Go to full page →

'n Les van Vertrone Op 117

“Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee ... en laat die visse van die see jou vertel.””Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë.””Kyk na die voëls.”” Kyk na die kraaie.” Job 12:7,8; Spreuke 6:6; Matthéus 6:26; Lukas 12:24. Op 117.2

Ons moet nie aan die kind net van hierdie geskape wesens van God vertel nie. Die diere self moet sy onderwysers wees. Die miere leer lesse van geduldige vlyt, van deursettingsvermoë om struikelblokke te oorkom, van voorsorg vir die toekoms. En die voëls is leermeesters van die soete les van vertroue. Ons hemelse Vader sorg vir hulle; maar hulle moet die kos insamel, hulle moet hul neste bou en hul kleintjies grootmaak. Elke oomblik is hulle blootgestel aan vyande wat probeer om hulle te vernietig. En tog hoe blymoedig doen hulle hul werk! hoe vreugdevol is hulle liedjies nie! Op 117.3

Hoe pragtig is die psalmdigter se beskrywing van Gods sorg vir die voëls en diere van die woud - Op 118.1

“Die hoë berge is vir die steenbokke,
die rotse is ‘n skuilplek vir die dasse” Op 118.2

Psalm 104:18,

Hy stuur die fonteine om tussen die rantjes deur te loop, waar die voëls hul woonplek het en “tussen die takke uit” hul stem laat hoor. Psalm 104:12. Al die diere van die bosse en heuwels is ‘n deel van Sy groot gesin. Hy maak Sy “hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae,“Psalm 145:16. Op 118.3

Diearend vandie Alpe word somtydsdeurdiestorm wind in diesmal bergengtes ingedryf. Stormwolke sluit hierdie magtige bosvoël in en hul donker massa skei haar van die songedrenkte hoogtes waar sy haar tuiste gemaak het Haar pogings om te ontsnap, lyk vrugteloos. Sy skiet heen en weer, klap in die lug met haar kragtige vlerke en wek die weerklank van die berge met haar geroep. Uiteindelik, met ‘n triomfkreet, skiet sy opwaarts, dring deur die wolke en daar is sy weer in die helder sonlig met die duisternis en storm ver benede. So is ons miskien deur moeilikhede, ontmoediging en duisternis omring. Valsheid, rampspoed, onreg sluit ons in. Daar is wolke wat ons nie kan verdryf nie. Ons stry tevergeefs teen omstandighede. Daar is een en net een, uitvlug. Die miswolke en newels kleef aandie aarde; bokant die wolke skyn Gods lig. Tot in die sonlig van Sy teenwoordigheid kan ons styg, op die wieke van geloof. Op 118.4

Menigvuldig is die lesse wat so geleer kan word. Selfstandigheid, van die boom wat alleen op die vlakte of die berghang groei en sy wortels diep in die aarde laat indring en met sy stoere krag die storm trotseer. Die mag van vroeë invloed, van die knoetserige, vormlose stam, wat as jong boompie gebuig is en waaraan geen aardse mag later sy verlore simmetrie kan herstel nie. Die geheim van ‘n heilige lewe, van die waterlelie, wat op die boesem van die een of ander slymerige poel, deur onkruid en vullis omring, sy buisvormige stam laat afskiet na die suiwer sand benede en, deur daaruit sy lewe te put, sy geurige bloeisels in vlekkelose skoonheid na die lig verhef. Op 119.1

Terwyl die kinders en jongmense ‘n feitekennis van onderwysers en uit handboeke verkry, laat hulle so leer om self lesse af te lei en waarheid te bespeur. Ondervra hulle, tydens hul tuinbou, oor wat hulle uit die versorging van hul plante leer. Terwyl hulle ‘n lieflike landskap aanskou, vra hulle waarom God die veld en woude met sulke pragtige en afwisselende tinte geklee het. Waarom is dit nie alles ‘n somber bruin gekleur nie? Wanneer hulle die blomme pluk, lei hul om te dink waarom Hy vir ons hierdie swerwelinge uit Eden gespaar het. Leer hulle om die bewyse, orals duidelik in die natuur, op te merk van Gods bedagsaamheid jeens ons, die wonderlike aanpassing van alle dinge by ons behoefte en geluk. Op 119.2

Dit is net hy wat in die natuur sy Vader se handewerk erken, wat in die rykdom en skoonheid van die aarde die Vader se handskrif lees - net hy leer uit die natuurdinge hul diepste lesse en ontvang hul hoogste diens. Net hy wat dit as ‘n uitdrukking van Gods gedagte aanskou, ‘n openbaring van die Skepper, kan ten volle die betekenis van berg en dal, rivier en see, begryp. Op 119.3

Baie illustrasies uit die natuur word deur die Bybelskrywers gebruik en namate ons die verskynsels van die natuurlike wêreld opmerk, sal ons, onder die leiding van die Heilige Gees, daartoe in staat wees om meer volkome die lesse van Gods Woord te begryp. Dit is op dié wyse dat die natuur ‘n sleutel word tot die skathuis van die Woord. Op 120.1

Kinders moet aangemoedig word om in die natuur die dinge na te speur wat Bybelleerstellings illustreer en om in die Bybel die vergelykings na te gaan wat uit die natuur geput is. Hulle moet, in die natuur sowel as in die Heilige Skrif, elke ding opspoor wat Christus voorstel en ook die wat Hy aangewend het om waarheid toe te lig. 5odoende kan hulle leer om Hom in boom en druiwestok, in lelie en roos, in son en ster, te sien. Hulle kan leer om Sy stem indie voëlsang, in boomgeruis, in die bulderende donder en seemusiek te hoor. En elke voorwerp in die natuur sal aan hulle Sy kosbare lesse oorvertel. Op 120.2

Vir diegene wat Christus so leer ken, sal die aarde nooit meer ‘n eensame en verlate plek wees nie. Dit sa! hul Vader se huis wees, gevul met die teenwoordigheid van Hom wat eenmaal onder die mense gewoon het. Op 120.3

_______________