Go to full page →

Beplan as ‘n GrootSeëning GF 67

Die spesiale tiendestelsel is gebaseer op ‘n beginsel wat net so blywend is soos die wet van God. Hierdie stelsel het die Jode tot seën gestrek; anders sou God dit nie aan hulle gegee het nie. So sal dit tot aan die einde van die tyd ‘n seën wees vir diegene wat dit toepas. Ons hemelse Vader het nie die plan van stelselmatige offergawes tot stand gebring om Homself te verryk nie, maar om die mens tot groot seën te strek. Hy het gesien dat die mens hierdie stelsel van milddadigheid nodig het.-3T 404,405. GF 67.4