Hoofstuk 60— Visioene van Toekomstige Heerlikheid
In die donkerste dae van haar lang konflik met die bose, is aan die kerk van God openbarings van die ewige doel van Jehova gegee. Sy volk word toegelaat om verby die beproewings van die hede te kyk, na die triomf van die toekoms wanneer, nadat die oorlogvoering voltrek is en die verloste volk die Beloofde Land in besit sal neem. Hierdie visioene van toekomstige heerlikheid, visioene wat deur die hand van God geskets word, moet vir Sy kerk van vandag, wanneer die stryd van die eeue vinnig besig is ten einde te loop en die beloofde seëninge binnekort in al hul volheid gaan realiseer, van kosbare waarde wees.DVvPEk 569.1
Die boodskappe van vertroosting wat deur die profete van ouds aan die kerk gegee is, was talryk: “Troos, troos my volk, sê julle God...” (Jes 40:1), was Jesaja se opdrag van God; en saam met hierdie opdrag is wonderlike visioene gegee wat die gelowiges se hoop en vreugde deur al die eeue wat gevolg het was. Deur mense verag, vervolg en verlate, was God se kinders in elke eeu nogtans deur Sy seker beloftes onderhou. In geloof het hulle vooruitgesien na die tyd wanneer Hy die versekering aan sy kerk sal vervul: “Ek [sal] jou maak tot ‘n ewige heerlikheid, ‘n vreugde van geslag tot geslag.” (Jes 60:15)DVvPEk 569.2
Die strydende kerk moet dikwels beproewing en vervolging ly; want die kerk sal nie sonder ernstige konflik seëvier nie. “Die ... brood van benoudheid en water van bedruktheid...” (Jes 30:20) is die algemene lot van almal, maar niemand wat hul vertroue in die magtige Een wat verlos plaas, sal ten volle oorweldig word nie. “Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie en die vlam sal jou nie brand nie. Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. Omdat jy kostelik is in My oë, hooggeag is en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.” (Jes 43:1-4)DVvPEk 569.3
Daar is vergifnis by God; daar is volle en vrye aanvaarding deur die verdienste van Jesus, ons gekruisigde en opgestane Heer. Jesaja het gehoor hoedat die HERE aan sy uitverkorenes verklaar: “Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil en aan jou sondes dink Ek nie. Maak My indagtig; laat ons teen mekaar pleit; vertel jy, dat jy in die gelyk gestel kan word.” “En jy ... sal weet dat Ek, die HERE, jou Heiland is en jou Losser die Magtige van Jakob.” (Verse 25,26;60:16)DVvPEk 570.1
“Hy sal die smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem...” het die profeet verklaar. “En hulle sal genoem word: die heilige volk, die verlostes van die HERE.” Hy het bepaal “...dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die HERE, tot Sy verheerliking.”DVvPEk 570.2
“Ontwaak, ontwaak, beklee jou met sterkte, o Sion,
Trek jou sierlike klere aan, o Jerusalem, heilige stad!
Want in jou sal verder geen
Onbesnedene of onreine meer kom nie.
Skud jou los uit die stof,
Staan op, sit neer, o Jerusalem!
Maak los die bande aan jou hals, o gevangene,
Dogter van Sion!”
“Jy, ellendige, deur storm gejaagde, ongetrooste!
Kyk, Ek lê jou stene in sierklei,
En Ek grondves jou in saffiere; En jou borswerings maak Ek van robyne
En jou poorte van karbonkels
En jou hele ringmuur van edelgesteentes.
En al jou kinders sal deur die HERE geleer wees,
En die vrede van jou kinders sal groot wees.
Deur geregtigheid sal jy bevestig word;
Wees ver van verdrukking, want jy hoef nie bevrees te
wees nie;
En ver van verskrikking, want dit sal nie by jou kom
nie.
As hulle ook die aanval begin — dit is nie uit My nie;
Wie jou aanval, sal oor jou val...
Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig
nie;
En elke tong wat teen jou opstaan in die gereg,
Sal jy weerlê.
Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE
En hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE.”DVvPEk 570.3
(Jesaja 25:8;62:12;61:3;52:1,2;54:11-17)DVvPEk 571.1
Geklee met die wapens van Christus se geregtigheid, sal die kerk in die finale stryd tree. “Mooi soos die maan, rein soos die son, verskriklik soos slagordes met vaandels” (Hoogl 6:10) moet die kerk in die wêreld voortbeweeg, oorwinnend en om te oorwin.DVvPEk 571.2
Die donkerste uur van die kerk se stryd met die magte van die bose sal dié wees wat onmiddellik die dag van haar finale vrylating voorafgaan. Maar niemand wat op God vertrou hoef te vrees nie, want wanneer “...die geblaas van die tiranne is soos ‘n stortreën teen ‘n muur...” sal God vir sy kerk “...’n skuilplek teen die stortreën, ‘n skaduwee teen die hitte...” wees. (Jes 25:4)DVvPEk 571.3
Op daardie dag word verlossing slegs aan die regverdiges belowe. “Die sondaars in Sion bewe, siddering het die roekelose aangegryp. Hulle sê: Wie van ons kan woon by ‘n verterende vuur, wie van ons kan woon by ‘n ewige gloed? Hy wat in geregtigheid wandel en spreek wat reg is, wat gewin deur afpersinge versmaad, wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenk aan te gryp nie, wat sy oor toestop om van geen bloedskuld te hoor nie en sy oë sluit om wat sleg is, nie te sien nie — hy sal op hoogtes woon, rotsvestings is sy burg; sy brood word hom gegee, sy water is gewis” (Jes 33:14-16)DVvPEk 571.4
Die woord van die HERE aan sy getroues is: “Kom, My volk, gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou toe, verberg jou vir ‘n klein oomblik, totdat die grimmigheid verbygaan. Want kyk, die HERE sal uit Sy plek uitgaan om die ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te besoek.” (Jes 26:20,21)DVvPEk 572.1
In die visioene van die groot oordeelsdag is aan die geïnspireerde boodskappers van Jehova blyke gegee van die ontsteltenis van diegene wat onvoorbereid sal wees om hul HERE in vrede te ontmoet.DVvPEk 572.2
“Kyk, die HERE maak die aarde leeg en verwoes dit en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners; ... want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek. Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet... Weg is die vreugde van die tamboeryne, die gedruis van die uitgelate mense hou op, weg is die vreugde van die siter!” (Jes 24:1-8)DVvPEk 572.3
“Ag, die dag! Want naby is die dag van die HERE en hy kom soos ‘n verwoesting van die Almagtige... Die graankorrels het weggekrimp onder hulle kluite, die voorraadkamers is verwoes, die graanbakke afgebreek, want die koring het verdor. Hoe sug die vee! Die troppe beeste is onrustig, want daar is geen weiveld vir hulle nie; ook die troppe kleinvee moet boet.” “Die wingerdstok het verdor en die vyeboom het verwelk; die granaat, ook die palm en die appelboom, al die bome van die land het verdor; want beskaamd is die vreugde, weg van die mensekinders af.” (Joel 1:15-18,12)DVvPEk 572.4
“My hart steun in my...” roep Jeremia uit as hy die verwoesting aanskou wat gedurende die slottonele van die aarde se geskiedenis plaasvind. “Ek kan nie swyg nie; want jy, my siel, het basuingeluid gehoor, oorlogsgeskreeu! Verwoesting op verwoesting word uitgeroep, want die hele land is verwoes” (Jer 4:19, 20).DVvPEk 573.1
“Dan sal die hoogheid van die mense neergebuig,” sê Jesaja van die dag van God se wraak “...en die trotsheid van die manne verneder word; en die HERE alleen sal in dié dag verhewe wees. En die afgode sal geheel en al verdwyn... In dié dag sal die mens sy silwerafgode en sy goue afgode wat hy vir hom gemaak het om voor neer te buig, weggooi vir die molle en die vlermuise; om te gaan in die skeure van die rotse en in die klowe van die kranse vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van Sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.” (Jes 2:17-21)DVvPEk 573.2
Van daardie tye van oorgang, wanneer die trots van die mens verlaag gaan word, getuig Jeremia: “Ek het na die aarde gekyk en dit was woes en leeg; ook na die hemel en sy lig was daar nie. Ek het na die berge gekyk en hulle het gebewe en al die heuwels het geskud. Ek het gekyk en daar was geen mens nie en al die voëls van die hemel het weggevlieg. Ek het gekyk en die land van tuine was ‘n woestyn en al sy stede was afgebreek.” “Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ‘n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.” (Jer 4:23-26;30:7)DVvPEk 573.3
Die dag van toorn teen die vyande van God is die dag van finale verlossing vir sy kerk. Die profeet verklaar:DVvPEk 573.4
“Versterk die slap hande
En maak die struikelende knieë vas.
Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie!
Kyk, julle God kom met wraak, met Goddelike vergelding;
Hy self sal kom en julle verlos.”DVvPEk 573.5
“Hy sal die dood vir ewig vernietig en die HERE HERE sal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van Sy volk van die hele aarde af wegneem; want die HERE het dit gespreek.” (Jes 35:3, 4; 25:8) En soos die profeet die HERE van heerlikheid sien neerdaal met al die heilige engele om die oorblyfsel kerk vanuit die nasies van die aarde te versamel, hoor hy die wagtendes verenig met jubelende uitroepe:DVvPEk 574.1
“Kyk, dit is onse God
Op Wie ons gewag het,
Dat Hy ons kan verlos;
Dit is die HERE
Op Wie ons gewag het:
Laat ons juig en bly wees
Oor Sy hulp.”DVvPEk 574.2
(Jesaja 25:9)
Soos die stem van die Seun van God wat die slapende heiliges oproep en soos die profeet hulle aanskou terwyl hulle uit die gevangenis van die dood voortkom, roep hy uit: “U dode sal herlewe, my lyke sal opstaan. Waak op en jubel, julle wat in die stof woon! Want U dou is ‘n dou van die lig en die aarde sal aan skimme die lewenslig skenk.”DVvPEk 574.3
“Dan sal die oë van die blindes geopen
en die ore van die dowes ontsluit word.
Dan sal die lamme spring soos ‘n takbok,
en die tong van die stomme sal jubel.”DVvPEk 574.4
(Jesaja 26:19;35:5,6)
In die visioene van die profeet word diegene wat oor die sonde en die graf geseëvier het, nou gelukkig gesien in die teenwoordigheid van hulle Maker en hulle het vrylik met Hom gekommunikeer, soos wat die mens heel in die begin met God gekommunikeer het. “Maar wees julle bly...” versoek die HERE hulle “...en juig vir ewig oor wat Ek skep; want kyk, Ek skep Jerusalem om te juig en sy mense om bly te wees. En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor My volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie.” “En geen inwoner sal sê: Ek is siek nie; aan die mense wat daarin woon, is die skuld vergewe.”DVvPEk 574.5
“Want in die woestyn breek waters uit
En strome in die wildernis.
En die gloeiende grond sal ‘n waterplas word,
En die dorsland fonteine van water.”
“Vir ‘n doringboom sal ‘n sipres opgaan;
Vir ‘n distel sal ‘n mirteboom opgaan.”
“En dáár sal ‘n grootpad wees
En ‘n weg wat die heilige weg genoem sal word;
Geen onreine sal daarop voorttrek nie,
Maar vir húlle sal dit wees;
Wie die weg bewandel — selfs die dwase sal nie dwaal
nie.”DVvPEk 575.1
“Spreek na die hart van Jerusalem en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is, dat sy uit die hand van die HERE dubbel ontvang het vir al haar sondes.” (Jes 65:18,19;33:24; 35:6,7; 55:13;35:8;40:2)DVvPEk 575.2
Soos die profeet aanskou hoedat die verlostes die Stad van God bewoon, vry van sonde en alle tekens van die vloek, roep hy in vervoering uit: “Wees bly saam met Jerusalem en juig oor haar, almal wat haar liefhet! Wees vrolik saam met haar, baie vrolik, almal wat oor haar treurig gewees het!”DVvPEk 575.3
“Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie —
Van geen verwoesting of verbreking in jou
grondgebied nie; Maar jy sal jou mure Heil noem
En jou poorte Lof.
Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie,
En as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie;
Maar die HERE sal vir jou wees ‘n ewige lig,
En jou God sal jou sieraad wees.
Jou son sal nie meer ondergaan nie,
En jou maan nie kleiner word nie;
Want die HERE sal vir jou wees ‘n ewige Lig,
En die dae van jou treurigheid is verby.
En jou volk sal almal regverdiges wees,
Vir ewig sal hulle die land besit
As lote deur My geplant,
’n Werk van My hande,
Tot My verheerliking.”DVvPEk 575.4
(Jesaja 66:10;60:18-21)
Die profeet het die klank van musiek en gesang daar en gehoor; musiek en sang soos, behalwe in die visioene van God, geen sterflike oor gehoor of verstand kon bedink nie. “Die losgekooptes van die HERE sal teruggaan en na Sion kom met gejubel en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg.” “Vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere.” “En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou!” “Hulle daar hef hul stem op, hulle jubel; vanweë die majesteit van die HERE juig hulle.” (Jes 35:10;51:3; Ps 87:7; Jes 24:14)DVvPEk 576.1
Op die nuwe aarde sal die verlostes betrokke raak in die werk en vreugde wat aan Adam en Eva aan die begin soveel vreugde besorg het. Die Eden-lewe sal gelewe word, die lewe in tuin en veld. “En hulle sal huise bou en bewoon en wingerde plant en die vrug daarvan eet: hulle sal nie bou dat ‘n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ‘n ander dit eet nie; want die dae van My volk sal wees soos die dae van die bome en My uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet.” (Jes 65:21,22)DVvPEk 576.2
Daar sal alle krag ontwikkel word en alle vermoëns toeneem. Die grootste ondernemings sal uitgevoer word, die hoogste aspirasies bereik word en die hoogste ambisies verwesenlik word. En steeds sal daar nuwe hoogtes wees om te bereik, nuwe wonders om te bewonder, nuwe waarhede om te begryp en vars voorwerpe vir studie om die vermoëns van die liggaam, siel en gees te prikkel.DVvPEk 577.1
Die profete aan wie hierdie wonderbaarlike tonele geopenbaar is, wou graag die volle betekenis daarvan begryp. Hulle het “...ondersoek en nagevors en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het... Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat [vir] julle nou aangekondig is.” (1 Pet 1:10-12)DVvPEk 577.2
Vir ons wat op die punt van die vervulling hiervan staan, van watter diep oomblik, watter lewende belang, is hierdie afbakening van die dinge wat kom - gebeure waarvoor, sedert ons eerste ouers hul voetstappe van Eden weggedraai het, God se kinders na uitgekyk en op gewag het, verlang en voor gebid het!DVvPEk 577.3
Mede-pelgrim, ons is steeds te midde die skadu’s en woelinge van aardse aktiwiteite; maar binnekort sal ons Heiland verskyn om verlossing en rus te bring. Laat ons in geloof die geseënde hiernamaals, soos deur God se hand geskilder, aanskou. Hy wat vir die sondes van die wêreld gesterf het, open die paradys se poorte vir almal wat in Hom glo. Binnekort gaan die stryd verby en die oorwinning behaal wees. Binnekort sal ons Hom sien op Wie al ons hoop vir ‘n ewige lewe gevestig is. En in Sy teenwoordigheid sal al die beproewings en lyding van hierdie lewe as nietig beskou word. “Aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie.” “Werp dan julle vrymoedigheid, wat ‘n groot beloning het, nie weg nie. Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry. Want nog ‘n klein tydjie en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie.” “Israel word verlos ... met ‘n ewige verlossing; julle sal nie beskaamd staan of in die skande kom tot in alle ewigheid nie.” (Jes 65:17; Heb 10:35-37; Jes 45:17)DVvPEk 577.4
Kyk op, kyk op en laat u geloof voortdurend toeneem. Laat hierdie geloof u langs die smal pad, wat deur die poorte van die stad na die ewige hiernamaals, die wye, onbeperkte toekoms van heerlikheid wat vir die verlostes bestem is, lei. “Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die HERE. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het. Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die HERE is naby.” (Jak 5:7,8)DVvPEk 578.1
Die nasies van die wat gered is, sal geen ander wet as die wet van die hemel ken nie. Almal sal een gelukkige, verenigde gesin wees, geklee in die gewaad van lof en danksegging. Oor hierdie toneel sal die môresterre saamsing en die seuns van God sal juig, terwyl God en Christus saam sal verkondig: “Daar sal nooit weer sonde en nooit meer dood wees nie.”DVvPEk 578.2
“En elke maand op die nuwemaan en elke week op die Sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor My aangesig, sê die HERE.” “En die heerlikheid van die HERE sal geopenbaar word en alle vlees tesame sal dit sien.” “Die HERE HERE [sal] geregtigheid en lof laat uitspruit voor die oog van al die nasies.” “In dié dag sal die HERE van die leërskare wees tot ‘n sierlike kroon en ‘n pragtige krans vir die oorblyfsel van Sy volk.”DVvPEk 578.3
“Want die HERE vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van die HERE.” “Die heerlikheid van die Líbanon is aan hom gegee, die sieraad van Karmel en Saron.” “Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: My welbehae en jou land: die getroude... Want soos ‘n jonkman ‘n jongedogter trou, so sal jou kinders jou trou; en soos die bruidegom bly is oor die bruid, sal jou God oor jou bly wees. “(Jes 66:23;40:5;61:11;28:5;51:3; 35:2; 62:4, 5)DVvPEk 578.4