Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Gelykenisse van Christus - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 7—“Soos Suurdeeg”

    Na aanleiding van Mattheus 13:33; Lukas 13:20, 21

    BAIE welopgevoede en invloedryke mense het na die Profeet van Galilea kom luister. Sommige van hulle het met nuuskierige belangstelling na die menigte gekyk wat hulle om Christus versamel het waar Hy by die see geleer het. Alle klasse van die samelewing is in hierdie groot gedrang verteenwoordig. Daar was die armes, die ongeletterdes, die verflenterde bedelaar, die rower met ‘n skuldige trek op sy gesig, die verminkte, die verkwister, die handelaar en die rentenier, hoës en laes, rykes en armes, almal het mekaar verdring om ‘n staanplek waar hulle die woorde van Christus kon hoor. Die geletterde manne wat na die vreemde versameling gekyk het, het hulle afgevra: Bestaan die koninkryk van God uit hierdie soort stof? Weer het die Heiland met ‘n gelykenis geantwoord:DGC 53.1

    “Die koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat‘n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.”DGC 53.2

    Die Jode het suurdeeg soms as simbool vir sonde gebruik. Tydens die Pasga is die volk aangesê om al die suurdeeg uit hulle huise te verwyder net soos hulle sonde uit hulle harte moes wegruim. Christus het Sy dissipels gewaarsku, “Pas veral op vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is geveinsdheid.” (Lukas 12:1) En die apostel Paulus praat van “die suurdeeg van ondeug en boosheid.” (1 Kor. 5:8) Maar in die Heiland se gelykenis word suurdeeg gebruik om die koninkryk van die hemele voor te stel. Dit stel die lewegewende en gelykmakende krag van die genade van God voor.DGC 53.3

    Niemand is so sleg, niemand het so laag gesink dat hy buite die bereik van hierdie krag is nie. In almal wat hulle aan die Heilige Gees oorgee, word ‘n nuwe lewensbeginsel ingeplant; die verlore beeld van God moet in die mens herstel word.DGC 53.4

    Maar die mens kan hom nie self verander deur die beoefening van sy wil nie. Hy besit geen krag waardeur hierdie verandering teweeggebring kan word nie. Die suurdeeg - iets wat geheel en al van buite kom - moet in die meel gesit word voordat die verlangde verandering daarin teweeggebring kan word. So ook moet die genade van God deur die sondaar ontvang word voordat hy vir die koninkryk van heerlikheid geskik gemaak kan word. Al die ontwikkeling en opvoeding wat die wêreld kan aanbied, sal nie daarin slaag om ‘n gevalle kind van die sonde in ‘n kind van die hemel te verander nie. Die vernuwende krag moet van God af kom. Die verandering kan net deur die Heilige Gees gemaak word. Almal wat gered wil word, hoës of nederiges, rykes of armes, moet hulle aan die werking van hierdie krag oorgee.DGC 53.5

    __________

    “Welgeluksalig is die opregtes van weg, wat in die wet van die Here wandel. Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek; ook geen ongeregtighede doen nie, maar in sy weë wandel. U het u bevele gegee om dit trou te onderhou. kg, was my wee maar vas om u insettinge te onderhou! Ps. 119:1 -5.

    __________

    Soos die suurdeeg, as dit met die meel gemeng word, van binne na buite werk, so werk die genade van God deur die vernuwing van die hart om die lewe te verander. Geen blote uiterlike verandering is voldoende om ons in ooreenstemming met God te bring nie. Daar is vele wat hulle probeer hervorm deur hierdie of daardie slegte gewoonte af te skaf en hulle hoop om op hierdie wyse Christene te word, maar hulle begin op die verkeerde plek. Ons eerste werk is met die hart.DGC 54.1

    Geloofsbelydenis is een ding, maar om die waarheid in die siel te besit, is ‘n heel ander saak. Blote kennis van die waarheid is nie voldoende nie. Ons kan dit wel hê, maar ons gedagtegang is miskien nie verander nie. Die hart moet bekeerd en geheilig wees.DGC 54.2

    __________

    “Vir ewig, o Here, staan u woord vas in die hemele. U trou is van geslag tot geslag; U het die aarde bevestig, en dit bly staan. Volgens u verordeninge bly hulle vandag nog staan, want alle dinge is u knegte. As u wet nie my verlustiging was nie, dan het ek omgekom in my ellende. Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak. ...Aan alle volmaaktheid het ek ‘n einde gesien, maar u gebod is baie wyd” Ps. 119:89-96.

    __________

    Die persoon wat probeer om die gebooie te bewaar eenvoudig omdat hy verplig voel - omdat dit van hom vereis word - sal nooit die vreugde van gehoorsaamheid geniet nie. Hy is net nie gehoorsaam nie. As die vereistes van God ‘n las is omdat hulle teen die menslike neigings gaan, dan kan ons weet dat die lewe nie ‘n Christelike lewe is nie. Ware gehoorsaamheid is die uitwerking van ‘n inwendige beginsel. Dit spruit uit liefde vir geregtigheid, liefde vir die wet van God. Die wese van alle geregtigheid is getrouheid aan ons Heiland. Dit sal maak dat ons reg doen omdat dit reg is, omdat God in geregtigheid behae het.DGC 55.1

    Die groot waarheid dat die Heilige Gees die hart tot bekering bring, word deur Christus se woorde aan Nikodemus gestel: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.... Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.” Joh. 3:3-8.DGC 55.2

    __________

    “Ek sal U loofin opregtheid van hart as ek u regverdige verordeninge leer. Ek sal u insettinge onderhou. “Ps. 119:7, 8.

    __________

    Die apostel Paulus skryf onder ingewing, “Maar God,wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur Sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus - uit genade is julle gered - en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus, sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade en goedertierenheid oor ons in Christus Jesus. Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God.” Efe. 2:4-8.DGC 55.3

    Die suurdeeg wat in die meel verberg word, werk onsigbaar om die hele stuk deeg te deursuur; so ook werk die suurdeeg van die waarheid geheimsinnig, stil, geleidelik om die siel te verander. Die natuurlike neigings word versag en beteuel. Nuwe gedagtes, nuwe gevoelens, nuwe motiewe word ingeplant.DGC 55.4

    ‘n Nuwe karaktermaatstaf word voorgehou - die lewe van Christus. Die gesindheid word verander; vermoëns word in‘n nuwe rigting aangespoor. Die mens kry nie nuwe vermoëns nie, maar dié wat hy het, word geheilig. Die gewete word verskerp. Ons word met karaktertrekke beklee wat ons in staat stel om God te dien.DGC 56.1

    Daar word dikwels gevra: Waarom is dit dan dat daar so baie is wat beweer dat hulle Gods Woord glo, in wieDGC 56.2

    __________

    “Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou?

    Deur dit te hou na U woord. Ek soek U met my hele hart; laat my me ofdwaal van U gebooie nie. Ek het U woord in my hart gebire, dat ek teen U nie sol sondig nie.... Ek wil U bevele oordink en op U paaie let. Ek sal my verlustig in U insettinge; U woord sol ek nie vergeet nie.” Ps. 119:9-16.

    __________

    se lewens daar geen hervorming van woorde, gees en karakter te sien is nie? Waarom is daar so baie wat nie kan verdra dat hulle oogmerke en planne teengestaan word nie, wat ‘n onheilige humeur het, en wie se woorde bars, heerssugtig en driftig is? Daar is dieselfde eieliefde, dieselfde selfverwenning, dieselfde humeur en haastige woorde as in die lewe van die wêreldling. Daar is dieselfde fyngevoelige hoogmoed, dieselfde toegewing aan natuurlike neigings, dieselfde verdorwe karakter, as by diegene wat die waarheid glad nie ken nie. Die rede hiervoor is dat hulle nie bekeerd is nie. Hulle het die suurdeeg van die waarheid nie in die hart verberg nie. Dit het geen geleentheid gehad om sy werk te doen nie. Hulle natuurlike en aangeleerde neigings tot die kwaad is nie aan die veranderende krag daarvan onderwerp nie. Hulle lewens toon dat hulle die genade van Christus nie het nie en nie in Sy krag om die karakter te verander, glo nie.DGC 56.3

    “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.” Rom. 10: 17. Die Skrifte is die groot middel waardeur die karakter verander word. Christus het gebid: “Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.” (Joh. 17:17).DGC 56.4

    __________

    “Here, leer my die weg van U insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar. Gee my verstand, dat ek U wet kan bewaar, ja dit kan onderhou van ganser harte. Laat my wandel op die pad van U gebooie, want daarin het ek ‘n behae. ... Vervul aan U kneg U belofte wat pas by U vrees. Wend my smaadheid af wat ek vrees, want U verordeninge is goed.” Ps. 119:33-39.

    __________

    As mens die Woord van God bestudeer en dit gehoorsaam, werk dit in jou hart om elke onheilige kenmerk te oorwin. Die Heilige Gees kom om van sonde te oortuig, en die geloof wat in die hart ontstaan, werk deur die liefde vir Christus, en bring ons liggaam, siel en gees in ooreenstemming met Sy eie beeld. Dan kan God ons gebruik om Sy wil te doen. Die krag wat aan ons gegee word, werk van binne na buite en maak dat ons aan andere die waarheid verkondig wat aan ons verkondig is.DGC 57.1

    Die waarhede van die Woord van God voldoen aan die mens se groot praktiese behoefte - die bekering van die siel deur geloof. Ons moenie dink hierdie grootse beginsels is te rein en te heilig om in die daaglikse lewe ingebring te word nie. Hulle is waarhede wat na die hemel reik en wat die ewigheid omvat, tog moet hulle lewenskragtige invloed in die menslike ondervinding ingeweef word. Hulle moet al die groot dinge en al die klein dingetjies van die lewe deurweek.DGC 57.2

    As dit in die hart ontvang word, sal die suurdeeg. van die waarheid die begeertes reel, die gedagtes reinig en die geaardheid lieflik maak. Dit gee lewe aan die verstandelike vermoëns en krag aan die siel. Dit gee‘n groter vermoë om te voel en lief te hê.DGC 57.3

    __________

    “U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad. Ek het gesweer, en dit gehou, om U regverdige verordeninge te onderhou. ...Ek het U getuienisse vir ewig as erfdeel ontvang, want hulle is die vreugde van my hart. Ek het my hart geneig om U insettinge te betrag, vir ewig, tot die einde toe.” Ps. 119:105-112.

    __________

    Vir die wêreld is die mens wat hierdie beginsel nastreef‘n raaisel. Die selfsugtige mens wat geld liefhet, lewe net om vir homself die rykdom, eer en plesier van hierdie wêreld te verkry. Hy verloor die ewige wêreld uit die oog. Maar vir die volgeling van Christus is hierdie dinge nie van die grootste belang nie. Ter wille van Christus sal hy arbei en homself verloën sodat hy die groot werk kan bevorder om siele te red wat sonder Christus en sonder hoop in die wêreld is. Die wêreld kan so‘n mens nie verstaan nie, want hy hou ewige werklikhede in die oog. Die liefde van Christus met sy verlossende krag het in die hart ingekom. Hierdie liefde oormeester elke ander motief, en verhef mens bokant die bose invloed van die wêreld.DGC 57.4

    Die woord van God moet‘n heiligmakende uitwerking hê op ons samesyn met elke mensekind. Die suurdeeg van die waarheid veroorsaak nie die gees van wedywering, die liefde vir ambisie, die begeerte om eerste te wees nie. Die ware hemelgebore liefde is nie selfsugtig en veranderlik nie. Dit is nie afhanklik van menslike lof nie. Die hart van hom wat die genade van God ontvang, loop oor van die liefde vir God en vir almal vir wie Christus gesterf het. Die ek worstel nie om erkenning nie. Hy het ander lief, nie omdat hulle hom liefhet en hom geval, omdat hulle sy deugde waardeer nie, maar omdat hulle Christus se losgekoopte eiendom is. As sy motiewe, woorde of handelwyse verkeerd verstaan of verkeerd vertolk word, neem hy geen aanstoot nie; hy gaan sy gewone gang. Hy is vriendelik en bedagsaam, beskeie in sy opinie van homself, maar tog vol hoop, en hy vertrou altyd op die genade en liefde van God.DGC 58.1

    Die apostel vermaan ons: “Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: “Wees heilig, want ek is heilig.” 1 Pet.1:15,16. Die genade van Christus moet die humeur en die stem beheers. Dit sal in beleefdheid en tere agting van broeder vir broeder, in vriendelike, bemoedigende woorde gesien word. Daar woon ‘n engel in die huis. Die lewe adem ‘n soete geur uit wat soos ‘n heilige wierook tot God opstyg. Liefde word in vriendelikheid, teerheid, verdraagsaamheid en lankmoedigheid geopenbaar.DGC 58.2

    Die gelaat verander. Die Christus wat in die hart woon, straal uit die aangesigte van hulle wat Hom liefhet en Sy gebooie bewaar. Die waarheid staan daarop geskrywe. Die soete vrede van die hemel word geopenbaar. Dit spreek van sagaardigheid - iets meer as menslike liefde.DGC 58.3

    Die suurdeeg van die waarheid verander die hele mens.DGC 58.4

    Dit verfyn wat grof is, versag wat skurf is, maak die selfsugtige vrygewig. Daardeur word die onreines gereinig, in die bloed van die Lam gewas.DGC 58.5

    Deur sy lewegewende krag bring dit die hele verstand en siel en krag in ooreenstemming met die Goddelike lewe. Die mens met sy menslike natuur word ‘n deelgenoot van die Godheid. In ‘n voortreflike en volmaakte karakter word Christus vereer. Namate hierdie veranderinge plaasvind, hef engele ekstatiese lofliedere aan, en God en Christus verheug hulle oor siele wat na die gelykenis van God gevorm is.DGC 59.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents