Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Gelykenisse van Christus - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Talent Weggeneem

    Oor die lui dienskneg is die volgende oordeel uitgespreek: “Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het.” Soos in die geval van die beloning van die getroue dienskneg, word hier nie net na die beloning by die laaste oordeel verwys nie, maar na die geleidelike proses van vergelding in hierdie lewe. Soos in die natuurlike, so ook in die geestelike wêreld: elke vermoë wat nie gebruik word nie, sal verswak en vergaan. Bedrywigheid is die wet van die lewe. Luiheid beteken die dood. “Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.” 1 Kor. 12:7. As die gawes tot seen van andere gebruik word, word hulle meer. As hulle vir selfdiens gebruik word, word hulle minder en uiteindelik heeltemal weggeneem. Hy wat weier om te gee wat hy ontvang het, sal eindelik ontdek dat hy niks het om te gee nie. Hy stem tot ‘n proses in wat die vermoëns van die siel gewis verdwerg en uiteindelik vernietig.DGC 261.6

    Niemand moet dink dat hy‘n lewe van selfsugtigheid kan lei en dan, nadat hy na sy eie belange omgesien het, ingaan in die vreugde van sy Here nie. Hy kan nie deel he aan ‘n lewe van onselfsugtige liefde nie. Hy sou nie geskik wees vir die hemelhowe nie. Hy kan die suiwere atmosfeer van die liefde wat die hemel deurtrek, nie waardeer nie. Die stemme van die engele en die geklank van hulle harpe sal hom nie tevrede stel nie. Vir sy verstand sal die wetenskap van die hemel ‘n raaisel wees.DGC 262.1

    In die groot oordeelsdag sal diegene wat nie vir Christus gewerk het nie, diegene wat maar net voortgedryf het, wat geen verantwoordelikheid gedra het nie, en net aan hulleself gedink het, wat hulleself behaag het, deur die Regter van die hele aarde saam met diegene geplaas word wat kwaad gedoen het. Hulle ontvang dieselfde veroordeling.DGC 262.2

    Baie wat bely dat hulle Christene is, veronagsaam die eise van God, en tog voel hulle nie dat hulle daardeur iets verkeerds doen nie. Hulle weet dat die lasteraar, die moordenaar, die egbreker straf verdien, maar wat hulle betref, hulle geniet godsdiensoefening. Hulle luister graag na die prediking van die evangelie, en daarom dink hulle dat hulle Christene is. Hoewel hulle hul lewe lank vir hulleself gesorg het, sal hulle net so verras wees soos die ontroue dienskneg in die gelykenis om die uitspraak te hoor, “Neem dan die talent van hom weg.” Soos die Jode, verwar hulle die genot van die seëninge met die gebruik wat hulle daarvan moet maak.DGC 262.3

    Vele wat hulle van Christelike diens verskoon, hou hulle onbekwaamheid om te werk voor. Maar het God hulle so onbekwaam gemaak? Nee, nooit. Hierdie onbekwaamheid is die gevolg van hulle eie gebrek aan werklus en word deur hulle opsetlike keuse bestendig. Hulle maai reeds in hulle eie karakters die gevolg van die uitspraak:DGC 262.4

    “Neem dan die talent van hom weg.” Die voortdurende misbruik van hulle talente sal die Heilge Gees wat die enigste lig is, doeltreffend vir hulle uitblus. Die uitspraak, “werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis,” druk die seël van die hemel op die keuse wat hulle self vir die ewigheid gemaak het.DGC 262.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents