Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Engele kom tot Hulp

    Engele van God en bose geeste word duidelik openbaar in die Skrif en is deurvleg in menslike geskiedenis. Heilige engele wat “... vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe.” (Hebreërs 1:14.) Engele word deur baie beskou as geeste van die dooies. Maar die Skrif voorsien bewyse dat engele nie liggaamlose geeste van die dooies is nie.DGrH 23.2

    Voor die skepping van die mens het engele reeds bestaan, want toe die fondamente van die aarde gelê was, het “die móresterre saam gejubel en al die seuns van God getuig.” Job 38:7. Na die val van die mens, is engele gestuur om die boom van die lewe op te pas nog voordat ‘n mens gesterf het. Engele is superieur teenoor die mens, want: “U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddellike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.” Psalm 8:6.DGrH 24.1

    Soos die profeet gesê het, “Toe sien ek en ek hoor ‘n stem van baie engele rondom die troon”.DGrH 24.2

    “Loof die Here, sy engele, kragtige helde wat Sy woord volbring, aan die gehoorsaamheid van die stem van Sy woord!” “Loof die Here, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!”DGrH 24.3

    “Die hemelse Jerusalem en tienduisende engele ...” Openbaring 5:11; Psalm 103:20, 21; Hebreërs 12:22. As God se boodskappers word hulle uitgestuur, “in aansien soos ‘n bliksemstraal”, so vinnig is hul vlug. Die engel wat by die Verlosser se graf verskyn het, se voorkoms was “... soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.” “En uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.” Toe Sanherib God gelaster het en Israel bedreig het, “... het die engel van die Here uitgetrek en in die laer van die Assiriërs honderd-vyf-entagtig duisend verslaan.” Esegiël 1:14; Mattheus 28:3, 4; 2 Konings 19:35.DGrH 24.4

    Engele word uitgestuur op sendings van genade na die kinders van God. Na Abraham met beloftes van seën; na Sodom om Lot van verdoemenis te red; na Elia wie sterwend was in die woestyn; na Elisa met strydwaens en perde van vuur toe hy omsingel is deur sy vyande; na Daniël in die leeukuil; na Petrus toe hy verdoem was tot die dood in Herodus se tronk; na die gevangenes in Fillippi; na Paulus in die nag van die stormwind (orkaan) op die see; om Cornelius se verstand ontvanklik te maak vir die evangelie; om Petrus uit te stuur met ‘n boodskap van verlossing na die heidense vreemdeling - so het heilige engele God se mense versorg.DGrH 24.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents