Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Gelykenisse van Christus - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Talente Vermenigvuldig Deur Gebruik

    Talente wat gebruik word, word vermenigvuldig. Sukses is nie die gevolg van geluk of lotsbestemming nie, dit is die uitwerking van Gods eie voorsienigheid, die beloning van geloof en diskresie, van deug en volharding. Die Here verlang dat ons elke gawe wat ons het, moet gebruik; en as ons dit doen, sal ons groter gawes ontvang om te gebruik. Hy skenk ons nie op bonatuurlike wyse die hoedanighede wat ons kortkom nie, maar terwyl ons gebruik wat ons het, sal Hy saam met ons werk om elke bekwaamheid te vermeerder en te versterk. Elke heelhartige, ernstige opoffering vir die Meester se diens sal ons kragte groter maak. Solank as ons ons oorgee om werktuie van die Heilige Gees te wees, werk die genade van God in ons om ons ou begeertes te verloën, om sterk neigings te oorwin en om nuwe gewoontes aan te leer. Namate ons die aansporings van die Heilige Gees koester en gehoorsaam, word ons harte steeds groter gemaak om steeds meer van Sy krag te ontvang, en om meer en beter werk te doen. Sluimerende kragte word gewek en verlamde vermoëns kry nuwe lewe.DGC 253.1

    Die nederige werker wat die roepstem van God gehoorsaam, kan verseker wees dat God sal help. Om so ‘n groot en heilige verantwoordelikheid aan te neem, veredel al klaar die karakter. Dit bring die hoogste verstandelike en geestelike vermoëns in werking en versterk en reinig die gedagtes en die hart. Dit is wonderlik hoe sterk‘n swak mens deur geloof in die krag van God kan word, hoe beslis hy kan optree en hoe oorvloedig die groot gevolge is. Hy wat met min kennis op ‘n nederige wyse begin vertel wat hy weet onderwyl hy ywerig na meer kennis soek, sal ontdek dat die ganse hemelse skat op sy aandrang wag. Hoe meer hy trag om lig te versprei, hoe meer lig sal hy ontvang. Hoe meer‘n mens, met liefde vir siele, probeer om die Woord van God aan ander te verduidelik, hoe duideliker word dit vir jouself. Hoe meer ons ons kennis gebruik en ons kragte beoefen, hoe meer kennis en krag sal ons self verkry.DGC 253.2

    Elke poging wat vir Christus aangewend word, sal ‘n seën vir onsself bring. As ons ons middele tot Sy eer gebruik, sal Hy ons meer gee. Namate ons probeer om andere vir Christus te wen, terwyl ons die las van siele in ons gebede dra, sal ons eie harte met die lewegewende invloed van die genade van God klop; ons eie liefde sal met meer Goddelike ywer gloei en ons hele Christelike lewe sal ‘n groter werklikheid, ernstiger en meer biddend word.DGC 254.1

    Die waarde van ‘n mens word in die hemel bereken volgens die vermoë van sy hart om God te ken. Hierdie kennis is die bron waaruit alle krag voortvloei. God het die mens geskep sodat elke vermoë ‘n vermoë van die Goddelike verstand kan wees; en Hy trag altyd om die mense-verstand met die Goddelike te laat saamwerk. Hy bied ons die voorreg om saam met Christus te werk om Sy genade aan die wêreld te openbaar, sodat ons ‘n toenemende kennis van die hemelse dinge kan opdoen.DGC 254.2

    Met die oog op Jesus gevestig, ontvang ons’n skerper en duideliker blik op God en deur aanskoue word ons verander. Goedheid, liefde vir ons medemense word ons natuurlike instink. Ons bou ‘n karakter in die ewebeeld van die Goddelike karakter. Namate ons al meer soos Hy word, word ons al meer in staat gestel om God te ken. Ons hou al hoe meer gemeenskap met die hemelse wêreld, en ontvang voortdurend meer krag om die rykdom van die kennis en wysheid van die ewigheid te ontvang.DGC 254.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents