Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Opvoeding - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Bybelonderrig en -Studie

    “ SODATJY JOU 00R LAAT LUISTER
    NA WYSHEID.. JY DAARNA SOEK
    SOOS NA. VERBORGE SKATTE ”

    IN SY KINDERTYD, jeug en manlike jare het Jesus die Skrif bestudeer. As klein kindjie is Hy daagliks aan Sy moeder se knie uit die boekrolle van die profete geleer. In sy jeug het die vroeë oggend en die aandskemering Hom dikwels alleen aan die berghang of tussen die bome van die bos aangetref, waar Hy ‘n stille uur in gebed en die studie van Gods Woord deurgebring het. Tydens Sy bediening het Sy intieme vertroudheid met die Skrif van Sy ywer in die studie daarvan getuig. En aangesien Hy kennis verwerf het net soos ons dit kan opdoen, is Sy wonderbare mag, verstandelik sowel as geestelik, ‘n getuienis van die waarde van die Bybel as ‘n middel tot opvoeding.Op 185.1

    Ons hemelse Vader het, toe Hy Sy Woord gegee het, die kinders nie oor die hoof gesien nie. Waar, in alles wat mense geskryf het, kan enigiets gevind word wat so ‘n houvas op die hart het enigiets wat so geskik is om die belangstelling van die kleintjies gaande te maak, as die verhale van die Bybel?Op 185.2

    In hierdie eenvoudige verhale kan die groot beginsels van Gods wet duidelik gemaak word. So, deur illustrasies wat die beste by die kind se begrip aangepas is, kan ouers en onderwysers al baie vroeg begin om die Here se opdrag oor Sy voorskrifte na te kom: “Jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.”Deuteronomium 6:7.Op 185.3

    Die gebruik van aanskouingslesse, skryfborde, landkaarte en prente sal help om hierdie lesse te verduidelik en dit in die geheue te prent. Ouers en onderwysers behoort voortdurend na beter metodes te soek. Bybelonderrig behoort ons keurigste oorweging, ons beste metodes en ons ernstigste pogings te geniet.Op 186.1

    Baie hang van die uur van aanbidding af om ‘n liefde vir Bybelstudie aan te wakker en te versterk. Die tyd van oggenden aandgodsdiens behoort die soetste en nuttigste van die dag te wees. laat daar goed verstaan word dat geen bekommerde, onvriendelike gedagtes tydens hierdie ure tussenbei mag kom nie; dat ouers en kinders vergader om Jesus te ontmoet en die teenwoordigheid van heilige engele in die huis in te nooi. Laat die dienste kort en vol lewe wees, by die geleentheid aangepas en afgewissel van tyd tot tyd. Laat almal aan die lees van die Bybel deelneem en Gods wet leer en dikwels herhaal. Dit sal die kinders meer laat belangstel as hulle partykeer toegelaat word om die skriflesing te kies. Ondervra hulle en laat hulle vrae stel. Noem enigiets wat daartoe sal bydra om die betekenis te illustreer. As die diens nie daardeur te lank uitgerek word nie, laat die kleintjies aan die gebed deelneem en laat hulle saamsing, al is dit net ‘n enkele strofe.Op 186.2

    Om so ‘n diens te maak wat dit behoort te wees, moet daar weldeurdagte voorbereiding wees. En ouers moet daagliks tyd aan Bybelstudie saam met hulle kinders wy. Ongetwyfeld sal dit moeite en beplanning en ‘n mate van opoffering vereis om dit te doen; maar die moeite sal ryklik beloon word.Op 186.3

    As voorbereiding om Sy bevele aan andere te leer, gebied God dat dit in die ouers se harte bewaar moet word. “En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees,“sê Hy,“en jy moet dit jou kinders inskerp.”Deuteronomium 6:6, 7. Om ons kinders in die Bybel te laat belangstel, moet ons self daarin geinteresseerd wees. Om by hulle ‘n liefde vir die studie daarvan te wek, moet ons dit self liefhê. Die invloed van ons onderrig aan hulle sal net die gewig dra wat deur ons eie voorbeeld en gesindheid daaraan verleen word.Op 187.1

    God het Abraham geroep om ‘n leermeester van Sy woord te wees. Hy het hom gekies om die vader van ‘n groot volk te wees, omdat Hy gesien het dat Abraham sy kinders en sy huishouding in die beginsels van Gods wet sou onderrig. En wat aan Abraham se onderwysing krag verleen het, was die invloed van sy eie lewe. Sy groot huishouding het uit meer as ‘n duisend siele bestaan, baie van hulle gesinshoofde en nie ‘n geringe aantal nie maar onlangs uit die heidendom bekeer. So ‘n huishouding het ‘n sterk hand aan die stuur benodig. Geen swak, wisselvallige metodes sou deug nie. Van Abraham het God gesê:“Want Ek het hom verkies, dat hy aan sy kinders en sy huis ná hom bevel sou gee.... “Genesis 18:19. Tog is sy gesag met soveel wysheid en teerheid beoefen dat harte gewen is. Die getuienis van die Goddelike Bode is:“... dat hulle die weg van die Here moet hou om geregtigheid en reg te doen.”Genesis 18:19. En Abraham se invloed het tot buitekant sy huiskring gestrek. Waar hy ook al sy tent opgeslaan het, het hy langsaan die altaar vir offerandes en aanbidding opgerig. Wanneer die tent verwyder is, het die altaar bly staan; en menige swerwende Kanaaniet wie se kennis van God uit die lewe van Abraham, Sy dienskneg, verkry is, het by daardie altaar vertoef om ‘n offerande aan Jehova te bring. Op 187.2

    Die onderrig van Gods Woord sal vandag geensins minder trefkrag hê wanneer dit net so getrou in die onderwyser se lewe weerspieël word nie.Op 188.1

    Dit is nie voldoende om te weet wat andere oor die Bybel gedink of geleer het nie. Elkeen moet in die oordeel self aan God rekenskap gee en elkeen moet nou leer wat waarheid is. Maar om doeltreffend te kan studeer, moet die belangstelling van die leerling betrek word.Veral deurdie persoon wat te doene het met kinders en jongmense wat in geaardheid, opvoeding en dinkgewoontes hemelsbreed van mekaar verskil, is dit ‘n saak wat nie uit die oog verloor mag word nie. In Bybelonderrig aan kinders kan ons baie daarby baat om die neiging van hul verstande, die dinge waarin hulle belangstel, dop te hou en deur hul belangstelling gaande te maak om te sien wat die Bybel oor hierdie dinge sê. Hy wat ons met ons verskillende vermoëns geskape het, het in Sy Woord iets vir elkeen gegee. Namate die leerlinge insien dat die lesse van die Bybel op hul eie lewens van toepassing is, leer hulle om daarop as raadgewer staat te maak.Op 188.2

    Help hulle ook om die wonderbare skoonheid daarvan op prys te stel. Baie boeke van geen werklike waarde nie, boeke wat opwindend en ongesond is, word aanbeveel, of ten minste toegelaat, om vanweë hul sogenaamde literêre waarde gebruik te word. Waarom moet ons ons kinders lei om uit dié besoedelde strome te drink wanneer hulle vrye toegang tot die suiwer fonteine van Gods Woord kan hê? Die Bybel het ‘n volheid, ‘n krag, ‘n diepte van betekenis, wat onuitputlik is. Spoor die kinders aan om sy skatte van sowel gedagtes as uitdrukking na te speur.Op 188.3

    Soos die skoonheid van hierdie kosbare dinge hul verstande lok, sal ‘n versagtende, temmende mag hul harte aanraak. Hulle sal tot Hom aangetrek word wat Hom so aan hulle geopenbaar het. En daar is min wat nie sal verlang om meer omtrent Sy werke en weë te weet nie.Op 188.4

    Die student van die Bybel moet geleer word om dit met die gesindheid van ‘n leerling te benader. Ons moet sy bladsye deursoek, nie vir bewyse om ons teorieë te steun nie, maar om te weet wat God sê.Op 189.1

    'n Ware kennis van die Bybel kan net verkry word met die hulp van daardie Gees deur wie die Woord ingegee is. En om hierdie kennis te verkry, moet ons daarvolgens lewe. Aan alles wat Gods Woord beveel, moet ons gehoorsaam wees. Op alles wat dit belowe, kan ons aanspraak maak. Die lewe wat dit voorskryf, is die lewe wat ons, deur die krag daarvan, moet uitlewe. Dit is net namate die Bybel op dié wyse bejeën word dat dit met vrug bestudeer kan word.Op 189.2

    Die studie van die Bybel vereis ons ywerigste inspanning en volhardendste nadenke. Soos die mynwerker vir die goudskat in die aarde delf, so ernstig, aanhoudend, moet ons soek na die skat van Gods Woord.Op 189.3

    In die daaglikse studie is die vers-vir-vers-metode dikwels die nuttigste. Laat die student een vers neem en die aandag daarop toespits om die gedagte vas te stel wat God vir hom in daardie vers geplaas het en laat hom dan die gedagte oorpeins totdat dit sy eie word. Een skrifgedeelte wat so bestudeer word, totdat die betekenis daarvan duidelik is, is van groter waarde as die deurlees van baie hoofstukke met geen besliste doel voor oë en geen werklike onderrig wat ontvang word nie.Op 189.4

    Een van die hoofoorsake van verstandelike ondoeltreffendheid en sedelike swakheid is die gebrek aan konsentrasie ter wille van waardige doelstellinge. Ons beroem ons op die wye verspreiding van leesstof; maar die vermeerdering van boeke, selfs boeke wat op sigself nie skadelik is nie, kan ‘n besliste euwei wees. Met die ontsaglike vloedgolf van drukwerk wat voortdurend uit die pers stroom, vorm oud en jonk die gewoonte om haastig en oppervlakkig te lees en die verstand raak die mag kwyt om samehangend en energiek te dink. Bowendien is ‘n groot deel van die tydskrifte en boeke wat, soos die paddas van Egipte, die land oordek, nie net afgesaag, nutteloos en verswakkend nie, maar onrein en verlagend. Hulle uitwerking is nie net om die verstand te bedwelm en te verinneweer nie, maar om die siel te be-derf en te vernietig. Die verstand, die hart, wat ledig, doelloos is, val maklik die boosheid ten prooi. Dit is op sieklike, lewenslose organismes dat swamme wortelskiet. Dit is die ledige verstami wat die Satan se werkswinkel is. Laat die verstand op hoë en heilige ideale gevestig word, laat die lewe ‘n edel doel, ‘n boeiende voorneme, hé en die kwaad kan weinig houvas kry.Op 189.5

    Laat die jongmense dan geleer word om Gods Woord intensief te bestudeer. As dit in die siel opgeneem word, sal dit ‘n magtige skanswerk teen versoeking blyk te wees.”Ek het u woord in my hart gebêre,“verklaar die psalm digter, “dat ek teen U nie sal sondig nie.””Ek het deur die woord van u lippe die paaie van die geweldenaar vermy.” Psalm 119:11; 17:4.Op 190.1

    Die Bybel is sy eie uitlêer. Skrifdeel moet met skrifdeel vergelyk word. Die student moet leer om die Woord as ‘n geheel te beskou en om die verhouding van sy dele raak te sien. Hy moet ‘n kennis van sy grootse sentrale tema opdoen, van Gods oorspronklike doel vir die wêreld, van die ontstaan van die groot stryd en die verlossingswerk. Hy moet die aard begryp van die twee beginsels wat vir die oorhand stry en leer om hul werking deur die oorkondes van die geskiedenis en die profesie tot by die groot voleinding na te speur. Hy moet insien hoe hierdie stryd by elke fase van die menslike ondervinding betrokke is; hoe die een of die ander van die twee teenstrydige motiewe hom in elke lewens daad openbaar; en hoe, of hy wil of nie, hy nou al besluit aan watter kant van die stryd hy bevind sal word. Elke deel van die Bybel is deur God ingegee en is nuttig. Die Ou Testament, nie minder as die Nuwe nie, moet aandag geniet. Soos ons die Ou Testament bestudeer, sal ons lewende, opborrelende fonteine vind waar die onoplettende leser net ‘n woestyn bemerk.Op 190.2

    Veral die boek Openbaring, gelees in verband met die boek Daniël, verg ons studie. Laat elke godvresende onderwyser nadink hoe hy die duidelikste die evangelie wat ons Heiland persoonlik aan Sy dienskneg Johannes kom bekend maak het, kan begryp en oordra - “Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur.” Openbaring 1:1. Geeneen behoort in die studie van Openbaring weens sy skynbaar mistieke simbole mismoedig te word nie.”En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt.” Jakobus 1:5.Op 191.1

    “Salig is hy wat die woorde van die profesie lees en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.”Openbaring 1:3.Op 191.2

    Wanneer ‘n ware liefde vir die Bybel aangewakker is en die student begin besef hoe uitgestrek die veld en hoe kosbaar die skat is, sal hy graag elke geleentheid wil aangryp om hom met Gods Woord vertroud te maak. Die studie hiervan sal nie tot enige spesiale tyd of plek beperk word nie. En hierdie voortdurende studie is een van die beste maniere om ‘n liefde vir die Skrif aan te kweek. Laat die student sy Bybel altyd by hom hou. Soos u die geleentheid vind, lees ‘n teks en bepeins dit. Terwyl u op die strate loop, by die spoorwegstasie wag, wag om ‘n afspraak na te kom, neem die geleentheid te baat om die een of ander kosbare gedagte uit die skathuis van waarheid te verkry.Op 191.3

    Die groot dryfkragte van die siel is geloof, hoop en liefde; en dit is op hierdie dinge dat Bybelstudie, as dit reg beoefen word, ‘n oproep doen. Die uiterlike skoonheid van die Bybel, die lieflikheid van beeldspraak en seggingskrag, is, as ‘t ware, net die omlysting van die eintlike skat - die heilige sieraad. In sy verslag van die mense wat met God gewandel het, kan ons afskynsels van Sy heerlikheid waarneem. In die Een wat”geheel en al die lieflikheid self” is, aanskou ons Hom van wie alle skoonheid of op aarde of indie hemel net ‘n dowwe weerkaatsing is.”En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal alma! na My toe trek.” Johannes 12:32. Namate die Bybelstudent die Heiland aanskou, word die. geheimsinnige mag van geloof, aanbidding en liefde in die siel gewek. die oog word op die visioen van Christus gevestig en die aanskouer groei tot gelykvormigheid met wat hy bewonder. Die woorde van die apostel Paulus word die taal van die siel: “Ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here,... sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde.”Filippense 3:8-10.Op 192.1

    Die fonteine van hemelse vrede en vreugde wat deur die woorde van Ingewing in die siel ontsluit word, sal ‘n magtigé rivier van invloed word om almal wat binne sy bereik kom, te seën. Laat die jongmense van vandag, die jongmense wat met die Bybel in hul hande grootword, die ontvangers en kanale van sy lewegewende energie word en watter strome van seën sal nie na die wêreld uitvloei nie! - invloede van die krag waarvan om te genees en te vertroos ons skaars ‘n denkbeeld kan vorm - riviere van lewende water, fonteine”wat opspring tot in die ewige lewe.”Op 192.2

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents