkte begrip kan ons met alle erns die skande, die glorie, die lewe, die dood, die geregtigheid en die genade van die kruis net begin verstaan; maar selfs met die uiterste poging van al ons verstandelike vermoëns faal ons nog steeds om die volle omvang te begryp.DGrH 131.3

    Die lengte en die breedte, die diepte en die hoogte van verlossende liefde kan slegs vaagweg verstaan word. Die verlossingsplan sal nie ten volle. verstaan word nie, selfs al sien die verlostes soos hulle gesien word en ken hulle soos hulle geken word; maar deur die eeue heen sal nuwe waarheid deurlopend en aanhoudend bekend word aan die verwonderde verstand. Alhoewel die hartseer en die pyn en versoekings van die aarde sal stop en die oorsaak verwyder sal word, sal God se volk altyd ‘n duidelike, intelligente kennis besit van die geweldige hoë prys waarteen hul saligheid verkry is.DGrH 131.4

    Die kruis sal die lied van verlossing wees tot in alle ewigheid. In die verheerlikte Christus sien hulle die gekruisigde Christus. Nooit sal dit vergeet word dat die Majesteit van die hemel Homself verneder het om die gevalle mens te verhef nie, dat Hy die skuld en skande van sonde en straf van die Vader se gesig moes verduur totdat die ellende van ‘n verlore wêreld Sy hart gebreek het en Sy lewe geneem is. Die Skepper van al die wêrelde het Sy heerlikheid vrywilliglik afgelê weens liefde vir die mens - dit sal vir altyd die bewondering van die heelal geniet. Wanneer die menigtes verlostes na hul Verlosser kyk en besef dat Sy koninkryk geen einde het nie, breek hulle uit in sang: “Waardig is die Lam wat geslag is, wat ons verlos en bevry en versoen het met God, deur Sy kosbare bloed!”DGrH 132.1

    Die geheimenis van die kruis verklaar alle geheimenisse. Dit sal verstaan word dat Hy wie oneindig is in wysheid, geen ander plan kon ontwerp het vir ons verlossing nie, behalwe die offer van Sy eie geliefde Seun. Die beloning vir hierdie offerande is die vreugde daarvan om die aarde te bevolk met heilige, gelukkige en onsterflike verloste siele. So waardevol is die siel dat God die Vader bereid was om hierdie prys te betaal. Christus self aanskou die vrugte van Sy offerande en is tevrede.DGrH 132.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents