Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Opvoeding - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Ambagsopleiding

    “MAAR ONS VERMAAN JULLE... OM...
    METJULLE EIE HANDE TE WERK.”

    BY DIE skepping is arbeid as ‘n seën ingestel. Dit het ontwikkeling, krag en geluk beteken. Die veranderde toestand van die aarde het, as gevolg van die sondevloek, in die werksomstandighede ‘n verandering gebring en togx hoewel dit tans met sorge, vermoeienis en pyn gepaard gaan, bly dit steeds ‘n bron van geluk en ontwikkeling. En dit is ‘n skans teen versoeking. Die dissipline daarvan verskaf ‘n teenwig teen selfvertroeteling. en bevorder vlyt, reinheid en standvastigheid. So word dit dan ‘n deel van Gods groot plan vir ons herstel van die val.Op 214.1

    Die jongmense moet daartoe gebring word om die ware adel van arbeid in te sien. Wys hulle daarop dat God ‘n onophoudelike werker is. Alle dinge in die natuur doen hul aangewese werk. Werksaamheid deurtrek die ganse skepping en om ons sending te vervul, moet ook ons aktief wees.Op 214.2

    In ons arbeid moet ons medewerkers van God wees. Hy gee aan ons die aarde en sy skatte; maar ons moet dit by ons gebruik en gerief aanpas. Hy laat die bome groei, maar ons berei die timmerhout voor en bou die huis. Hy het die goud en silwer, die yster en die steenkool in die aarde verberg, maar dit is net deur inspanning dat ons dit kan bekom.Op 214.3

    Toon dat, hoewel God alle dinge geskape het en voortdurend alle dinge beheer, Hy ons met ‘n krag toegedeel het wat nie heeltema! van Syne verskil nie. Aan ons is ‘n mate van beheer oordie natuur magte gegee.Op 214.4

    Soos God deur Sy roepstem die aarde in sy skoonheid uit die baaierd tot stand gebring het, so kan ons orde en skoonheid uit verwarring voortbring. En hoewel alle dinge nou deur die kwaad geskend is, voel ons tog in ons voltooide werk ‘n vreugde verwant aan Syne, toe Hy die skone aarde aanskou en verklaar het dat dit “baie goed”is.Op 215.1

    Oor die algemeen sal die oefening wat vir jongmense die voordeligste is, in nuttige werk gevind word. Die klein kindjie vind sowel afleiding as ontwikkeling deur te speel; en sy sport moet van so ‘n aard wees dat dit nie net liggaamlike groei bevorder nie, maar ook die verstandelike en die geestelike. Namate hy in krag en intelligensie toeneem, sal die beste ontspanning in die een of ander soort nuttige inspanning gevind word. Wat die hand tot hulpvaardigheid oplei en jongmense leer om hulle deel van die lewe se laste te dra, is die doelmatigste om die groei van verstand en karakterte bevorder.Op 215.2

    Jongmense moet geleer word dat die lewe ernstige werk, verantwoordelikheid en sorg beteken. Hulie het ‘n opleiding nodig wat hul prakties sal maak - manne en vroue wat noodgevalle die - hoof kan bied. Hulle moet geleer word dat die dissipline van stelselmatige, goed gereguleerde arbeid noodsaaklik is, nie net as ‘n skans teen die wisselvallighede van die lewe nie, maar as ‘n hulpmiddel tot alsydige ontwikkeling.Op 215.3

    Nieteenstaande alles wat reeds oor die waardigheid van arbeid gesê en geskryf is, heers die gevoel dat dit vernederend is. Jongmanne is gretig om onderwysers, klerke, handelaars, geneeshere, regsgeleerdes te word, of om die een of ander posisie te beklee wat nie liggaamlike arbeid vereis nie. Jong dames vermy huiswerk en streef na opleiding in ander rigtings. Hierdie mense sal moet leer dat geen man of vrou deur eerlike arbeid verlaag word nie. Wat wel verlaag, is leeglêery en selfsugtige afhanklikheid. Leeglêery werk selfvertroeteling in die hand en die gevolg is ‘n leë en onvrugbare lewe‘n land wat elke vorm van kwaad uitnooi om te groei. “Want die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, het deel aan die seën van God. Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking - die einde daarvan is verbranding.” Hebreërs 6:7,8.Op 215.4

    Baie van die studierigtings wat die student se tyd in beslag neem, is nie vir nuttigheid of geluk noodsaaklik nie; maar dit is vir elke jongmens noodsaaklik om ‘n deeglike kennis van die alledaagse pligte te hê. Indien nodig, kan ‘n jong dame sonder ‘n kennis van Frans en algebra, of selfs die klavier, klaarkom; maar dit is onontbeerlik dat sy leer om goeie brood te bak, om netjies passende kledingstukke te maak en om doeltreffend die baie pligte in verband met die huishouding na te kom.Op 216.1

    Vir die gesondheid en geluk van die hele gesin is daar niks belangriker as die vaardigheid en intelligensie van die kok se kant nie. Deur swak voorbereide, ongesonde voedsel kan sy sowel die volwassene se bruikbaarheid as die kind se ontwikkeling verhinder en selfs ruineer. Of deur die voedsel te voorsien wat by die behoeftes van die liggaam aangepas is en wat terselfdertyd aanloklik en smaaklik is, kan sy net soveel indie regte rigting doen as wat sy andere sins in die verkeerde bewerkstellig. So hang lewensgeluk, op baie maniere, saam met getrouheid in die alledaagse pligte.Op 216.2

    Aangesien sowel manne as vroue in die huislike lewe ‘n rol speel, moet seuns sowel as dogters van huishoudelike pligte ‘nkennis opdoen. Om'n bed op te maak en ‘n kamer aan diekant te kry, om skottelgoed te was, om ‘n maaltyd te berei, om sy eie klere te was en heel te maak, is ‘n opleiding wat geensins aan enige seun se manlikheid afbreuk hoef re doen nie; dit sal hom gelukkigeren bruikbaarder maak. En as dogters, op hulle beurt, kon leer om ‘n perd op te tuig en die leisels te hou en om die saag en die hamer te hanteer, sowel as die hark en die skoffelpik, sou hulle beter toegerus wees om die gebeurlikhede van die lewe die hoof te bied.Op 216.3

    Laat die kinders en jongmense uit die Bybel leer hoedat God vir die werk van die gewone arbeider hoogagting betoon het. Laat hulle van die”profeteseuns” (2 Konings 6:1-7), lees, studerendes op skool, wat vir hulleself ‘n huis aan ‘t bou was en ten behoewe van wie ‘n wonderwerk verrig is om die verlies van die geleende byl te voorkom. Laat hulle van Jesus, die skrynwerker en Paulus, die tentmaker, lees, wat met die arbeid van die ambagsman die mees verhewe menslike en Goddelike diens verbind het. Laat hulle lees van die seun wie se vyf brode deur die Heiland gebruik is in daardie merkwaardige wonderwerk om die menigte te voed; van Dorkas, die kleremaakster, wat uit die dode teruggeroep is, sodat sy kon voortgaan om. vir die armes klere te maak; van die verstandige vrou wat in Spreuke beskryf word, wat “sorg vir wol en vlas en... met gewillige hande [werk];”en sy “gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies;” wat ‘n wingerd plant en “haar arms stewig” hou - “sy brei haar handpalm uit na die ellendige en sy steek haar hande uit na die behoeftige;”opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na en die brood van luiheid eet sy nie.”Spreuke 31:13,15-17,20,27.Op 217.1

    Van so iemand sê God: “Sy moet geprys word. Gee haar van die vrug van haar hande en laat haar werke haar prys in die poorte.”Spreuke 31:30,31.Op 217.2

    Vir elke kind moet die eerste ambagskool dié huis wees. En fasiliteite vir ambagsopleiding moet, sover moontlik, aan eike skool verbonde wees. In ‘n groot mate Sou so ‘n opleiding die plek van ‘die gimnasium inneem, met die bykomende voordeefdat dit waardevolle dissipline bied.Op 217.3

    Onderrig in handearbeid verdien baie meer aandag as wat dit al geniet het. Skole moet gestig word wat, benewens die hoogste verstandelike en morele ontwikkeling, die beste moontlike fasiliteite vir liggaamlike ontwikkeling en ambagsopleiding sal voorsien. Onderrig moet gegee word in landbou, vervaardiging - wat soveel moontlik van die nuttigsteambagte dek - asook in huishoudkunde, gesonde kookkuns, naaldwerk, higiëniese kleremakery, die behandeling van die siekes en aanverwante rigtings. Tuine, werkswinkels en behandelingskamers moet voorsien word en die werk in elke rigting moet onder leiding van bekwame instrukteurs staan.Op 218.1

    Die werk moet ‘n bepaalde doel hê en deeglik wees. Hoewel elke mens van verskillende soorte handwerk moet kennis dra, is dit onontbeerlik dat hy in ten minste een bedrewe moet wees. Elke jongmens moet, teen die tyd dat hy die skool verlaat, reeds ‘n kennis opgedoen het van die een of ander ambag of werk waardeur hy, indien nodig, sy brood sou kon verdien.Op 218.2

    Die beswaar wat die meeste teen ambagsopleiding in die skole geopper word, is die groot belegging wat daarby betrokke is. Maar die doel wat verwesenlik moet word, is die koste werd. Geen ander werk wat aan ons toevertrou is, is so belangrik soos die opleiding van die jeug nie en elke uitgawe wat vereis word om dit reg teweeg te bring, is middele wat goed bestee is.Op 218.3

    Selfs uit die oogpunt van finansiële resultate sou die uitgawe wat vir ambagsopleiding benodig word, ware besuiniging meebring. Menigtes van ons seuns sou van die straathoeke af en uit die kroeg gehou word; die uitgawes op tuine, werkswinkels en baddens sou meer as gedek word deur die besparing op hospitale en verbeteringshuise. En die jongmense self, opgelei vir gewoontes van vlyt en bekwaam in verskillende rigtings van produktiewe arbeid - wie kan hulle waarde vir die samelewing en die volk bereken?Op 218.4

    As afleiding van studie, is werk in die buitelug, wat aan die hele liggaam oefening bied, die voordeligste. Geen ambagsopleiding is van meer waarde as landbou nie. ‘n Groter poging moet aangewend word om ‘n belangstelling in landbouwerksaamhede te wek en aan te spoor. Laat die onderwyser die aandag vestig op wat die Bybel oor landbou sê: dat dit Gods plan was vir die mens om die grond te bewerk; dat daar aan die eerste mens, die regeerder van die hele wêreld, ‘n tuin gegee is om te bewerk; en dat baie van die wêreld se grootste manne, sy ware adel, landbouers was. Wys op die geleenthede in so ‘n lewe. Die wyse man sê: “Maar ‘n voordeel vir ‘n land onder alles is dit: ‘n koning wat aan die landbou diensbaar word.” Prediker 5:8. Van hom wat die grond bewerk, verklaar die Bybel: “En sy God het hom onderrig hoe om dit te doen, Hy leer hom.” En verder: “Wie ‘n vyeboom oppas, sal sy vrugte eet.” Jesaja 28:26; Spreuke 27:18. Hy wat sy heenkome uit landbou verdien, spring baie versoekings vry en geniet tallose voorregte en seëninge wat diegene ontsê word wie se werk in die groot stede is. In hierdie tyd van reusekonsortiums en handeiswedywering is daar min wat so ‘n ware onafhanklikheid en so ‘n groot sekerheid van ‘n redelike opbrengs vir hulle arbeid geniet as die landbouer.Op 219.1

    Laat daar in die studie van landbou aan die leerlinge nie net die teorie oorgedra word nie, maar ook die praktyk. Terwyl hulle leer wat die wetenskap te kenne gee oor die natuur en die voorbereiding van die grond, die waarde van verskillende gewasse en die beste produksieinetodes, laat hulle hul kennis toepas. Laat onderwysers die werk met die studerendes deel en toon watter resultate deur vernuftige, intelligente inspanning bereik kan word. Sodoende kan ‘n opregte belangstelling gewek word, ‘n ambisie om die werk op die beste moontlike manier te doen. So ‘n ambisie sal, saam met die verkwikkende gevolge van oefening, sonskyn en suiwer lug ‘n liefde vir landbouarbeid skep wat by baie jongmense die keuse van hul lewenswerk sal bepaal. So kan invloede aan die gang gesit word wat baie daartoe sou bydra om die gety te keer van die volksverhuising wat tans so sterk na die stede vloei.Op 219.2

    So sou ons skole ook doeltreffend kon help om vir die werklose massa ‘n heenkome te bied. Duisende hulpelose en verhongerde wesens, wie se getalle daagliks die misdadigersklasse laat aanswel, kon in ‘n gelukkige, gesonde, onafhanklike leefwyse tot selfstandigheid geraak, as hulle deur die bewerking van die grond in bekwame, ywerige arbeid gelei word.Op 220.1

    Die voordeel van ambagsopleiding word ook deur professionele mense benodig. ‘n Mens kan miskien ‘n briljante verstand hê; hy kan vlug wees om idees te snap; sy kennis en vernuf kan vir hom tot die roeping van sy keuse toegang verleen; nogtans kan hy ver van ‘n bevoegdheid vir sy pligte wees. ‘n Opvoeding wat hoofsaaklik uit boeke verkry is, lei tot oppervlakkige denke. Praktiese werk bevorder fyn waarneming en onafhanklike denke. As dit reg beoefen word, neig dit tot die ontwikkeling van daardie praktiese wysheid wat ons gesonde verstand noem. Dit ontwikkel die vermoë om te beplan en uit te voer, versterk moed en deursettingsvermoë en verg die beoefening van takt en vaardigheid.Op 220.2

    Die geneesheer wat die fondament vir sy professionele kennis deur werklike diens in die siekekamer gelê het, sal ‘n helderheid van insig besit, ‘n algemene kennis en ‘n bekwaamheid in noodgevalle om die vereiste diens te leweralmal essensiële kwalifikasies, wat net ‘n praktiese opleiding so volkome kan verleen.Op 220.3

    Die predikant, die sendeling, die onderwyser sal vind dat hulle invloed by die mense grootliks toeneem as dit duidelik word dat hulle die kennis en vaardigheid besit wat vir die praktiese pligte van die alledaagse lewe nodig is. en dikwels hang die sendeling se sukses, miskien sy lewe self, van sy kennis van praktiese dinge af. Die vermoë om voedsel te berei, om ongelukke en noodgevalle te hanteer, om siekes te behandel, om ‘n huis te bou of, as dit nodig is, ‘n kerk - dikwels maak hierdie dinge die hele verskil tussen sukses en mislukking in sy lewenstaak.Op 221.1

    Met die verkryging van ‘n opvoeding sou baie studente ‘n uiters kosbare opleiding ontvang as hulle selfonderhoudend word. In plaas van skuld te maak of van hulle ouers se selfverloëning afhanklik te wees, laat jong manne en jong vroue selfstandig word. Hulle sal sodoende die waarde van geld leer besef, die waarde van tyd( krag en geleenthede en hulle sal baie minder in die versoeking verkeer om aan ledige en spandabele gewoontes toe te gee. Die lesse van spaarsin, vlyt, selfverloëning, die bestuur van praktiese sake en doelgerigtheid, wat op dié wyse bemeester word, sou ‘n uiters, belangrike deel van hul toerusting vir die lewenstryd wees. En die les van eiehulp wat deur die student opgedoen word, sou baie daartoe bydra om opvoedkundige inrigtings te vrywaar teen die skuldelas waaronder so baie skole al gespartel het en wat soveel gedoen het om hul bruikbaarheid lam te lê.Op 221.2

    Laat die jongmense beíndruk word met die gedagte dat opvoeding nie daar is om hulle te leer hoe om die lewe se onaangename take en swaar laste vry te spring nie; dat die doel daarvan is om die werk te verlig deur beter metodes en meer verhewe doelstellings te leer. Leer hulle dat die lewe se ware oogmerk nie is om die grootste wins vir hulself te verwerf nie, maar om hul Skepper te eer deur hulle deelvan die wêreld se werk te doen en ‘n helpende hand uit te strek na diegene wat swakker of onkundiger is.Op 221.3

    Een groot rede waarom daar op handearbeid neergesien word, is die slordige onnadenkende wyse waarop dit so dikwels verrig word. Dit word uit noodsaak gedoen, nie uit keuse nie. Die werker lê hom nie met hart en siel daarop toe nie en hy behou nie sy selfrespek en dwing ook nie die agting van andere af nie. Ambagsopleiding moet hierdie wanbegrip uit die weg ruim. Dit moet gewoontes van noukeurigheid en deeglikheid ontwikkel, leerlinge behoort takt en stelselmatigheid aan te leer; hulle moet leer om tyd te bespaar en elke oomblik te laat meetel. Hulle moet nie net die beste metodes geleer word nie, maar besiel word met die ambisie om voortdurend te verbeter. Laat dit hulle doel wees om hul werk so naby aan volmaaktheid te bring as wat vir die menslike brein en hande moontlik is.Op 222.1

    So ‘n opleiding sal die jongmense meesters en nie slawe van arbeid maak nie. Dit sal die lot van die werkesel verlig en selfs die nederigste beroep veredel. Hy wat arbeid net as sleurwerk beskou en wat dit met selfvoldane onkunde aanpak, sonder om ‘n poging ter verbetering aan te wend, sal beslis vind dat dit ‘n las is. Maar diegene wat kundigheid in die nederigste werkie erken, sal edelheid en skoonheid daarin raaksien en dit sal sy behae wees om dit getrou en doeltreffend te doen.Op 222.2

    'n Jongmens wat só opgelei is, sal, wat sy roeping in die lewe ook al mag wees, mits dit eerlik is, sy posisie bruikbaar en eerwaardig maak. Op 222.3

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents