Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Opvoeding - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Skool van die Hiernamaals

    “ENHULLE SAL SY AANGESIG
    SIEN en SY NAAM SAL OP
    HULLE VOORHOOFDE WEES.”

    DIE hemel is ‘n skool; sy studieveld, die heelal; sy onderwyser, die Oneindige. ‘n Tak van hierdie skool is in Eden gestig; en wanneer die verlossingsplan voltooi is, sal opvoeding weer in die skool van Eden onderneem word.Op 301.1

    “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.” 1 Korinthiërs 2:9. Net deur Sy woord kan ‘n kennis van hierdie dinge verkry word; en selfs dit bring net ‘n gedeeltelike openbaring.Op 301.2

    Die profeet van Patmos het die ligging van die hiernamaalse skool soos volg beskrywe :Op 301.3

    “En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan.... En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.”Openbaring 21:1,2.Op 301.4

    “En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig en die Lam is sy lamp.”Openbaring 21:23.Op 301.5

    Tussen die skool wat in die begin te Eden gestig is en die skool van die hiernamaals, lê die ganse bestek van hierdie wêreld se geskiedenis - die geskiedenis van menslike oortreding en smart, van Goddelike offerande en van oorwinning oor die dood en sonde. Nie al die omstandighede van daardie eerste skool van Eden sal in die skool van die toekomstige lewe te vinde wees nie. Geen boom van die kennis van goed en kwaad sal ‘n geleentheid tot versoeking bied nie. Geen versoeker is daar nie, geen moontlikheid van die kwade nie. Elke karakter het die toets van die bose deurstaan en geeneen is meer vir sy mag ontvanklik nie.Op 301.6

    “Aan hom wat oorwin,“sê Christus,“sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne - in die paradys van God is.”Openbaring 2:7. Die gawe van die boom van die lewe in Eden was voorwaardelik en dit is uiteindelik onttrek. Maar die geskenke van die toekomstige lewe is absoluut en ewig.Op 302.1

    Die profeet aanskou “‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam.””En weerskante van die rivier was die boom van die lewe.””En daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.”Openbaring 22:1,2; 21:4.Op 302.2

    “En jou volk sal almal regverdiges wees,
    vir ewig sal hulle die land besitas
    lote deur My geplant,
    'n werk van my hande,
    tot my verheerliking!’
    Op 302.3

    Jesaja 60:21.

    Nadat die mens weer tot Sy teenwoordigheid herstel is, sal hy, soos in die begin, deur God onderrig word: “Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom sal hulle weet op dié dag dat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek!”Jesaja 52:6.Op 302.4

    “Kyk, die tabernakel van God is by die mense en Hy sal by hulle woon en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.” Openbaring 21:3.Op 302.5

    “Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam. Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel.... Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei en God sal alle trane van hulle oë afvee.” Openbaring 7:14-17.Op 303.1

    “Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.” 1 Korinthiërs 13:12.Op 303.2

    “En hulle sal sy aangesig sien en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.” Openbaring 22:4.Op 303.3

    Daar, wanneer die voorhangsel wat ons uitsig verdonker, weggeneem word en ons oë daardie skone wêreld betrag waarop ons tans deur die mikroskoop ‘n blik kry; wanneer ons die heerlikheid van die hemele aanskou, wat tans van ver af deur die teleskoop bespied word; wanneer die klad van sonde verwyder is en die ganse aarde in “die lieflikheid van die Here onse God”sal verskyn, watter veld sal daar nie vir ons studie oopgestel word nie! Daar sal die student van die wetenskap die oorkondes van die skepping kan lees en geen aandenking van die wet van die kwaad bespeur nie. Hy sal na die musiek van die natuur se stemme kan luister en geen noot van weeklag of ondertoon van smart verneem nie. In alle geskape dinge sal hy een handskrif kan lees - in die geweldige heelal staan “Gods naam in groot letters geskrywe,” en in aarde, see of lug bly geen enkele teken van boosheid oor nie.Op 303.4

    Daar sal die Eden-lewe gevoer word, die lewe in tuin en veld.”En hulle sal huise bou en bewoon en wingerde plant en die vrug daarvan eet: hulle sal nie bou dat ‘n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ‘n ander dit eet nie; want die dae van my volk sal wees soos die dae van die bome en my uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet.”Jesaja 65:21,22.Op 303.5

    Daar sal niks wees wat “kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sê die Here.” Jesaja 65:25. Daar sal die mens tot sy verlore koningskap herstel word en die laer orde van wesens sal weer eens sy heerskappy erken; wat kwaai is, sal verteder en wat skugter is, vol vertroue word.Op 304.1

    Daar sal vir die student ‘n geskiedenis van ‘n oneindige draagwydte en onuitspreeklike rykdom oopstaan. Hier, van die uitkykpunt van Gods Woord, word aan die student ‘n kykie oor die ontsaglike groot geskiedenisveld gebied en kan hy ‘n mate van kennis opdoen omtrent die beginsels wat die verloop van menslike gebeurtenisse beheer. Maar sy uitsig is nog beneweld en sy kennis onvolledig. Nie alvorens hy in die lig van die ewigheid staan, sal hy alle dinge duidelik sien nie.Op 304.2

    Dan sal die verloop van die groot stryd oopgestel word wat gebore is voordat die tyd begin het en wat eers eindig wanneer die tyd sal ophou. Die geskiedenis van die aanvang van sonde; van noodlottige valsheid met sy verdraaide werkwyse; van waarheid wat, terwyl dit nie van sy eie reguit baan afwyk nie, dwaling tegemoetgegaan en oorwin het - alles sal openbaar gemaak word. Die voorhangsel wat tussen die sigbare en die onsigbare wêreld hang, sal opsy getrek en wonderlike dinge geopenbaar word.Op 304.3

    Nie eerdat die voorslenighede van God in die lig van die ewigheid gesien word, salons begryp wat ons aan die sorg en tussenkoms van Sy engele verskuldig is nie. Hemelse wesens het ‘n aktiewe rol in menslike sake gespeel. Hulle het in ‘n gewaad verskyn wat soos weerlig gestraal het; hulle het as mense gekom, soos reisigers geklee. Hulle het gasvryheid van menslike huisgesinne ontvang; hulle het as gidse opgetree vir reisigers wat deur die donker oorval is. Hulle het die verderwer se voorneme gedwarsboom en die slag van die vernietiger afgewend.Op 304.4

    Hoewel die heersers van hierdie wêreld dit nie weet nie, was engele al dikwels sprekers in hul raadsittinge. Menseoë het hulle aanskou. Menseore het na hulle oproepe geluister. In die raadsaal en die geregshof het hemelse boodskappers die saak van die vervolgdes en die onderdruktes verdedig. Hulle het voornemens verydel en euwels gestuit wat vir Gods kinders onreg en lyding sou gebring het. Aan die studente in die hemelse skool sal al hierdie dinge ontbloot word.Op 305.1

    Elke verloste sal die bediening van engele in sy eie lewe begryp. Die engel wat vanaf sy eerste oomblik sy bewaker was; die engel wat oor sy voetstappe waggehou en sy hoof in die dag van gevaar bedek het; die engel wat hom in die dal van doodskaduwee vergesel het, wat op sy rusplek gelet het, wat die eerste was om hom op die opstandings more te begroet - hoe sal dit nie wees om met hom te praat en om die geskiedenis van Goddelike tussen trede in die indiwiduele lewe te verneem nie, van hemelse samewerking in elke taak vir die mens!Op 305.2

    Al die verleenthede van die lewensondervinding sal dan duidelik gemaak word. Waar net verwarring en teleurstellings, gebroke voornemens en gedwarsboomde planne hulle aan ons voorgedoen het, sal ‘n groot, alles beheersende, oorwinnende doel, ‘n Goddelike harmonie, gesien word.Op 305.3

    Daar sal almal wat met ‘n onbaatsugtige gees gewerk het, die vrugte van hul arbeid aanskou. Die uitwerking van elke gesonde beginsel en edel daad sal sigbaar word. Ons sien ietsie daarvan hier. Maar hoe min van die gevolg van die wêreld se edelste werk word in hierdie lewe aan die dader geopenbaar! Hoe baie swoeg onselfsugtig en onver moeid vir diegene wat buite hulle bereik en kennis uitbeweeg! Ouers en onderwysers lê hul hoofde neer in hul laaste rus en dit lyk asof hulle lewenswerk vergeefs verrig is; hulle weet nie dat hul getrouheid die seëls losgemaak het van seënende fonteine wat nooit kan ophou vloei nie; net deur die geloof sien hulle hoe die kinders wat hulle opgevoed het, ‘n seën en besieling vir hul medemens word en die invloed hom duisendvoudig herhaal. Menige werker stuur boodskappe van krag en hoop en moed die wêreld in, woorde wat seëninge na harte in elke land dra; maar van die gevolge weet hy, wat in eensaamheid en onbekendheid voortswoeg, weinig. So word gawes geskenk, laste gedra en arbeid verrig. Mense saai die saad waarvan andere, bokant hul grafte, geseënde oeste maai. Hulle plant bome, sodat andere die vrugte kan eet. Hulle is hier tevrede om te weet dat hulle bemiddelinge ten goede aan die gang gesit het. In die hiernamaals sal die aksie en reaksie van die dinge duidelik word.Op 305.4

    Van elke gawe wat God gegee het, wat mense tot onselfsugtige inspanOp 306.1

    ning lei( word ‘n verslag in die hemel bewaar. Om dit sy wydverspreidende strekking na te speur, om diegene te sien wat deur ons pogings opgehef en veredel is( om in hulle geskiedenis die uitwerking van ware beginsels te aanskou - dit sal een van die studierigtings en belonings van die hemelse skool wees.Op 306.2

    Daar sal ons ken net soos ons geken is. Daar sal die liefde en simpatie wat God in die siel geplant het, hul egste en lieflikste uiting vind. Die reine omgang met heilige wesens, die harmonieuse gesellige verkeer met die geseënde engele en met die getrou es van alle eeue, die heilige gemeenskap wat”elke geslag in die hemeleen op dieaarde”saambind - al hierdie dinge is onder die ervarings van die hiernamaals.Op 306.3

    Musiek sal daar wees en sang, sulke musiek en sang soos geen sterfling se oor, behalwe in die visioene van God, nog ooit gehoor of verstand kon bedink nie.Op 307.1

    “En die wat sing sowel as die wat vrolik is” sal daar wees. Psalm 87:7. “Hulle daar hef hul stem op, hulle jubel; vanweë die majesteit van die Here.”Jesaja 24:14.Op 307.2

    “Want die Here vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van die Here; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere.”Jesaja 51:3.Op 307.3

    Daar sal elke vermoë ontwikkel, elke talent vermeerder word. Die geweldigste ondernemings sal uitgevoer, die mees verhewe aspirasies bereik, die hoogste ambisies verwesenlik word. En nog steeds sal daar nuwe hoogtes verrys om te oorwin, nuwe wondere om die verbeelding aan te gryp, nuwe waarhede om te verstaan, vars onderwerpe om die kragte van liggaam en verstand en siel uit te lok.Op 307.4

    Al die skatte van die heelal sal vir Gods kinders oop lê om te bestudeer. Met onuitspreeklike blydskap salons die vreugde en die wysheid van ongevalle wesens betree. Ons sal die skatte deel wat verwerf is deur eeue na eeue Gods handewerk te betrag. Die jare van die ewigheid sal, soos hul voortrol, aanhoudend nog heerliker openbarings bring.”Ver bo alles wat ons bid of dink” (Efesiërs 3:20), vir ewig en altoos, sal die gawes van God aan ons geskenk word.Op 307.5

    “Sy diensknegte sal Hom dien.”Openbaring 22:3. Die lewe op aarde is die begin van die lewe in die hemel; die opvoeding op aarde is ‘n eerste stap in die beginsels van die hemel; die lewenswerk hier is ‘n opleiding vir die Op 307.6

    lewenswerk daar. Wat ons tans is, in karakter en heilige diens, is die gewisse voorafskaduwing van wat ons sal wees.Op 307.7

    “Die Seun van die mens [het] nie gekom ... om gedien te word nie, maar om te dien.” Matthéus 20:28. Christus se werk hier benede is Sy werk omhoog en ons beloning omdat ons in hierdie wêreld saam met Hom gearbei het, sal die groter mag en wyer voorreg wees om in die komende wêreld met Hom saam te werk.Op 308.1

    “Julle is my getuies, spreek die Here en Ek is God.”Jesaja 43:12. Dit sal ons ook in die ewigheid wees.Op 308.2

    Met watter doel is die groot stryd toegelaat om deur al die eeue heen voort te gaan? Waarom is Satan se bestaan nie by die aanvang van sy rebellie kortgeknip nie? Dit was sodat die heelal oortuig kan word van Gods regverdigheid in Sy optrede teen die bose; sodat sonde ‘n ewige veroordeling kan ontvang. In die verlossingsplan is daar hoogtes en dieptes wat die ewigheid self nooit kan uitput nie( wonderwerke waarin die engele graag ‘n insae wil kry. Die verlostes alleen, van alle geskape wesens, het in hul eie ondervinding die werklike stryd met die sonde geken; hulle het met Christus saamgewerk en, soos selfs die engele nie kon doen nie, tot gemeenskap met Sy lyde toegetree; sal hulle geen getuienis oor die wetenskap van verlossing hê om te lewer nie-niks wat vir ongevalle wesens van waarde sal wees nie?Op 308.3

    Selfs nou word “aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak.” En Hy het ons “saam opgewek en saam laat sit in die hemele... sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.”Efesiërs 3:10; 2:6,7.Op 308.4

    “In sy paleis sê elkeen: Heerlikheid!” (Psalm 29:9) en die lied wat die losgekooptes sal sing - die lied van hul ondervinding - sal die heerlikheid van God verklaar:“Groot en wonderlik is li werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges! Wie sal U nie vrees nie, Here en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig.”Openbaring 15:3,4.Op 308.5

    Tydens ons lewens hier, aards, deur sonde beperk soos dit ook mag wees, is die grootste vreugde en die hoogste opvoeding in diens geleë. En in die toestand wat kom, onbelemmerd deur die beperking van ‘n sondige mensheid, is dit in diens waar ons grootste vreugde en ons hoogste opvoeding gevind sal word - om te getuig en altyd namate ons getuig, opnuut te leer van”die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid... dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.”Kolossense 1:27.Op 309.1

    “Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.” 1 Johannes 3:2.Op 309.2

    Dan, in die gevolge van Sy werk, sal Christus die beloning daarvoor sien. In daardie groot menigte wat geen mens kan tel nie en “sonder gebrek voor sy heerlikheid” (Judas 24) gestel is met gejuig, sal Hy wie se bloed ons verlos en wie se lewe ons onderrig het, “die moeitevolle lyde van sy siel... sien en versadig word.”Jesaja 53:11.Op 309.3

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents