Go to full page →

Geestelike Voorspoed En Christelike Vrygewigheid GF 61

In die Naam van die Here, smeek ek my broeders en susters om in hierdie krisisuur van ons werk die Here te kom help, om die Here teen die magtige te help. Om van die Here terug te hou, gaan altyd met ‘n vloek gepaard. Geestelike voorspoed hou ten nouste verband met Christelike vrygewigheid. Die enigste verheffing waama u moet smag, is om die Goddelike vrygewigheid van die Verlosser na te volg. U het die kosbare versekering dat u skat u na die hemelse wonings vooruitgaan. GF 61.5

Wil u seker maak dat u eiendom veilig is? Plaas dit in die hand wat die wondmerke van die kruisiging dra. Weerhou alles in u besit en dit sal vir u ewige verlies beteken. Gee dit aan God, en van daardie oomblik af dra dit Sy stempel. Dit is met Sy onveranderlikheid verseël. Wil u die genot van u besittings smaak? Gebruik dit dan om die noodlydendes te seën. Wil u nog meer besit? “Vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van jou inkomste; dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.” GF 61.6