Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Meester se Onsterflike Rede  - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First

    “Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen.” Mattheüs 7:12.

    Nadat Jesus ons verseker het van die liefde van God vir ons, beveel Hy ons om mekaar lief te hê - in een allesomvattende beginsel wat alle menslike verhoudinge insluit.MOR 146.1

    Die norm van ons verpligtinge teenoor andere is te vind in ons eie beskouing van wat hul verpligtinge teenoor ons is. In u omgang met ander, stel u in hulle plek. Dink u in in hul gevoelens, hul moeilikhede, hul teleurstellings, hul vreugde en hul verdriet. Vereenselwig u met hulle, en behandel hulle dan soos u self behandel sou wou wees as u in hul skoene gestaan het. Dit is die ware toets van eerlikheid. Dit is 'n ander manier om te sê: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” (Mattheüs 22:39). In hoofsaak is dit ook wat die profete geleer het. Dit is 'n beginsel van die hemel, en almal wat hulle voorberei vir die heilige gemeenskap van die hemel, sal dit aankweek.MOR 146.2

    Die gulde reël is die beginsel van ware hoflikheid, en die beste voorbeeld daarvan word in die lewe en die karakter van Jesus gesien. Hoe het die daaglikse lewe van ons Heiland gestraal van teerheid en van skoonheid! Hoe aangenaam was Sy teenwoor-digheid! Sy kinders sal dieselfde gees openbaar. Diegene in wie Christus woon, word in 'n Goddelike atmosfeer gehul. Die wit gewaad van hul reinheid sal welriekend wees met die geure van Gods tuin. Die glans van Sy aangesig sal in hulle s'n weerkaats word en dit sal die pad verlig vir die struikelende, moeë lewensreisiger.MOR 147.1

    Niemand wat 'n volmaakte karakter waarlik nastreef sal nalaat om die meegevoel en teerheid van Jesus te openbaar nie. Welwil-lendheid versag die hart, verfyn en louter die gevoelens en bring 'n hemelse verfyndheid en sin vir welvoeglikheid in die lewe.MOR 147.2

    Maar die gulde reël het nog 'n dieper betekenis. Elkeen wat 'n rentmeester van die veelvuldige genade van God is, moet dit met siele deel wat in onkunde en duisternis verkeer, net soos hy van hulle sou verwag. Die apostel Paulus het verklaar: “Teenoor Grieke sowel as nie-Grieke, teenoor wyse sowel as onverstandige mense is ek 'n skuldenaar” (Romeine 1:14). In die mate wat u die liefde van God geken het, in die mate wat u die rykdom van Sy genade, meer as die agterlikste en mees versonke siel op aarde ontvang het, in dié mate is u 'n skuldenaar teenoor daardie siel om daardie gawes met hom te deel.MOR 147.3

    Dit geld ook vir die seëninge van hierdie lewe; wat jy ook al meer as jou medemens besit, plaas jou in dieselfde mate onder verpligting teenoor almal wat minder bevoorreg is. As ons rykdom of selfs die geriewe van die lewe besit, staan ons onder ernstige verpligting om te sorg vir die sieke, die weduwee en die vaderlose, presies soos ons van hulle sou verwag as hulle en ons omstandighede omgekeerd was.MOR 147.4

    Onregstreeks leer die gulde reël ons dieselfde les wat elders in die Bergrede geleer word: “Met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.” Wat ons aan ander doen, of dit goed of kwaad is, sal sekerlik op ons self as 'n seën of vloek terugkaats. Wat ons gee, sal ons terugontvang. Die aardse seëninge wat ons aan ander meedeel, word dikwels in gelyke munt weer aan ons uitbetaal. Dikwels kry ons wat ons aan ander gegee het viervoudig terug wanneer ons dit nodig het. Maar afge-sien hiervan word alle gawes selfs in hierdie lewe terugbetaal met die oorvloed van Sy liefde, wat die volle hemelse heerlikheid en rykdom is. Die kwaad wat 'n mens ander aandoen, kom ook op jou eie hoof neer. Elkeen wat 'n ander veroordeel of ontmoedig, sal in sy eie ondervinding die paadjie moet bewandel wat hy ander laat bewandel het; hy sal voel wat hulle gely het omrede van sy gebrek aan meegevoel en teerhartigheid.MOR 148.1

    Die liefde van God teenoor ons sorg daarvoor. Sy begeerte is dat ons ons eie hardheid van hart moet verafsku en ons harte moet oopstel vir die inwoning van Jesus. So baar die kwaad goed, en wat na 'n vloek gelyk het, word 'n seën.MOR 149.1

    Die gulde reël is die ware maatstaf van die Christelike lewe; wat nie daaraan voldoen nie, is bedrog. 'n Geloof wat mense leer om diegene gering te skat wat vir Christus so waardevol was dat Hy Homself vir hulle gegee het; 'n geloof wat ons onverskillig maak teenoor die behoeftes, lyding en regte van ander, is 'n valse geloof. As ons die aansprake van die armes, die lydendes en die sondaar geringskat, toon ons dat ons verraaiers van Christus is. Dit is omdat mense die benaming Christen aaneem terwyl hul lewenswyse Sy karakter verloën, dat die Christelike geloof so min krag in die wêreld het. Hierdie dinge is die oorsaak dat die Naam van die Here belaster word.MOR 149.2

    Van die apostoliese kerk in die dae toe die heerlikheid van die herrese Heiland op hulle geskyn het, staan geskrywe: “Nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie.” “Want nie-mand onder hulle was behoeftig nie.” “En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal.” “En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood ge-breek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.” Handelinge 4:32, 34, 33; 2:46, 47.MOR 149.3

    In die hemel en op aarde is geen kragtiger waarheid geopen-baar as dié wat geopenbaar word in dade van ontferming teenoor diegene wat ons meegevoel en hulp nodig het nie. Dit is die waarheid soos ons dit in Jesus vind. Wanneer diegene wat die Naam van Christus bely die beginsels van die gulde reël uitleef, sal die evangelie dieselfde krag hê as in die tyd van die apostels.MOR 149.4