Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Triemf van God se Liefde

    Daar sal al die liefde en simpatie wat God self in die siel ingeplant het, sy opregste en soetste oefening kry. Die suiwer gemeenskap met heilige wesens en die gelowiges van alle eeue, die heilige bande wat “die hele gemeenskap van gelowiges in hemel en op aarde” verbind - dit help om die geluk van die verlostes saam te stel. Efesiërs 3:15.DGrH 147.1

    Daar sal onsterflike denke, met onophoudelike vreugde, die wonders van kreatiewe kragte en die geheime van bevrydende liefde bedink. Elke fakulteit van die mens sal ontwikkel word, elke kapasiteit vermeerder of verhoog word. Die versameling en verkryging van kennis sal nie die energiebronne uitput nie. Die mees verhewe ondernemings sal van stapel gestuur kan word, die hoogste aspirasies bereik word, die hoogste ambisies realiseer word. Steeds sal daar nuwe hooogtes kom wat oorwin kan word, nuwe wonders om te admireer, nuwe waarhede om te ontdek, nuwe objekte om die kragte van die gees, siel en liggaam uit te daag en te ontwikkel. DGrH 147.2

    Al die skatte van die aarde sal toeganklik wees vir die verlostes. Onbekommerd oor sterflikheid, sal hulle onvermoeid ander wêrelde verken. Die kinders van die aarde verkry toegang tot die vreugdes en kennis van ongevalle wesens en deel in hulle skatte van kennis wat deur eeue versamel is. Met onbelemmerde sig neem hulle kennis van die glorie van die skepping, sonne en sterre, almal in hul vasgestelde bane, wat om die troon van die Godheid wentel.DGrH 148.1

    En die jare van die ewigheid, soos dit verbygaan, sal steeds meer en meer glorieryke ontdekkings van God en van Christus bekend maak. Hoe meer die mens leer van God hoe meer sal die mens God se karakter admireer. Soos Jesus die rykdom van bevryding en die verbasende suksesse wat behaal is teen Satan in die groot stryd bekend maak, sal die harte van die verlostes juig van toewyding en sal tien duisend maal tien duisend stemme verenig in lofsang om God te verheerlik en te prys.DGrH 148.2

    “En elke skepsel wat in die hemei en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom die lof toe en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!” Openbaring 5:13.DGrH 148.3

    Die groot stryd is verby. Sonde en sondaars is daar nie meer nie. Die totale heelal is skoon. Een pols van harmonie en blydskap klop deur die totale skepping. Van Hom wie alles geskep het, vloei lewe en lig en blydskap deur die ryke van grenslose ruimtes. Van die kleinste atoom tot die grootste wêreld, alle dinge lewend en dood, in hul onbelemmerde skoonheid en perfekte blydskap, verklaar: God is liefde!DGrH 148.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents