Go to full page →

Geen Las Nie, Behalwe vir die Ongehoorsame GF 73

Die Skrif verwag van Christene om ‘n plan van aktiewe weldadigheid te volg, wat ‘n voortdurende belang in die redding van hul medemens aan die gang sal hou. Die sedewet vereis die onderhouding van die Sabbat, wat nie ‘n las was nie, behalwe toe die wet oortree is en hulle moes ly onder die straf wat op die verbreking daarvan gevolg het. Die tiendestelsel was ook geen las vir diegene wat nie van die plan afgewyk het nie. Die stelsel wat die Hebreërs beveel is om na te kom, is nie afgeskaf of verslap deur die Een wat dit tot stand gebring het nie. In stede daarvan dat dit nou nie van toepassing is nie, moes dit meer volkome uitgevoer en verbrei word, omdat verlossing deur Christus alleen in die Christelike tydperk meer ten volle aan die lig gebring moet word. -3T 391,392. GF 73.1