Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Gelykenisse van Christus - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 8—‘n Verborge Skat

    Na aanleiding van Mattheus 13:44

    “VERDER is die koninkryk van die hemele soos’n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.”DGC 61.1

    In die ou dae het mense‘n gewoonte gehad om hulle skatte in die grond te begrawe. Diefstal en roof het dikwels voorgekom. So dikwels daar‘n ver-andering van regering was, was daar die moontlikheid dat diegene wat groot besittings gehad het, swaar belas kon word. Verder was daar die gedurige gevaar dat die land deur plunderende leers oorval kon word. Gevolglik het die rykes geprobeer om hulle rykdom te beskerm deur dit te verberg, en die aarde is as ‘n veilige bergplek beskou. Maar dikwels is die bergplek vergeet, die eienaar is miskien dood, gevange geneem of verban, en so is hy van sy skat geskei, en die rykdom wat hy met soveel moeite versteek het, is oorgelaat aan die gelukkige vinder. In Christus se tyd was dit nie ‘n onbekende iets om in ‘n verwaarloosde land ou geld stukke en ornamente van goud en silwer te ontdek nie.DGC 61.2

    ‘n Man huur‘n stuk grond om dit te bewerk en terwyl die osse eendag ploeg, word die versteekte skatte ontbloot.DGC 61.3

    Wanneer die man hierdie skat ontdek, sien hy dat ‘n fortuin binne sy bereik is. Hy steek die goud weer weg, keer na sy huis terug en verkoop alles wat hy het sodat hy die land met die skat daarin kan koop. Sy gesin en bure dink hy handel soos’n gek. Hulle kyk na die land en sien geen waarde in die verwaarloosde grond nie. Maar die man weet wat hy doen, en wanneer die grond op sy naam oorgedra is, deursoek hy dit om die skat te vind wat hy daar verberg het.DGC 61.4

    Hierdie gelykenis illustreer die waarde van die hemelse skat en die moeite wat gedoen moet word om dit te verkry. Die man wat dit gevind het, was bereid om al sy besittings af te staan, ja, bereid om hom in onvermoeide arbeid te begewe, net om die verborge rykdom te kry. So sal hy wat die hemelse skat vind, geen werk te groot en geen opoffering te duur ag om die skatte van die waarheid te win nie.DGC 61.5

    In die gelykenis stel die saailand met die skat die Heilige Skrifte voor. Die evangelie is die skat. Die aarde self is nie so met goudare deurvleg en met kosbaarhede gevul soos die Woord van God nie.DGC 62.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents