Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    11 - Oorwinning va Liefde

    Na afloop van die duisend jaar, 1‘Dit is die millenium, wat beskryf word in die Bybel, Openbaring 20:1-6 en in die boek, Die Groot Stryd, Hoofstuk 41. keer Christus terug na die aarde toe vergesel deur al die verlostes en ‘n skare van engele. Hy beveel die goddelose dooies om op te staan en hul vonnis en straf te ontvang. Hulle kom na vore in ontelbare hoeveelhede, soos die sand van die see, met die spore van siekte en dood. Wat ‘n kontras teenoor hulle wat deel was van die eerste opstanding!DGrH 133.1

    Elke oog sal die heerlikheid van die Seun van God aanskou. Met een stem sal die goddelose menigte uitroep: “Geseënd is hy wie kom in die naam van die Here!” Mattheus 23:39. Dit is nie liefde wat hierdie uitroep inspireer nie. Die krag van die waarheid forseer die woorde van onwillige lippe. Soos die goddeloses graf toe is, so kom hulle na vore met dieselfde vyandiggesindheid teenoor Christus en dieselfde opstandige gees van rebellie. Hulle sal nou geen nuwe proeftydperk ontvang om hulle ou lewenswandel te herstel nie.DGrH 133.2

    “En in die dag sal Sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die Oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word.” Sagaria 14:4. Wanneer die nuwe Jerusalem neerdaal uit die hemel, sal dit gaan rus op die plek wat voorberei is en Christus, met Sy volk en die engele, sal die heilige stad binnegaan.DGrH 133.3

    Terwyl hy afgesny is van sy werk van misleiding, is die prins van boosheid teneergedruk en neerslagtig, maar wanneer die goddelose dooies opgewek word en Satan die ontsaglike menigtes sien wat aan sy kant is, word sy hoop herstel. Hy is gedetermineerd om nie die groot stryd gewonne te gee nie. Hy verenig die goddeloses onder sy mag. Deur Christus te verwerp, het hulle die gesag van die rebeile leier aanvaar, gereed om sy opdragte uit te voer. Getrou aan sy misleiding identifiseer hy homself nie as Satan nie. Hy maak aanspraak daarop dat hy die regmatige erfgenaam is van die wêreld, wie se erfporsie van hom afgeneem is. Hy stel homself voor as ‘n verlosser en verseker die goddeloses dat sy krag hulle uit die doderyk uit opgewek het. Satan maak die swakkes sterk en inspireer almal met sy energie en lei hulle om die stad van God oor te neem. Hy oortuig die ontelbare miljoene wie uit die doderyk opgewek is, dat hy as hulle leier in staat is om die troon en koninkryk weer terug te neem.DGrH 134.1

    Ingesluit in hierdie groot menigte is die goddeloses wie geleef het voor die Vloed, manne wie baie groot in liggaamsbou is en wie reuse intellek besit; manne wie se wonderlike werke die wêreld inspireer het om hul genialiteit te verafgod, maar wie se wreedheid en bose doelwitte God oorreed het om hulle te vernietig. Onder hulle is konings en generaals wie nog nooit ‘n oorlog verloor het nie. In die dood het hierdie goddeloses nie verander nie. Soos hulle uit die doderyk uit opgewek is, het hulle steeds dieselfde bose ideale en begeertes om te oorwin, wat en wie ook al oor hul regeer en of triomfeer het, voor hulle dood.DGrH 135.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents