Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Gelykenisse van Christus - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Joodse Volk

    NA die gelykenis van die twee seuns volg die gelykenis van die wingerd. In die een het Christus die Joodse leiers attent gemaak op die belangrikheid van gehoorsaamheid. In die ander het Hy op die ryke seëninge gewys wat op Israel uitgestort was, en daarmee aangetoon dat God aanspraak maak op hulle gehoorsaamheid. Hy het die heerlikheid van Gods plan, wat hulle deur gehoorsaamheid kon uitgevoer het, aan hulle voorgehou. Hy het die sluier van die toekoms weggetrek en aangedui hoe die hele nasie Sy seëninge verbeur en verwoesting op hulleself gebring het deur nie Sy doel te vervul nie.DGC 201.1

    “Daar was ‘n sekere huisheer,” het Christus gesê, “wat‘n wingerd geplant het; en hy het ‘n heining daarom gesit en ‘n parskuip daarin gegrawe en ‘n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.”DGC 201.2

    Die profeet Jesaja beskryf hierdie wingerd:“Laat my tog sing van my Beminde;‘n lied van my Beminde oor sy wingerd! My Beminde het‘n wingerd op‘n vrugbare heuwel. En Hy het dit omgespit en die klippe daar uitgehaal en dit beplant met edel wingerdstokke; en Hy het ‘n toring daar binne-in gebou en ook ‘n parskuip daarin uitgekap; en Hy het verwag dat dit druiwe sou dra.” Jes. 5:1, 2.DGC 201.3

    Die landbouer kies ‘n sekere stuk land uit die woestyn. Hy omhein dit, maak dit skoon en bewerk dit, beplant dit met uitgesoekte stokke en verwag ‘n ryk oes. Hy verwag dat hierdie stuk grond wat beter is as die onbewerkte woestyn, hom eer sal aandoen deur die resultate te toon van sy sorg en arbeid toe hy dit bewerk het. So het God ‘n volk uit die wêreld uitverkies om deur Christus opgelei en opgevoed te word. Die profeet sê: “Die wingerd van die Here van die leërskare is die huis van Israel, en die manne van Juda is die tuin van sy verlustiging.” Jes. 5:7. Aan hierdie volk het God groot voorregte gegee en hulle uit Sy oorvloedige goedheid ryklik geseën. Hy het van hulle verwag om Hom te eer deur vrugte te dra. Hulle moes die beginsels van Sy koninkryk openbaar. Te midde van ‘n gevalle, sondige wêreld moes hulle die karakter van God verteenwoordig.DGC 201.4

    As die wingerd van die Here, moes hulle vrugte voortbring wat geheel en al anders was as dié van die heidense nasies. Hierdie afgodiese volkere het hulle oorgegee om boosheid te bedryf. Hulle het geweld en misdaad, hebsug, onderdrukking en bedorwe wanpraktyke na hartelus bedryf. Sonde, ontaarding en ellende was die vrugte van die bedorwe boom. Die vrugte van die wynstok wat God geplant het, moes heeltemal anders wees as dit.DGC 202.1

    Dit was die voorreg van die Joodse volk om die karakter van God te ver-teenwoordig soos dit aan Moses geopenbaar is. In antwoord op die gebed van Moses, “Laat my tog u heerlikheid sien,” het die Here belowe:“Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan.” (Exod. 33:18,19) “En toe die Here by hom verbygaan, het Hy geroep: Here, Here, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe.” Exod. 34:6, 7. Dit was die vrugte wat God van Sy volk verlang het. Deur die reinheid van hulle karakters, deur die heiligheid van hulle lewens, deur hulle genadebetoon en barmhartigheid en meegevoel moes hulle bewys “die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel.” (Ps. 19:8)DGC 202.2

    Dit was Gods doel om deur die Joodse volk ryke seëninge aan alle volke te gee. Deur Israel moes die weg berei word vir die verspreiding van Sy lig aan die hele wêreld. Deur slegte gewoontes te volg, het die nasies van die wêreld die kennis van God verloor. Tog het God hulle in Sy genade nie vernietig nie. Hy het besluit om hulle die geleenthede te gee om deur Sy kerk met Hom kennis te maak. Dit was Sy plan dat die beginsels wat deur Sy volk geopenbaar sou word die middel moes wees waardeur die sedebeeld van God in die mens herstel sou word.DGC 202.3

    Dit was om hierdie plan uit te voer dat God Abraham uit sy afgodiese geslag geroep het en hom beveel het om in die land Kanaän te woon. “Ek sal jou ‘n groot nasie maak,” het Hy gesê, “en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees.” (Gen. 12:2)DGC 202.4

    Die afstammelinge van Abraham, Jakob en sy nageslag, is na Egipte gebring sodat hulle die beginsels van Gods koninkryk onder daardie groot, sondige nasie kon openbaar. Die onkreukbaarheid van Josef en die wonderbare wyse waarop hy die lewens van die ganse Egiptiese volk gered het, was ‘n voorstelling van die lewe van Christus. Moses en baie ander was getuies vir God.DGC 203.1

    Deurdat Hy Israel uit Egipte uitgelei het, het die Here weer Sy krag en Sy genade geopenbaar. Sy wonderlike werke waarmee Hy hulle uit slawerny vrygestel het en Sy handelwyse met hulle in hulle reise deur die woestyn was nie tot net hulle voordeel bedoel nie. Hierdie dinge moes vir die omliggende nasies ‘n aanskouingsles wees. Die Here het Hom bo alle menslike gesag en grootheid as God geopenbaar. Die tekens en wonders wat Hy vir Sy volk gedoen het, het Sy gesag oor die natuur en oor die vernaamste van die aanbidders van die natuur bewys. God het deur die trotse Egipteland getrek net soos Hy in die laaste dae deur die aarde sal trek. Met vuur en stormwind, aardbewing en die dood, het die groot EK is Sy volk verlos. Hy het hulle uit die land van slawerny uitgeneem. Hy het hulle deur die “groot en vreeslike woestyn gelei... deur giftige slange en skerpioene en ‘n dorsland sonder water.” (Deut. 8:15) Hy het vir hulle water “uit die klipharde rots” voortgebring, en hulle met “koring van die hemel” gevoed (Ps. 78:24) “Want,” het Moses gesê, “die Here se deel is sy volk, Jakob is sy afgemete erfdeel. Hy het hom gevind in ‘n Woestynland en in ‘n woeste wêreld, vol gehuil van die wildernis; Hy het hom omring, op hom ag gegee, hom bewaak soos sy oogappel. Soos ‘n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels - die Here alleen het hom gelei, en daar was geen vreemde god by hom nie.” Deut. 32:9-12. So het Hy hulle na Homself toe gebring sodat hulle onder die skaduwee van die Almagtige kon woon.DGC 203.2

    Christus was die leier van die kinders van Israel in hulle woestynomswerwinge. Bedags in die wolkkolom omhul en snags in die vuurkolom, het Hy hulle gelei en gerig. Hy het hulle van die gevare in die woestyn bewaar; Hy het hulle in die beloofde land ingebring, en voor al die nasies wat God nie erken het nie, het Hy Israel as Sy eie uitverkore besitting, die wingerd van die Here, opgerig.DGC 203.3

    Aan hierdie volk is die godspraak toevertrou. Hulle was omhein deur Sy wet, die ewige beginsels van waarheid, geregtigheid en reinheid. Gehoorsaamheid aan hierdie beginsels sou hulle beskerming wees, want dit sou hulle van selfvernietiging deur sondige dade beskerm. En soos die toring in die wingerd, het God binne-in die land Sy heilige tempel geplaas.DGC 204.1

    Christus was hulle leermeester. Net soos Hy in die woestyn saam met hulle was, so sou Hy nog hulle leermeester en leidsman wees. In die tabernakel en die tempel het Sy heerlikheid in die heilige ligglans bokant die versoendeksel gewoon. Hy het die rykdom van Sy liefde en lankmoedigheid gedurig tot hulle voordeel bewys.DGC 204.2

    God het verlang om van Sy volk Israel ‘n lof en ‘n heerlikheid te maak. Elke geestelike bate is aan hulle gegee. God het niks van hulle teruggehou wat bevorderlik sou wees vir die ontwikkeling van karakter wat van hulle Sy verteenwoordigers sou maak nie.DGC 204.3

    Omdat hulle die wet van God gehoorsaam, sou hulle‘n voorspoed geniet waaroor die nasies van die wêreld hulle sou verbaas. Hy wat hulle wysheid en vernuf in allerhande vaardige werk kon gee, sou nog hulle leermeester wees, en Hy sou hulle veredel en hulle verhoog deur gehoorsaamheid aan Sy wette. As hulle gehoorsaam was, sou hulle beskerm word teen die siektes wat ander nasies geteister het, en hulle sou met verstandsvermoë geseën wees. Die heerlikheid van God, Sy majesteit en krag, moes in al hulle voorspoed blyk. Hulle moes ‘n koninkryk van priesters en prinse gewees het. God het hulle elke geleentheid gegee om die roemrykste nasie op die aarde te word.DGC 204.4

    Deur Moses het Christus Gods plan baie duidelik voor hulle gestel, en die voorwaardes vir hulle voorspoed uiteengesit. “Want jy is ‘n volk heilig aan die Here jou God; jou het die Here jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.” “Jy moet dan weet dat die Here jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.” “Hou dan die gebod en die insettinge en die verordeninge wat ek jou vandag beveel om dit te volbring. En omdat julle na hierdie verordeninge sal luister en dit hou en volbring, sal die Here jou God vir jou die verbond en die goedertierenheid hou wat Hy jou vaders besweer het; en Hy sal jou liefhê en jou seën en jou vermenigvuldig, en Hy sal die vrug van jou liggaam seën en die vrugte van jou land, jou koring en jou mos en jou olie, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee, in die land wat Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het om aan jou te gee. Geseënd sal jy wees bo al die volke. . .. En die Here sal elke krankheid van jou wegneem en al die kwaai siektes van Egipte wat jy ken, nie op jou lê nie.” Deut. 7:6, 9, 11-15.DGC 204.5

    God het beloof om hulle die beste van die koring te gee en vir hulle heuning uit die rots te bring as hulle Sy gebooie sou bewaar. Met lengte van dae sou Hy hulle versadig, en hulle Sy heil laat sien.DGC 205.1

    Deur ongehoorsaamheid aan God het Adam en Eva Eden verloor, en weens sonde is die hele aarde vervloek. Maar as Gods volk Sy onderrigting sou volg, sou hulle land tot vrugbaarheid en skoonheid herstel word. God het hulle self voorgelig oor hoe om die grond te bewerk en hulle moes met Hom saamwerk om dit te herstel. So sou die hele land, onder Gods beheer, ‘n aanskouingsles van geestelike waarheid word. Net soos die aarde deur gehoorsaamheid aan die natuurwette sy skatte sou voortbring, net so ook moes die harte van die volk deur gehoorsaamheid aan Sy sedewet die kenmerke van Sy karakter weerkaats. Selfs die heidene sou die voortreflikheid van diegene erken wat die lewende God aanbid.DGC 205.2

    “Kyk,” het Moses gesê, “ek het julle insettinge en verordeninge geleer soos die Here my God my beveel het, om so te handel in die land waarheen julle gaan om dit in besit te neem. Onderhou dit dan en doen dit; want dit is julle wysheid en julle verstand voor die oë van die volke wat al hierdie in-settinge sal hoor en sê: “Waarlik, hierdie groot nasie is’n wyse en verstandige volk. Want watter groot nasie het gode wat vir hulle so naby is soos die Here onse God so dikwels as ons Hom aanroep? En watter groot nasie is daar wat sulke regverdige insettinge en verordeninge het soos hierdie hele wet wat ek julle vandag voorhou?” Deut. 4:5-8.DGC 205.3

    Die kinders van Israel moes die hele gebied bewoon wat God vir hulle bepaal het. Daardie volkere wat die aanbidding en diens van die ware God verwerp het, moes onteien word. Maar dit was die doel van God dat mense deur die openbaring van Sy karakter deur Israel na Hom aangetrek moes word. Die evangelieuitnodiging moes aan die hele wêreld gegee word. Deur die leer van die offerstelsel moes Christus voor die nasies verhoog word, en almal wat Hom aanskou, sou lewe. Almal wat, soos Ragab, die Kanaanitiese, en Rut die Moabitiese, hulle van afgodery sou afkeer om die ware God te aanbid, moes hulle by Sy uitverkore volk aansluit. Namate die getalle van Israel sou toeneem, moes hulle hul grense vergroot totdat hulle koninkryk die hele aarde sou behels,DGC 205.4

    God wou alle volkere onder Sy genadige heerskappy bring. Hy het verlang dat die aarde met vreugde en vrede gevul moes wees. Hy het die mens geskep om gelukkig te wees, en Hy verlang om harte met die vrede van die hemel te vervul. Hy begeer dat die gesinne hier benede‘n simbool van die groot gesin daarbo moet wees.DGC 206.1

    Maar Israel het Gods doel nie verwesenlik nie. Die Here het verklaar: “Nogtans het Ek jou geplant as ‘n edele wingerdstok, as heeltemal egte saad; maar hoe is jy vir My verander in wilde lote van ‘n vreemde wingerdstok!.” (Jer. 2:21) “Nou dan, inwoners van Jerusalem en manne van Juda, oordeel tog tussen My en my wingerd. Wat is daar meer te doen aan my wingerd wat Ek daar nie aan gedoen het nie ? Waarom het Ek verwag dat dit druiwe sou dra, en dit het wilde druiwe voortgebring? Laat My julle dan nou te kenne gee wat Ek met my wingerd gaan doen: Ek sal sy doringheining wegneem, sodat dit verwoes word; Ek sal sy muur stukkend breek, sodat dit vertrap word. En Ek sal dit ‘n wildernis maak: dit sal nie gesnoei of omgespit word nie, maar opskiet met dorings en distels; en Ek sal die wolke gebied om nie daarop te reën nie. Want... Hy het gewag op reg, maar kyk, dit was bloedvergieting; op geregtigheid, maar kyk, dit was geskreeu!.” (Jes. 5:3-7.) 1DGC 206.2

    Die Here het deur Moses aan die volk bekend gemaak wat die gevolge van ontrouheid sou wees. Deur te weier om die verbond te onderhou, sou hulle hulle van die lewe van God afsny, en Sy seën kon nie op hulle neerdaal nie. “Neem jou in ag,” het Moses gesê, “dat jy die Here jou God nie vergeet deur sy gebooie en sy verordeninge en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie; sodat jy nie miskien eet en versadig word nie en mooi huise bou en bewoon, en jou beeste en jou kleinvee vermeerder en jou silwer en goud vermeerder, ja, alles wat jy het, vermeerderen jou hart hom dan verhef, dat jy die Here jou God vergeet - en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe. ... Maar as jy nogtans die Here jou God vergeet en agter ander gode aan loop en hulle dien en voor hulle neerbuig, dan verseker ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom; soos die nasies wat die Here voor julle vernietig, so sal julle omkom, omdat julle na die stem van die Here julle God nie geluister het nie.” Deut. 8:11 -20.DGC 206.3

    Die Joodse volk het hulle nie aan die waarskuwing gesteur nie. Hulle het God vergeet en hulle verhewe voorreg as Sy verteenwoordigers uit die oog verloor. Die seëninge wat hulle ontvang het, het geen seen aan die wêreld meegebring nie. Al hulle bates is tot hulle eie verheerliking gebruik. Hulle het God beroof van die diens wat Hy van hulle verwag het, en hulle het hulle medemense van godsdienstige voorligting en van ‘n heilige voorbeeld beroof. Soos die bewoners van die wêreld voor die sondvloed, het hulle al die versinsels van hulle bose harte nagevolg. Sodoende het hulle heilige dinge soos’n klug laat lyk, en gesê: “Die Here se tempel, die Here se tempel, die Here se tempel is dit!” (Jer. 7:4), onderwyl hulle Gods karakter terselfdertyd verkeerd voorgestel, Sy Naam oneer aangedoen, en Sy heiligdom verontreinig het.DGC 207.1

    Die landbouers aan wie se sorg die Here se wingerd toevertrou is, was ontrou aan hulle verantwoordelikheid. Die priesters en die onderwysers was nie getroue leermeesters van die volk nie. Hulle het die genade van God en Sy aanspraak op hulle liefde en diens nie voor hulle gehou nie. Hierdie landbouers het hulle eie verheerliking gesoek. Hulle wou die vrugte van die wingerd vir hulleself inpalm. Hulle het hulle daarop toegelê om die aandag en eerbetoning vir hulleself te kry.DGC 207.2

    Die skuld van hierdie leiers van Israel was nie soos die skuld van die gewone sondaar nie. Hierdie manne het onder die ernstigste verpligting teenoor God gestaan. Hulle het belowe om ‘n, “So sê die Here” te leer, en om strenge gehoorsaamheid in hulle praktiese lewe in te bring. Pleks daarvan het hulle die Skrifte verdraai. Hulle het swaar laste op mense gelaai, en seremonies op hulle afgedwing wat elke stap van die lewe geraak het. Die volk het in voortdurende onrus gelewe, want hulle kon die vereistes wat deur die rabbi’s neergelê is, nie nakom nie. Namate hulle gesien het hoe onmoontlik dit was om mensgemaakte gebooie te bewaar, het hulle onverskillig geword wat die gebooie van God betref.DGC 207.3

    Die Here het Sy volk geleer dat Hy die eienaar van die wingerd was, en dat al hulle besittings aan hulle gegee is as ‘n trust wat vir Hom gebruik moes word. Maar die priesters en onderwysers het nie die werk van hulle heilige amp gedoen asof hulle die eiendom van God hanteer nie. Hulle het Hom stelselmatig beroof van die middele engeriewe wat aan hulle toevertrou is vir die vooruitgang van Sy werk. Hulle inhaligheid en hebsug het gemaak dat hulle verag is, selfs deur die heidene; so is aan die heidense wêreld geleentheid gegee om die karakter van God en die wette van Sy koninkryk verkeerd te vertolk.DGC 208.1

    Met die hart van ‘n Vader was God verdraagsaam teenoor Sy volk. Hy het met hulle gepleit deur genade te betoon en te onttrek. Geduldig het Hy hulle sondes aan hulle voorgehou en lankmoedig om hulle erkenning gewag. Profete en boodskappers is gestuur om Gods aanspraak op die landbouers bekend te maak, maar pleks dat hulle verwelkom is, is hulle as vyande behandel. Die landbouers het hulle vervolg en doodgemaak. God het nog ander boodskappers gestuur, maar hulle het dieselfde behandeling as die eerstes ontvang, behalwe dat die landbouers hulle nog meer gehaat het.DGC 208.2

    As ‘n laaste redmiddel het God Sy Seun gestuur en gesê: “Hulle sal my seun ontsien.” Maar hulle weerstand het hulle wraaksugtig gemaak en hulle het onder mekaar gesê, “Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem.” Dan sal ons die wingerd kan geniet en met die vrugte maak soos ons wil.DGC 208.3

    Die Joodse leiers het God nie liefgehad nie; daarom het hulle hul van Hom verwyder en al Sy toenaderinge om ‘n regverdige skikking verwerp. Christus, die Geliefde van God, het gekom om die aanspraak van die Eienaar op die wingerd te handhaaf, maar die landbouers het Hom met kenmerkende veragting behandel en gesê: Ons wil nie hê dat hierdie Man oor ons moet regeer nie. Hulle was afgunstig op Christus se skoonheid van karakter. Sy manier van leer was beter as hulle s‘n, en hulle het Sy sukses gevrees. Hy het hulle berispe, hulle skynheiligheid ontbloot en hulle attent gemaak op die gewisse gevolge van hulle gedrag. Dit het hulle tot raserny gedryf. Hulle het seer gevoel onder die teregwysings wat hulle nie kon weerlê nie. Hulle het die hoë maatstaf van geregtigheid wat Christus voortdurend voorgehou het, gehaat. Hulle het besef dat Sy leer hulle selfsug aan die kaak sou stel en hulle het hulle voorgeneem om Hom dood te maak. Hulle het Sy voorbeeld van waarheidsliefde en vroomheid gehaat, en ook die verhewe geestelikheid wat geblyk het in alles wat Hy gedoen het. Sy hele lewe het hulle selfsugtigheid bestraf en toe die finale toets kom, die toets wat gehoorsaamheid en die ewige lewe beteken of ongehoorsaamheid en die ewige dood beteken, het hulle die Heilige van Israel verwerp. Toe hulle gevra is om tussen Christus en Barabbas te kies, het hulle uitgeroep: “Laat vir ons Barabbas los!.” (Lukas 23:18) En toe Pilatus vra: “Wat moet ek dan doen met Jesus?” het hulle woedend uitgeroep, “Laat Hom gekruisig word!.” (Matt. 27:22) “Moet ek julle Koning kruisig?” het Pilatus gevra, en van die priesters en owerstes het die antwoord gekom: “Ons het geen koning behalwe die keiser nie.” (Joh. 19:15) Toe Pilatus sy hande gewas en gesê het, “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man,” het die priesters saam met die onkundige gepeupel woedend verklaar: “Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!.‘‘ (Matt. 27:24, 25)DGC 208.4

    So het die Joodse leiers gekies. Hulle besluit is neergeskrywe in die boek wat Johannes in die hemel gesien het in die hand van Hom wat op die troon sit, die boek wat geen mens kon oopmaak nie. Hierdie besluit met al sy wraaksug sal voor hulle verskyn op die dag wanneer hierdie boek se seël deur die Leeu van die stam van Juda losgemaak word.DGC 209.1

    Die Joodse volk het die gedagte gekoester dat hulle die gunstelinge van die hemel was en dat hulle altyd as die kerk van God verhef sou word. Hulle was die kinders van Abraham, het hulle verklaar, en so standvastig het die fondament van hulle voorspoed vir hulle gelyk dat hulle die aarde en die hemel uitgedaag het om hulle hulle regte te ontneem. Maar deur lewens van ontrouheid was hulle besig om hulle voor te berei om deur die hemel veroordeel te word en van God geskei te word.DGC 209.2

    In die gelykenis van die wingerd, nadat Christus voor die priesters hulle finale daad van boosheid geskets het, het Hy die vraag aan hulle gestel, “Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen?” Die priesters het die verhaal met diepe belangstelling gevolg, en sonder om te dink hoe die onderwerp op hulle sinspeel, het hulle saam met die skare geantwoord, “Die slegte mensehy sal hulle ‘n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.”DGC 209.3

    Onwetend het hulle hul eie vonnis uitgespreek. Jesus het na hulle gekyk en onder Sy deursoekende blik het hulle geweet dat Hy die geheime van hulle harte gelees het. Sy Godheid het met onmiskenbare krag voor hulle geskyn. Hulle het hulleself in die landbouers gesien, en hulle het onwillekeurig uitgeroep, “Mag God dit verhoed!”DGC 210.1

    Plegtig en bedroef het Christus gevra: “Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë? Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra. En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.”DGC 210.2

    Christus sou die vonnis van die Joodse nasie afgewend het as die volk Hom aangeneem het. Maar afguns en jaloesie het hulle onversoenlik gemaak. Hulle het hulle voorgeneem dat hulle Jesus van Nasaret nie as die Messias sou aanneem nie. Hulle het die Lig van die wêreld verwerp en van toe af is hulle lewens met duisternis omhul, ja, soos ‘n middernagtelike duisternis. Die voorspelde vonnis het op die Joodse volk neergekom. Hulle eie wrede, onbeheerste hartstogte het hulle ondergang bewerk. In hulle blinde woede het hulle mekaar verwoes. Hulle opstandige, hardnekkige hoogmoed het op hulle die woede van hulle Romeinse veroweraars gebring. Jerusalem is vernietig, die tempel het in puin gelê en die terrein het soos ‘n geploegde land daar uitgesien. Die kinders van Juda het op die vreeslikste maniere omgekom. Miljoene is verkoop om in heidenlande as slawe te dien.DGC 210.3

    As ‘n volk het die Jode Gods doel nie verwesenlik nie, en die wingerd is van hulle weggeneem. Die voorregte wat hulle misbruik, die werk wat hulle versmaai het, is aan andere toevertrou.DGC 210.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents