Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Opvoeding - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Matigheid en Diëetkunde

    “ELKEEN WAT AAN ‘N WEDSTRYD
    DEELNEEM, ONTHOU
    HOMINALLES;

    ELKE student moet die verhouding tussen ‘n eenvoudige leefwyse en verhewe denke begryp. Dit berus by ons as indiwidue om te besluit of ons lewens deur die verstand of deur die liggaam beheer sal word. Elke jongmens moet die keuse doen wat sy lewe fatsoeneer; en geen moeite moet ontsien word om te verstaan wat die magte is waarmee hy te doene het en die invloede wat die karakter en lotsbestemming vorm nie.Op 202.1

    Onmatigheid is ‘n vyand waarteen almal beskerm sal moet word. Die snelle toename van hierdie verskriklike euwel behoort elkeen wat die menslike geslag liefhet, te wek om daarteen oorlog te voer. Die gebruik om in die skole oor matigheidsake onderrig te gee, is ‘n stap in die regte rigting. Onderrig in hierdie verband moet in elke skool en elke huisgesin gegee word. Jongmense en kinders behoort die uitwerking van alkohol, tabak en ander soort - gelyke gifstowwe te verstaan, met betrekking tot hoe dit die liggaam aftakel, die verstand benewel en die siel versinlik. Daar moet duidelik gemaak word dat geen mens wat hierdie dinge gebruik, lank die volle krag van sy liggaamlike, verstandelike of morele vermoëns kan besit nie.Op 202.2

    Maar om tot die wortel van onmatigheid deur te dring, moet ons dieper gaan as die gebruik van alkohol en tabak. Ledigheid, gebrek aan doelgerigtheid, of slegte maats kan die aanleidende oorsaak wees. Dikwels word dit tuis by die tafel aangetref, in gesinne wat hulleself as streng matig beskou. Enigiets wat die spysvertering ontwrig, wat buitensporige verstandelike opwinding uitlok, of op enige manier die gestel swak maak en die ewewig van die verstandelike en liggaamlike kragte versteur, laat die beheer van die verstand oor die liggaam verslap en werk sodoende die neiging tot onmatigheid in die hand. Die ondergang van menige belowende jongmens sou teruggevoer kon word tot onnatuurlike begeertes wat deur ‘n ongesonde diëet geskep is.Op 202.3

    Tee en koffie, speserye, soetgoed en pasteie is almal aktiewe oorsake van slegte spysvertering. Vleiskos is ook skadelik. Sy natuurlik stimulerende uitwerking behoort ‘n voldoende argument teen die gebruik daarvan te wees; en die byna algemene sieklike toestand van diere maak dit dubbel afkeurenswaardig. Dit het die neiging om die senuwees te irriteer en die hartstogte aan te wakker, sodat die magsewewig aan die laer drifte gegee word.Op 203.1

    Diegene wat hulle aan ‘n ryk, stimulerende diëet gewoond maak, vind na verloop van tyd dat die maag nie met eenvoudige kos tevrede is nie. Dit eis iets wat al hoe meer gekrui, prikkelend en stimulerend is. Namate die senuwees van stryk gebring en die gestel verswak word, skyn dit asof die wil magteloos is om die onnatuurlike lus te weerstaan. Die delikate maagvoering word geïrriteer en inflammasieagtig, totdat die stimulerends te voedsel nie meer verligting gee nie. ‘n Dors word gewek wat niks behalwe sterk drank kan les nie.Op 203.2

    Dit is die begin van die euwel waarteen gewaak moet word. In die onderrig van jongmense moet die uitwerking van skybaar klein afwykinkies van wat reg is, baie duidelik gemaak word. Laat die student die waarde geleer word van ‘n eenvoudige, gesonde diëet om die drang na onnatuurlike stimuleermiddels te voorkom. Laat die gewoonte van self-beheersing vroeg gevestig word. Laat die gedagte by jongmense ingeprent word dat hulle meesters moet wees en nie slawe nie. Van die koninkryk wat in hulle is, het God hulle heersers gemaak en. hulle moet hul koningskap, wat deur die Hemel toebedeel is, handhaaf. Wanneer sulke onderrig getrou gegee word, sal die gevolge veel verder strek as net die jongmense self. Invloede sal uitreik wat duisende manne en vroue sal red wat op die randjie van die ondergang verkeer.Op 203.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents