Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    ’n Argument om die Mens se Onthalwe

    Die hemel het God se regverdigheid openbaar gesien. Lucifer het die stelling gemaak dat die sondige ras onbevrybaar was. Maar die straf vir die sonde het op Hom geval wie gelyk was aan God en die mens was vry om die geregtigheid van Christus aan te neem en deur berou en vernedering te triomfeer oor die mag van Satan.DGrH 18.1

    Maar dit was nie alleen om die mens te red dat Christus aarde toe gekom het om te sterf nie. Hy het gekom om aan die wêreld te demonstreer dat God se wet onveranderlik is. Die sterfte van Christus bewys dat God se wet onveranderlik is en dat regverdigheid en genade die fondamente is van die regering van God. In die finale oordeel sal dit gesien word dat geen rede vir sonde bestaan nie. Wanneer die Regter van die wêreld vir Satan sal vra, “Waarom het jy teen My rebelleer?” sal die veroorsaker van alle sonde sal geen verskoning kan aanbied nie.DGrH 18.2

    In die Verlosser se laaste uitroep, “Dit is volbring!” is die doodsklok van Satan gelui. Die groot stryd1 wat so lank in proses was, was toe beslis, die finale uitwissing van sonde was verseker. “Want kyk, die dag kom en dit brand soos ‘n oond.DGrH 19.1

    Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ‘n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die Here van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie.” Maleagi 4:1.DGrH 19.2

    Nooit sal onheil weer manifesteer nie. Die wet van God sal gehuldig word as die wet van vryheid. ‘n Getoetste en beproefde skepping sal nooit weer van hul getrouheid teenoor Hom wie se karakter manifesteer het as peillose liefde en oneindige wysheid, afstand doen nie.DGrH 19.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents