Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK DRIE-EN-DERTIG—JOSUA EN DIE ENGEL

    (Deel V, bls. 467-476.)

    As die sluier wat die sigbare van die onsigbare skei kon opgelig word, en die volk van God die groot stryd oor die saligheid van die mens kon sien wat woed tussen Christus en die heilige engele aan die eenkant, en Satan en sy bose leërskare aan die anderkant; as hulle die groot werk van God kon besef vir die redding van siele uit die slawerny van die sonde, asook die openbaring van Sy krag wat hulle beskerm van die haat van die bose magte, sou hulle in ‘n beter posisie wees om die liste van Satan te weerstaan. Hulle sou onder ‘n diep indruk kom van die belangrikheid en uitgestrektheid van die groot verlossingsplan, asook van die belangrikheid van hulle werk as medewerkers van Christus. Dit sou hulle nederig maak, en die feit dat die ganse hemel belang stel in hulle saligheid sou hulle bemoedig.UG1 222.1

    ’n Treffende voorbeeld van die werk van Satan en die werk van Christus, en van die krag van ons Middelaar om die aanklaer van Sy volk te verstaan, word geopen* baar in die profesie van Sagaria. In ‘n gesig het die profeet die hoëpriester, Josua gesien, gekleed in “vuil klere.” Josua het voor die Engel van die Here gestaan en om genade gesmeek vir sy volk wat swaar beproef was. Satan het aan sy regter sy gestaan om hom te weerstaan. Omdat Israel die uitverkore volk van God was om die kennis van God op die aarde te bewaar, was hulle van die begin af deur Satan gehaat en hy was vasbeslote om hulle uit te roei. Solank as hulle aan God gehoorsaam was, kon hy hulle geen kwaad doen nie; daarom het hy al sy kragte en liste aan die dag gelê om hulle tot die sonde te verlei. Deur sy versoekings verstrik, het hulle die wet van God oortree en hulle dus van die Bron van hulle krag geskei, en hulle het die prooi geword van hulle heidense vyande. Hulle is gevanklik weggevoer na Babilon en daar het hulle vir baie jare gebly. Maar nogtans het die Here hulle nie verlaat nie. Hy het Sy profete na hulle gestuur met bestraffings en waarskuwings. Die volk is wakker gemaak en hulle het hulle sondes besef; hulle het hulle voor God verootmoedig en hulle tot Hom bekeer. Toe het die Here bemoedigende boodskappe aan hulle gestuur en verklaar dat Hy hulle uit hulle gevangenis sou verlos en hulle weer in Sy guns sou herstel. En dit wou Satan ten alle koste verhoed. ‘n Gedeelte van die volk het reeds teruggekeer na hulle eie land, en Satan was besig om die heidense volke, wat handlangers van hom was, op te hits om die Israeliete te verdelg.UG1 222.2

    Terwyl Josua in ootmoed gepleit het dat God Sy beloftes moes gestand doen, het Satan hom heftig weerstaan. Hy het gewys op die oortredings van Israel as ‘n rede waarom die volk nie in die guns van God sou herstel word nie. Hy het aanspraak gemaak op hulle as sy prooi en hy het daarop aangedring dat hulle aan hom moes oorgelewer word sodat hy hulle kon vernietig.UG1 223.1

    Die hoëpriester kon homself en sy volk nie verdedig teen die beskuldigings van Satan nie. Hy het nie aangevoer dat Israel sonder skuld was nie. Hy het voor die engel gestaan in sy vuil klere wat die sondes van sy volk voorgestel het, as hulle verteenwoordiger. Hy het hulle sondes bely, maar ook daarop gewys dat hulle hulle verootmoedig en bekeer het; hy het staatgemaak op die barmhartigheid van ‘n vergewensgesinde Verlosser, asook op die beloftes van God.UG1 223.2

    Toe het die Engel, wat Christus self was, die Verlosser van sondaars, die aanklaer van die volk stilgemaak, en gesê: “Mag die Here jou bestraf, o Satan! Ja mag die Here, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie ‘n stuk brandhout wat uit die vuur geruk is nie?” Lank was Israel in die beproewingsvuur; weens hulle sonde was hulle byna verteer in die vuur wat Satan en sy handlangers aangesteek het om hulle te verdelg; maar nou het die Here Sy arm uitgestrek om hulle te verlos. In hulle berou en verootmoediging sou die Heiland nie Sy volk oorlaat aan die wrede heidense mag nie. “’n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ‘n lamppit wat rook sal Hy nie uitblus nie.”UG1 223.3

    Nadat Josua se gebed verhoor is, is die bevel gegee: “Neem die vuil klere van hom weg,” en aan Josua het die engel gesê: “Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere.” “En hulle het die rein tuband op sy hoof gesit en hom die klere aangetrek.” Sy eie sondes en die van sy volk is vergewe. Israel is gekleed met feesklere — d.w.s die geregtigheid van Christus is vir hulle toegereken. Die tulband wat op Josua se hoof geplaas is, was soos die wat deur die priesters gedra is, en daarop het gestaan “Heilig aan die Here;” dit het beteken dat hy, nieteenstaande sy vorige oortredings, nou geskik was om voor God op te tree in Sy heiligdom.UG1 224.1

    Nadat die priesterlike gewaad vir Josua aangetrek is, het die Engel gesê: “So sê die Here van die leërskare: As jy in My weë wandel en My verordeninge onderhou, dan sal jy My huis bestuur sowel as My voorhowe bewaak, en Ek sal jou vrye toegang verleen onder diegene wat hier staan.” Hy sou vereer word as die regter of owerste oor die tempel en sy dienste; hy sou onder die diensdoende engele wandel, selfs in hierdie lewe, en eindelik sou hy staan onder die verheerlikte skare voor die troon van God.UG1 224.2

    “Luister tog, o Josua, jy wat die hoëpriester is, jy en jou vriende wat voor jou sit — ja sinnebeelde is hulle. Want kyk, Ek sal My kneg, die Spruit, laat kom!” Hier word die Hoop van Israel geopenbaar. Dit was deur geloof in die komende Verlosser dat Josua en sy volk vergifnis ontvang het. Deur geloof in Christus is hulle in die guns van God herstel. Deur Sy verdienstes, en as hulle in Sy weë sou wandel en Sy verordeninge sou bewaar, sou hulle sinnebeeldewees onder die volke van die aarde deur die Hemel uitverkore en geëer. Christus was hulle hoop, hulle verdediging, hulle regverdigmaking en hulle verlossing, net soos Hy ook die hoop van die kerk vandag is.UG1 224.3

    Net soos Satan Josua en sy volk beskuldig het, so het hy ook deur die eeue heen diegene beskuldig wat die genade en guns van God gesoek het. In die boek Openbaring word hy die “aanklaer van die broeders” genoem, “wat hulle aanklaag voor God dag en nag.” Die stryd word herhaal oor elke siel wat uit die mag van die bose gered is en wie se naam in die boek van die lewe van die Lam geskryf is. Nooit gaan daar een uit die gesin van Satan na die gesin van God oor, sonder heftige teenstand van die kant van die Bose nie. Dis nie omdat hulle sondes hom mishaag dat Satan diegene aankla wat die aangesig van die Here soek nie. Hy verbly hom oor die gebreke in hulle karakters. Dit is alleen deur oortreding van Gods wet dat hy mag oor hulle kan kry. Hy maak sy aanklagte alleen omdat hy vyandig gesind is teenoor Christus. Deur die verlossingsplan is Christus besig om die mag van Satan oor die mensdom te verbreek en siele te verlos. Namate hy die oppermag van Christus sien, word al die haat en kwaadwilligheid van Satan opgewek en met helse listigheid en krag probeer hy om die oorblyfsel onder die mense wat die saligheid aangeneem het, van Christus af weg te ruk.UG1 225.1

    Hy lei die mense tot ongeloof sodat hulle hulle vertroue in God verloor en hulle afskei van Hom; hy verlei hulle om Gods wet te oortree, en dan neem hy hulle as sy gevangenes en betwis hy die reg van Christus om hulle van hom te verlos. Hy weet goed dat diegene wat ernstig smeek om genade en vergifnis dit sal ontvang, en daarom hou hy hulle sondes voor hulle om hulle te ontmoedig. Hy soek gedurig iets teen diegene wat trag om God te gehoorsaam. Hy probeer om selfs hulle beste en aanneemlikste dienste as bedorwe voor te stel. Deur allerhande slim en listige planne probeer hy om hulle veroordeling te bewerk. Alleen kan die mens hom nie teen hierdie aanklagte verdedig nie. In sy deur sonde besoedelde klere en met ‘n belydenis van sy skuld staan hy voor God. Maar ten behoewe van almal wat in berou en geloof hulle siele aan Sy sorg toevertrou het, lewer Jesus ‘n pleidooi wat hulle verlossing kan bewerkstellig. Hy bepleit hulle saak en oorwin die aanklaer deur die magtige argumente van Golgota. Sy volkome gehoorsaamheid aan Gods wet, ja selfs tot die dood toe, gee aan Hom alle mag in hemel en op aarde, en Hy maak aanspraak op Sy Vader se genade en versoening ten behoewe van die skuldige mensdom. Aan die aanklaer van Sy volk sê Hy: “ ,Mag die Here jou bestraf, o Satan.’ Hulle is deur My bloed gekoop, stukke brandhout wat uit die vuur geruk is.” En diegene wat in geloof op Hom vertrou, ontvang die versekering, “Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere.” Almal wat die kleed van Christus se geregtigheid aangetrek het, sal voor Hom staan as uitverkore, waaragtig en getrou. Satan het geen mag om hulle uit die hand van Christus te ruk nie. Christus sal nie toelaat dat een siel wat in ware bekering en geloof aanspraak maak op Sy beskerming, in die mag van die vyand val nie. Hy het Sy woord in pand gegee: “Hulle moet My beskutting aangryp, vrede met My maak, vrede met My maak.” Die belofte wat aan Josua gegee is, is aan almal gegee: “As jy in My weë wandel ... sal Ek jou vrye toegang verleen onder diegene wat hier staan.”UG1 225.2

    Engele van God sal aan hulle sy wandel, selfs in hierdie wêreld, en eindelik sal hulle tussen die engele wees wat rondom die troon van God staan.UG1 226.1

    Die feit dat die volk van God voorgestel word in vuil klere, behoort hulle tot ootmoed en selfondersoek te beweeg. Diegene wat waarlik besig is om hulle harte te reinig deur gehoorsaamheid aan die waarheid, sal baie nederig wees. Hoe meer hulle die reinheid van die karakter van Christus besef, hoe sterker sal die drang by hulle wees om gelykvormig te word aan Sy ewebeeld en hoe meer sal hulle hulle gemis aan reinheid en heiligheid besef. Maar terwyl ons ons sondige toestand behoort te besef, behoort ons ons te verlaat op Christus wat ons regverdigmaking, heiligmaking en verlossing is. Ons kan ons nie verdedig teen die beskuldigings van Satan nie. Christus alleen kan ‘n doeltreffende pleidooi ten behoewe van ons lewer. Hy kan die aanklaer stilmaak met argumente wat nie op ons verdienstes nie, maar op Sy verdienstes berus.UG1 226.2

    Maar nooit moet ons tevrede wees met ‘n sondige lewe nie. Die feit dat elke gebrek wat hulle karakter betref en elke puntjie waarin hulle kortskiet om die goddelike peil te bereik, ‘n swakplek is waar Satan kan inkom om hulle te vernietig, behoort Christene yweriger en ernstiger te maak om die sonde te oorwin; en wat meer is, elke swakheid in ons karakters verskaf geleentheid aan die versoeker en sy handlangers om verwyte teen die hoof van Christus te slinger. Ons behoort alle kragte in te span om te oorwin, en ons moet op Jesus vertrou vir krag om te doen wat ons nie in ons eie krag kan doen nie. Geen sonde kan gedoog word in diegene wat eendag saam met Christus in wit klere sal wandel nie. Ons moet die vuil klere uittrek en die kleed van die geregtigheid van Christus aantrek. Deur bekering en geloof sal ons in staat gestel word om al die gebooie van God te gehoorsaam en eendag sonder gebrek voor Hom te staan. Diegene wat eindelik deur God aangeneem sal word, is nou besig om hulle siele te verootmoedig, hulle sondes te bely, en ernstig om genade te bid in die naam van Jesus, hulle Voorspraak. Hulle oë en hulle hoop en geloof is op Hom gevestig, en wanneer die bevel gegee word: “Neem die vuil klere van hulle weg en beklee hulle met feesklere en sit ‘n rein tulband op hulle hoofde,” sal hulle aan Hom al die eer en heerlikheid gee vir hulle verlossing.UG1 227.1

    Die gesig van Sagaria waar hy Josua en die Engel gesien het, is van toepassing op die volk van God in die sluitingsure van die groot versoendag. Die oorblyfselkerk sal groot beproewing moet deurmaak. Diegene wat die gebooie van God en die geloof in Jesus gewaar, sal die woede van die draak en sy leërskare moet verduur. Satan maak aanspraak op die bewoners van die aarde as sy onderdane en hy het beheer oor die afvallige kerke; maar hier is ‘n klein klompie wat sy oppergesag bestry. As hy hulle van die aarde kon verdelg, sou sy oorwinning volkome wees. Net soos hy die heidense volke aangehits het om Israel vanouds te verdelg, sal hy ook die bose magte van die aarde aanvuur om die volk van God te verdelg. Van almal sal gehoorsaamheid aan menslike wette geëis word wat teenstrydig is met die wet van God. Diegene wat getrou aan God en hulle pligte bly, sal bedreig, uitgeskel en verban word. Hulle sal oorgelewer word “deur ouers en broers en bloedverwante en vriende.”UG1 227.2

    Hulle enigste hoop is op die genade van God; hulle enigste beskutting is gebed. Net soos Josua die Engel gesmeek het, sal die oorblyfsel-kerk ook met ‘n verbryselde hart smeek om verlossing deur Jesus hulle Voorspraak. Hulle besef hulle sondes terdee, hulle besef hulle swakhede en onwaardigheid, en waar hulle hulleself aanskou, is hulle klaar om te beswyk. Net soos hy Josua weerstaan het, beskuldig die versoeker hulle ook. Hy wys op hulle vuilklere en gebrekkige karakters. Hy wys op hulle swakhede, dwaashede, hulle ondankbaarheid, en die feit dat hulle nie soos Christus hulle Verlosser is wat deur hulle sondes onteer is. Hy probeer om die siel bang te maak met die gedagte dat alles hopeloos is en dat hy nooit van die besoedeling van die sonde gereinig kan word nie. Hy trag om hulle geloof te vernietig sodat hulle sal toegee aan sy versoekings, hulle trou aan God sal opsê en die merkteken van die dier sal ontvang.UG1 228.1

    Satan wys God op die beskuldigings teen hulle en hy voer aan dat hulle deur hulle sondes die goddelike beskerming verbeur het, en dat hy die reg het om hulle te vernietig as oortreders. Hy voer aan dat hulle net so min geregtig is op die guns van God as hy. “Is hulle,” vra hy, “die mense wat my plek in die hemel moet inneem en die plek van die engele wat aan my kant staan? Het hulle wat voorgee dat hulle die wet gehoorsaam het, dit werklik gehoorsaam? Is hulle nie diegene wat self liewer gehad het as God nie? Het hulle nie hulle eie belange bo die van God gestel nie? Het hulle nie die wêreldse dinge liefgehad nie? Kyk na die sondes wat daar in hulle lewens geopenbaar is. Let op hulle selfsug, hulle kwaadwilligheid en hulle haat teenoor mekaar.”UG1 228.2

    Die volk van God skiet in baie opsigte kort. Satan weet goed watter sondes hy hulle verlei het om te pleeg, en hy stel hulle sondes baie vergroot voor en sê: “Sal God my en my engele van Sy aangesig verban en nogtans hierdies wat aan dieselfde sondes skuldig is, beloon? As U regverdig is, o Here, kan U dit nie doen nie. U troon sal dan nie langer ‘n troon van reg en geregtigheid wees nie. Die geregtigheid eis dat hulle veroordeel sal word.”UG1 228.3

    Maar hoewel die navolgers van Christus gesondig het, het hulle hulle nie aan die oorheersing van die bose oorgegee nie. Hulle het hulle sondes versaak en met verbryselde en ootmoedige harte die aangesig van die Here gesoek, en die goddelike Voorspraak het ten behoewe van hulle opgetree. Hy wat hulle ondankbaarheid en sondes ken, maar ook hulle berou en bekering gesien het, antwoord: “ ,Mag die Here jou bestraf, o Satan.’ Ek het My lewe vir hierdie siele gegee. Hulle is in My hande ingegraveer.”UG1 229.1

    Die aanvalle van Satan is heftig, sy verleidings is listig, maar die oog van die Here is oor Sy volk. Hulle beproewing is groot en dit skyn asof die vlamme van die beproewingsvuur hulle sal verteer; maar Jesus sal hulle daaruit bring soos gelouterde goud. Hulle aardsgesindheid moet verteer word sodat hulle die volmaakte beeld van Christus kan weerkaats; alle ongeloof moet oorwin word en hoop en lydsaamheid moet ontwikkel word.UG1 229.2

    Die volk van God ween en sug weens die sondes van die land. Met trane waarsku hulle die goddelose teen die gevaar om die wet van God te vertree, en in onuitspreeklike droefheid verootmoedig hulle hulleself voor die aangesig van die Here weens hulle eie sondes. Die goddelose dryf die spot met hulle droefheid en hulle smeekbedes, en verag hulle omdat hulle meen dat dit ‘n bewys van swakheid is. Maar die sieleangs van Gods volk is ‘n bewys dat hulle die krag en edelheid wat hulle as gevolg van die sonde verloor het, weer herwin. Dit is omdat hulle nader aan Christus kom en Sy volmaakte reinheid sien, dat hulle so ‘n heldere besef het van die uitermate sondigheid van die sonde. Hulle verbryseling en selfveragting is baie aanneemliker by God as die eiegeregtrotse gees van diegene wat geen nodigheid sien om te ween nie, wat die nederigheid van Christus verag, en wat meen dat hulle volmaak is terwyl hulle oortreders is van Gods heilige wet. Sagmoedigheid en nederigheid is die voorwaardes van krag en oorwinning. Daar wag ‘n kroon van heerlikheid vir diegene wat hulle aan die voet van die kruis neerbuig. Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.UG1 229.3

    Diegene wat gelowig is en bid, is as’t ware met God opgesluit. Hulle weet hoe veilig hulle beskutting is. Aangevuur deur Satan, soek die regeerders van hierdie wêreld om hulle om die lewe te bring; maar as hulle oë kon geopen word soos die van Elisa se kneg by Dotan, sou hulle sien dat die engele van God ‘n laer trek rondom Sy kinders, en deur hulle skitterende heerlikheid die magte van die duisternis terugdryf.UG1 230.1

    Namate die volk van God hulle siele voor Hom verootmoedig en bid om reinheid van hart, word die bevel gegee: “Neem die vuil klere van hulle weg. . . . Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere.” Die beproefde, versogte, dog getroue kinders van God, word beklee met die vlekkelose kleed van die geregtigheid van Christus, om nooit meer deur die sondes van die aarde besoedel te word nie. Hulle name word behou in die Lam se boek van die lewe, saam met die name van die getroues van alle eeue. Hulle het die liste van die verleier weerstaan; die gebrul van die draak het hulle nie ontrou gemaak aan God nie. Nou is hulle vir ewig veilig van die versoeker se liste. Hulle sondes word geplaas op die een wat verantwoordelik is vir alle sondes, en die oorblyfsel is nie alleen vergewe en aangeneem nie, maar hulle word ook geëer. ‘n Rein tulband is op hulle hoofde geplaas. Hulle word konings en priesters van God. Terwyl Satan besig is om hulle te beskuldig en trag of hulle te vernietig, gaan daar onsigbare engele heen en weer wat hulle verseël met die seël van die lewende God. Dit is hulle wat op die berg Sion sal staan, saam met die Lam, en met die Vader se naam op hulle voorhoofde geskrywe. Voor die troon sing hulle ‘n nuwe lied, daardie lied wat niemand kan leer behalwe die honderd vier-enveertig duisend wat gekoop is van die aarde af nie. “Dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam. En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van God.”UG1 230.2

    Die volgende woorde van die Engel aan Josua is nou ten voile vervul: “Luister tog, o Josua, jy wat die hoëpriester is, jy en jou vriende wat voor jou sit — ja sinnebeelde is hulle. Want kyk, Ek sal My kneg, die Spruit, laat kom!” Christus word geopenbaar as die Redder en Verlosser van Sy volk. Nou is die oorblyfsel waarlik “sinnebeelde,” en die trane en vernedering van hulle pelgrimstog is verander in vreugde en eer in die teenwoordigheid van God en die Lam.UG1 231.1

    “In dié dag sal die Spruit van die Here wees tot sieraad en heerlikheid, en die vrug van die land tot hoogheid en versiering vir die vrygeraaktes van Israel. En wie in Sion oorgebly het en gespaar is in Jerusalem, dié sal heilig genoem word, elkeen wat onder die lewendes opgeskrywe is in Jerusalem —.”UG1 231.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents