Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Gelykenisse van Christus - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 15—“Hierdie Man Ontvang Sondaars”

    Na aanleiding van Lukas 15:1-10

    DIE rabbi’s het laat blyk dat hulle ontevrede was omdat die “tollenaars en sondaars” om Christus saamgedrom het. “Hierdie man ontvang sondaars” het hulle gesê, “en eet saam met hulle”DGC 123.1

    Deur hierdie beskuldiging het hulle geskimp dat Christus graag met die sondaars en slegte mense omgegaan het, en dat Hy onbewus was van hulle sondigheid. Die rabbi’s was teleurgesteld in Jesus. Waarom het iemand wat sy karakter so verhewe voorgedoen het, nie met hulle omgegaan en hulle metodes van onderrig toegepas nie? Waarom het Hy so beskeie en onder alle klasse gewerk? As Hy‘n ware profeet was, het hulle gesê, sou Hy met hulle saamstem en tollenaars en sondaars verontagsaam soos hulle verdien. Hierdie beskermhere van die samelewing was kwaad omdat Hy met wie hulle gedurig in stryd was, wie se rein lewe nogtans hulle ontsag afgedwing en hulle veroordeel het, met sulke duidelike simpatie met die uitvaagsels van die samelewing omgaan. Hulle het nie Sy metodes goedgekeur nie. Hulle het gemeen hulle is geleerd, verfynd en by uitstek godsdienstig, maar Christus se voorbeeld het hulle selfsug ontbloot.DGC 123.2

    Hulle was ook vertoornd omdat diegene wat veragting vir die rabbi’s getoon het, wat nooit in die sinagoges gesien is nie, rondom Jesus saa-mgedrom en met gespanne aandag na Sy woorde geluister het. Die skrifgeleerdes en Fariseërs het in daardie reine teenwoordigheid veroordeeld gevoel; hoe was dit dan dat tollenaars en sondaars tot Jesus aangetrokke was?DGC 123.3

    Hulle het nie geweet dat die verduideliking juis in hulle eie minagtende woorde, “Hierdie man ontvang sondaars,“te vinde was nie. Die siele wat na Jesus gekom het, het in Sy teenwoordigheid gevoel dat daar selfs vir hulle ontvlugting uit die sondemoeras was. Die Fariseërs het hulle net verag en veroordeel, maar Christus het hulle begroet as kinders van God wat wel vervreemd was van die Vaderhuis, maar nie deur die Vaderhart vergete nie. En dit was juis weens hulle ellende en sonde dat Hy vir hulle soveel meer meegevoel gehad het. Hoe verder hulle van Hom weggedwaal het, hoe ernstiger was Sy verlange en groter Sy opoffering om hulle te red.DGC 123.4

    Die leermeesters van Israel kon al hierdie dinge uit die heilige boeke geleer het, wat hulle met soveel trots bewaar en uitgelê het. Dawid het mos geskryf - dieselfde Dawid, wat in dodelike sonde geval het - “Ek het gedwaal soos ‘n verlore skaap; soek u kneg.” (Ps. 119:176) Ook Miga het Gods liefde vir die sondaar geopenbaar toe hy gesê het:DGC 124.1

    “Wie is’n God soos U, wat die ongeregtigheid vergewe en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan? Hy hou toorn nie vir ewig vas nie, maar het ‘n welbehae in goedertierenheid.” Miga 7:18.DGC 124.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents