Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Gelykenisse van Christus - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Op Rotsagtige Plekke

    “En by wie op rotsagtige plekke gesaai is - dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem; maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir‘n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik.”DGC 18.3

    Die saad wat op rotsagtige plekke gesaai word, vind min grond. Die plant kom vinnig op, maar die wortel kan nie deur die rots dring om voedsel te vind om die groei te bevorder nie, en dit gaan gou dood. Vele wat godsdienstigheid bely, is rotsagtigegrond-hoorders. Net soos die rots onder die goeie grond, lê die selfsug van die natuurlike hart onder die grond van hulle goeie verlangens en strewinge. Eie liefde word nie onderdruk nie. Hulle het nog nie die vreeslike sondigheid van sonde ingesien nie en die hart is nie onder’ n bewustheid van sy sonde verootmoedig nie. Hierdie klas mense raak miskien maklik oortuig, en kan die voorkoms van ware bekeerlinge hê, maar hulle godsdiens is bloot oppervlakkig.DGC 18.4

    Dis nie omdat mense die woord dadelik ontvang, of omdat hulle hulle daarin verheug, dat hulle wegval nie.DGC 19.1

    Sodra Mattheus die roepstem van die Heiland gehoor het, het hy dadelik opgestaan, alles verlaat, en Hom gevolg. Die Here verlang dat ons die Godswoord moet ontvang sodra as dit tot ons harte kom; en dit is reg om dit met vreugde aan te neem. “Daar [sal]... blydskap ... wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer.” Lukas 15:7. En daar is blydskap in die siel wat in Christus glo. Maar diegene wat volgens die gelykenis die woord onmiddellik ontvang, bereken nie die koste nie. Hulle bereken nie wat die woord van God van hulle verwag nie. Hulle pas dit nie op hulle eie lewensgewoontes toe nie, en hulle gee hulle nie geheel en al oor om daardeur beheers te word nie.DGC 19.2

    Die wortels van die plant peil diep in die grond af, en buite sig voed dit die lewe van die plant. So ook die Christen; dit is deur die onsigbare vereniging van die siel met Christus, deur die geloof, dat die geestelike lewe gevoed word. Maar die rotsagtige-grond-hoorders vertrou liewer op hulleself as op Christus. Hulle vertrou op hulle goeie werke en goeie drange, en hulle is sterk in hulle eie geregtigheid. Hulle is nie sterk in die Here en in die krag van Sy sterkte nie. So iemand “het geen wortel in homself nie;” want hy is nie met Christus verbind nie.DGC 19.3

    Die warm somerson wat die gesonde graan versterk en ryp maak, vernietig die wat nie diep wortels het nie. So is ook hy wat “geen wortel in homself” het nie “net vir‘n tyd;” maar “as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik. “Vele ontvang die evangelie as middel om lyding te vermy eerder as middel tot bevryding van die sonde. Hulle verheug hulle‘n tyd lank want hulle dink dat die godsdiens hulle van moeilikhede en beproewinge sal bevry. Terwyl alles goed gaan is hulle oënskynlik bestendige Christene. Maar onder die vuurproef van versoeking gooi hulle die tou op. Hulle kan nie om Christus se ontwil belediging verduur nie. As die woord van God een of ander gekoesterde sonde aanwys of selfverloëning of opoffering vereis, neem hulle aanstoot.DGC 19.4

    Dit sou te veel kos om hulle lewe radikaal te verander. Hulle kyk na die ongerief en beproewinge van die huidige en vergeet die ewige werklikhede. Soos die dissipels wat Jesus verlaat het, sê hulle net: “Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?.” (Joh. 6:60).DGC 20.1

    Daar is vele wat sê dat hulle God dien, maar hulle het geen werklike kennis van Hom nie. Hulle verlange om Sy wil te doen is op hulle eie geneenthede gegrond; nie op die diep oortuigings van die Heilige Gees nie. Hulle gedra hulle nie ooreenkomstig die wet van God nie. Hulle bely dat hulle Christus as hulle Saligmaker aanneem, maar hulle glo nie dat Hy hulle die krag sal gee om hulle sondes te oorwin nie. Hulle het geen persoonlike verhouding met ‘n lewende Heiland nie, en hulle karakters openbaar oorgeerfde en aangekweekte tekortkominge.DGC 20.2

    Dit is een ding om in die algemeen in te stem tot die bemiddeling van die Heilige Gees, maar dis’n ander saak om sy werk as’n teregwyser wat tot bekering roep, te aanvaar. Baie voel ‘n vervreemding van God aan, ‘n besef van hulle verslaafdheid aan selfsug en sonde; hulle probeer hulle hervorm, maar hulle kruisig nie die ek nie. Hulle gee hulle nie geheel en al in Christus se hande oor nie, soek nie na Goddelike krag om Sy wil te doen nie. Hulle is nie gewillig om in die beeld van God gevorm te word nie. In die algemeen erken hulle hulle tekortkominge, maar hulle gee nie hulle besondere sondes prys nie. Met elke verkeerde daad word die ou selfsugtige natuur sterker.DGC 20.3

    Die enigste hoop vir hierdie siele is om self die waarheid van Christus se woorde aan Nikodemus te besef: “Julle moet weer gebore word.” “As iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” (Joh. 3:7,3.)DGC 20.4

    Ware heiligheid is heelhartige diens vir God. Dit is die voorwaarde vir‘n ware Christelike lewe. Christus vra toewyding sonder voorbehoud, onverdeelde diens. Hy eis die hart, die verstand, die siel, die krag. Die ek mag nie gekoester word nie. Hy wat vir homself lewe, is geen Christen nie.DGC 20.5

    Liefde moet die beginsel agter elke daad wees. Liefde is die grondliggende beginsel van Gods regering in die hemel en op aarde, en dit moet die grondslag van die Christen se karakter wees. Net dit kan hom standvastig maak en hou. Net dit kan hom in staat stel om beproewing en versoeking te weerstaan.DGC 20.6

    Liefde openbaar hom deur opoffering. Die verlossingsplan berus op opoffering - ‘n opoffering wat onpeilbaar breed en diep en hoog is. Christus het alles vir ons gegee en diegene wat Christus ontvang, sal bereid wees om alles ter wille van hulle Verlosser op te offer. Die gedagte aan Sy eer en heerlikheid sal alles voorafgaan.DGC 21.1

    As ons Jesus liefhet, sal ons graag vir Hom lewe, ons dankoffers aan Hom bring, vir Hom arbei. Selfs die arbeid sal lig wees. Om Sy ontwil sal ons pyn en arbeid en opoffering begeer. Ons sal saam met Hom na die verlossing van die mens-dom verlang. Ons sal dieselfde tere verlange na siele ken wat Hy geken het.DGC 21.2

    Dit is die godsdiens van Christus. Enigiets minder as dit is bedrog. Geen blote teorie oor die waarheid of belydenis van dissipelskap sal ‘n siel red nie. Ons behoort nie aan Christus tensy ons geheel en al Syne is nie. Dit is weens halfhartigheid in die Christelike lewe dat mense doelloos en wispelturig word. Die poging om sowel homself as Christus te dien, maak van ‘n mens ‘n rotsagtige-grondhoorder, en hy sal nie staande kan bly wanneer hy beproef word nie.DGC 21.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents