Go to full page →

“n Antwoord op Christus se Cebed om Eenheid GF 60

Die Kerk sal nooit die plek bereik wat God verlang dit moet bereik voordat dit ‘n band van meegevoel met sendingwerkers gesmee het nie. Nooit kan die eenheid waarom Christus gebid het, bestaan voordat geestelikheid in sendingwerk uiting vind en die Kerk ‘n middel word om sendingwerk te ondersteun nie. Die pogings van die sendelinge sal nie hulle oogmerke bereik nie voordat gemeentelede aan die tuisfront bewys lewer, nie net in woord nie, maar ook in daad, dat hulle die verpligting besef wat op hulle rus om hierdie sendelinge hulle hartelike steun te verleen. GF 60.2

God vra om werkers. Persoonlike optrede is nodig. Maar bekering moet eerste kom; om die redding van ander na te streef, volg hieróp. -R. & H.,10 Sept.1903. GF 60.3