Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Geweldadige Einde van die Goddeloses

    Satan se karakter bly onveranderd. Rebellie bars uit soos ‘n magtige stortvloed. Hy is gedetermineerd om nie die laaste desperate geveg teen die Koning van die hemel gewonne te gee nie. Maar al die ontelbare miljoene wie hy tot rebellie opgesweep het, erken nou nie meer sy gesag nie. Die goddeloses is almal gevul met dieselfde haat vir God as wat Satan inspireeer, maar hulle besef dat hulle saak hopeloos is.DGrH 143.2

    Vuur daal neer van God uit die hemel. Die aarde word opgebreek. Verterende vlamme bars uit elke kloof en skeur.DGrH 143.3

    Selfs die rotse breek uit in vuur. Die elemente smelt met gloeiende vuur, asook die aarde, en al die werke daarop word uitgebrand. 2 Petrus 3:10. Die aarde se oppervlakte lyk soos een smeltende massa - ‘n groot kokende meer van vuur. “Want die Here hou ‘n dag van wraak, ‘n jaar van vergelding in die regsaak van Sion.” Jesaja 34:8.DGrH 143.4

    Die goddeloses word gestraf, “elkeen volgens sy dade.” Satan word gestraf nie net vir sy eie rebellie nie, maar ook vir al die sondes wat hy veroorsaak het en God se dienaars hulle skuldig aan gemaak het. In die vlamme word die goddeloses uiteindelik almal vernietig, wortels en takke - Satan, die wortels en sy volgelinge, die takke. Die volle straf van die wet is uitgedien; daar is voldoen aan die vereistes van die wet. Satan se vernietigingswerk is vir altyd beeïndig. Nou is God se skepsels vir altyd bevry van sy versoekinge.DGrH 144.1

    Terwyl die aarde omhul is in vuur, woon die regverdiges veilig in die Heilige Stad. Terwyl God vir die goddeloses ‘n verterende vuur is, is Hy vir Sy volk, ‘n skild van beskerming. Lees Openbaring 20:6 en Psalm 84:11.DGrH 144.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents