Go to full page →

Gelyk aan God DBo 26

Christus het na die wêreld gekom om die karakter van die Vader te openbaar en om die gevalle mensdom te verlos. Die wêreld se Verlosser was gelyk aan God. Sy gesag was soos die gesag van God. Hy verklaar dat Hy geen bestaan apart van die Vader het nie. Die gesag waarmee Hy gepraat het en wonderwerke gedoen het, was uitsluitlik Sy eie, tog verseker Hy ons dat Hy en die Vader een is. [R&H Jan.7,1890 (2:355)] DBo 26.4

Christus was ‘n ware mens en Hy het bewys gelewer van Sy nederigheid deur mens te word... en Hy was God in die vlees. [SDABC 7:904] DBo 26.5