Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Genade van Christus

    Christus doen ‘n inplanting in die mens, wat vyandskap stel tussen hom en Satan. Sonder hierdie bekerende genade en vernuwende krag, sou die mens voortgegaan het om ‘n slaaf te bly en altyd gereed wees om Satan se bevele te gehoorsaam. Maar die nuwe beginsel in die siel veroorsaak konflik; die krag wat Christus vrystel bemagtig die mens om die Satan te weerstaan. Om sonde te verafsku eerder as om dit lief te hê, vertoon ‘n beginsel wat afkomstig is van bo.DGrH 20.3

    Die antagonisme tussen Christus en Satan was merkwaardiglik vertoon in die wêreld se ontvangs van Jesus.DGrH 21.1

    Die reinheid en heiligheid van Christus het die haat van die goddelose teen hom ontketen.DGrH 21.2

    Sy selfverloëning was ‘n ewigdurende teregwysing van ‘n trotse, wellustige mensdom. Satan en bose engele het verenig met bose mense teen die Kampvegter vir waarheid. Dieselfde vyandskap manifesteer teen Christus se volgelinge. Almal wie versoeking weerstaan sal die gramskap van Satan uitlok. Christus en Satan kan nie harmoniseer nie. “En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.” 2 Timoteus 3:12.DGrH 21.3

    Satan se agente is daarop uit om Christus se volgelinge te mislei en om hulle af te rokkel van hul getrouheid. Hulle verdraai die Skrif om hul doelwitte te bereik. Die gees wie Christus laat doodmaak het, motiveer die bose magte om Sy volgelinge te vernietig. Al hierdie gebeure is voorspel in daardie eerste profesie; “En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou en tussen jou saad en haar saad.”DGrH 21.4

    Waarom is dit dat Satan nie ‘n groter weerstand ontmoet nie? Omdat die soldate van Christus so min werklike kontak met Christus het. Sonde vir hulle is nie walglik soos dit vir hul Meester was nie. Hulle ontmoet nie sonde met gedetermineerde weerstand nie. Hulle is verblind vir die karakter van die prins van duisternis. Menigtes weet nie dat hul vyand ‘n magtige generaal is wat oorlog voerteen Christus nie. Selfs predikante wie die evangelie verkondig, ignoreer die bewyse van sy aktiwiteite. Dit wil voorkom asof hulle selfs sy bestaan ignoreer.DGrH 21.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents