Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Opvoeding - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Lewens van Groot Manne

    “DIE VRUG VAN DIE REGVERDIGE
    IS ‘n BOOM VAN DIE LEWE;

    DIE BYBELSE geskiedenis bevat baie illustrasies van die gevolge van ware opvoeding. Dit bied baie edele voorbeelde van manne wie se karakters onder Goddelike leiding gevorm is, manne wie se lewens ‘n seen vir hul medemens was en wat in die wêreld as verteenwoordigers van God gestaan het. Onder hulle was Josef en Daniel, Moses, Elisa en Paulus - die grootste staatsmanne, die verstandigste wetgewer, een van die getrouste hervormers en, afgesien van Hom wat gespreek het soos geen mens nog ooit gespreek het nie, die vermaardste leermeester wat hierdie wêreld geken het.Op 51.1

    In hul jongelingsjare, net met die oorgang van hul jeug na hul manlike staat, is Josef en Daniël van hul tuistes geskei en as gevangenes na heidenlande weggevoer. Veral Josef was onderhewig aan die versoekings wat met groot veranderinge in lotsbestemming gepaard gaan. In sy vader se huis ‘n teer versorgde kind; in die huis van Potifar ‘n slaaf, toe ‘n vertroueling en metgesel; ‘n sakeman, deur studie, oplettendheid en aanraking met mense opgevoed; in Farao se kerker ‘n staatsgevangene, onregverdig veroordeel, sonder hoop op regverdiging of vooruitsig van vrylating; tydens ‘n groot krisis geroep tot leierskap van die volk - wat het hom daartoe in staat gestel om sy integriteit te bewaar?Op 51.2

    Niemand kan sonder gevaar op ‘n hoë vlak staan nie. Soos die stormwind wat die blom in die vallei ongeskonde laat, die boom op die bergkruin ontwortel, net so bestorm felle versoekings wat die nederiges van die lewe onaangetas laat, diegene wat op die wêreld se verhewe plekke van sukses en eer staan. Maar Josef het die toets van sowel teenstand as voorspoed ewe goed deurstaan. Dieselfde getrouheid is in die paleis van die Farao’s as in die gevangenissel geopenbaar.Op 51.3

    In sy kinderjare is die liefde en vrees van God aan Josef geleer. Dikwels in sy vader se tent, onder die Siriese sterrehemel, is die verhaal aan hom meegedeel van die naggesig te Bet-el, van die leer uit die hemel na die aarde en die afdalende en opstygende engele en van Hom wat Hom uit die troon daarbo aan Jakob geopenbaar het. Aan hom is die verhaal vertel van die worsteling langs die Jabbok, toe Jakob, nadat hy sy troetelsondes opgegee het, as oorwinnaar uit die stryd getree en die titel ontvang het van ‘n prins saam met God.Op 52.1

    As herdersknaap wat sy vader se kuddes versorg, het Josef se rein en eenvoudige lewe die ontwikkeling van sowel fisieke as verstandelike krag begunstig. In gemeenskap met God deur die natuur en die studie van die groot waarhede wat as ‘n heilige pand van vader na seun oorgelewer is, het hy verstandelike krag en beginselvastheid verwerf.Op 52.2

    In die krisis van sy lewe; toe hy daardie verskriklike reis van sy kindertuiste in Kanaan na die slawerny van Egipte deurgemaak het, toe hy vir die laaste keer die heuwels aanskou wat die tente van sy bloedverwante verberg, het Josef sy vader se God in herinnering geroep. Hy het die lesse van sy kinderjare onthou en sy siel is met ontroering gevul by die voorneme om getrou bevind te word - om altyd op te tree soos dit ‘n onderdaan van die hemelse Koning betaam.Op 52.3

    In die bittere lewe van ‘n vreemdeling en ‘n slaaf, te midde van die tonele en geluide van ondeug en die verloklikhede van ‘n heidense godsdiens, ‘n godsdiens wat omring was deur al die bekoring van rykdom en kultuur en koninklike praal, het Josef standvastig gebly. Hy het reeds die les van pligsgetrouheid geleer. Getrouheid in elke posisie, van die nederigste tot die hoogste, het elke vermoë vir die mees verhewe diens opgelei.Op 52.4

    In die tyd toe hy na die hof van Farao geroep is, was Egipte die grootste onder die nasies. In beskawing, kuns, geleerdheid was die land sonder weerga. Deur ‘n tydperk van uiterste moeilikhede en gevaar het Josef die sake van die koninkryk geadministreer; en hy het dit op ‘n wyse gedoen wat die vertroue van die koning en die volk gewen het. Farao het “hom aangestel as heer oor sy huis en as heerser oor al sy goed; om sy vorste te bind na sy begeerte en aan sy oudstes moes hy wysheid leer.”Psalm 105:21,22.Op 53.1

    Ingewing hou die geheim van Josef se lewe aan ons voor. Met woorde van Goddelike krag en skoonheid het Jakob, in die seen wat hy oor sy kinders uitgespreek het, soos volg van sy geliefkoosde seun gepraat:Op 53.2

    Josefis ‘n jong vrugteboom, ‘n jong vrugteboom by ‘n fontein; sy takke kíim oor die muur. Die boogskutters het hom wel geprikkel en hom beskiet en hom bestry, maar sy boog het sterk gebly en die arms van sy hande was buigsaam, deur die hande van die Magtige van Jakob van die God van jou vader, wat jou help en met die hulp van die Almagtige wat jou seen met seëninge van die hemel daarbo, met seëninge van die watervloed wat daaronder lê.... Die seëninge wat jou vader ontvang het, oortref die seëninge van die ewige berge, die kostelike gawes van die ewige heuwels. Dit sal wees op die hoof van Josef en op die hoofskedel van die uitverkorene onder sy broers; Genesis 49:22-26 .Op 53.3

    Lojaliteit aan God; geloof in die Onsienlike, was Josef se anker. Hierin het sy krag geskuil.Op 54.1

    En die arms van sy hande was buigsaam, deur die hande van die Magtige van JakobOp 54.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents