Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Stryd - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 2—Vervolging In Die Eerste Eeue

    TOE Jesus die lot van Jerusalem en die tonele van Sy tweede koms aan Sy dissipels geopenbaar het, het Hy ook die wedervarings van Sy volk voorspel, van Sy hemelvaart tot by Sy wederkoms in krag en heerlikheid om hulle te verlos. Van die Olyfberg het die Heiland die storms gesien wat die apostoliese kerk sou tref; en waar Hy nog dieper in die toekoms gekyk het, het Sy oë die verwoestende storms gesien wat sou woed teen Sy navolgers in die komende eeue van duisternis en vervolging. In ‘n paar kort sinne van die grootste betekenis, het Hy die beker voorspel wat die regeerders van hierdie wêreld aan die kerk van God sou gee om te drink. (Matt. 24: 9, 21, 22.) Die navolgers van Christus sou dieselfde weg van vernedering, verwyt, en lyding bewandel as hulle Meester. Die vvandigheid wat teen die verlosser van die wereld losgebars het, sou ondervind word deur almal wat in Sy naam glo.GS 43.1

    Die geskiedenis van die vroeë kerk het die waarheid bewys van die Heiland se woorde. Die magte van die aarde en die hel het teen Christus opgetree deur Sy navolgers te vervolg. I’aganisme het besef dat as die evangelie die oorwinning sou behaal, sy tempels en altare weggeveeg sou word; daarom het hy al sy kragte aangemonster om die Christendom te vernietig. Die vuur van vervolging is aangesteek. Christene is beroof van hulle besittings, en is van hulle huise verdryf. Hulle het ..groot lydensworsteling deurstaan.” Heb. 10: 32. Hulle moes ..die proef van bespottinge en geselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis. Heb. 11: 36. Menigtes het hulle belydenis verseël met hulle bloed. Edelman en slaaf, ryk en arm, geleerd en ongeleerd, almal is sonder genade om die lewe gebring.GS 44.1

    Hierdie vervolgings, wat ‘n aanvang geneem het onder Nero omtrent die tyd toe Paulus die marteldood gesterf het, het vir eeue met minder of meerder woede voortgeduur. Christene is vals beskuldig van die vreeslikste misdade, en hulle is beskuldig dat hulle die oorsaak was van die groot rampe soos hongersnood, pessiektes en aardbewings. Hulle was die voorwerpe van haat en agterdog, en nuusdraers was altyd gereed om vir geld onskuldiges te verraai. Hulle is veroordeel as oproermakers teen die ryk, as vyande van die godsdiens, en as ‘n pes vir die samelewing. Menigtes is vir wilde diere gegooi of lewendig verbrand in die amfiteaters. Sommige is gekruisig; ander is bedek met die velle van wilde diere en in die arena geplaas om deur honde verskeur te word. Hulle straf het dikwels gedien as die vernaamste vermaaklikheid op openbare feesdae. Groot skares het saamgedrom om die toneel te aanskou, en hulle het die doodsangs van die Christene met gelag en gejuig aanskou.GS 44.2

    Waar hulle ookal skuiling gesoek het, is daar op die Christene jag gemaak soos op roofdiere. Hulle is geforseer om skuiling te soek in verlate en eensame plekke. “Hulle het gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel — die wêreld was hulle nie werd nie hulle het in woestyne rondgedwaal en op berge en in spelonke en skeure in die grond.” Heb. 11: 38. Die katakombes het skuiling verleen aan duisende. Onder die berge buitekant die stad van Rome, is lang gange gegrawe deur die grond en rotse; hierdie donker en ingewikkelde netwerk het vir myle gestrek buitekant die stadsmure. In hierdie ondergrondse skuilplekke het die navolgers van Christus hulle dode begrawe; en hier ook, wanneer hulle verdink of in die ban gedoen is, het hulle skuiling gevind. Wanneer die Lewegewer eendag diegene opwek wat die goeie stryd gestry het, sal menige martelaar wat gesterf het vir die ontwil van Christus, voortkom uit hierdie donker plekke.GS 44.3

    Onder die kwaaiste vervolging, het hierdie getuies van Jesus hulle geloof onbevlek bewaar. Hoewel hulle beroof is van alle geriewe. opgesluit weg van die sonlig, en hulle in die donker maar vriendelike skoot van die aarde ‘n tuiste moes vind, het hulle nooit gekla nie. Met woorde van geloof, lydsaamheid, en hoop, het hulle mekaar bemoedig om die ontbering en ellende te verdra. Die verlies van alle aardse seëninge kon hulle nie dwing om hulle geloof in Christus op te gee nie. Versoekings en vervolgings was slegs dinge wat hulle nader gebring het aan hulle rus en hulle loon.GS 45.1

    Soos Gods diensknegte vanouds is vele van hulle gefolter, en ..hulle wou geen bevryding aanneem nie om ‘n beter opstanding te kan verkry.” Heb. 11: 35. Hulle het gedink aan die woorde van hulle Meester, wat gest* het dat as hulle vervolg word vir Sy ontwil, moes hulle bly wees omdat hulle loon in die hemel groot sou wees; want net so ook is die profete voor hulle vervolg. Hulle was bly dat hulle waardig geag is om vir die waarheid te ly; en te midde van die vlamme het daar oorwinningsliedere opgestyg. In geloof na omhoog sienrle, het hulle Christus en engele gesien wat hulle met die grootste belangstelling gadegeslaan en hulle standvastigheid goedgekeur het. ‘n Stem is van die troon van God gehoor, “wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.” Openb. 2: 10.GS 45.2

    Tevergeefs was Satan se pogings om die kerk van Christus deur geweld te vernietig. Die groot stryd waarin die dissipels van Jesus hulle lewens opgeoffer het, het nie opgehou toe die getroue vaandeldraers op hulle poste geval het nie. Deur hulle neerlaag het hulle oorwin. Gods werkers is om die lewe gebring, maar Sy werk het steeds voortgegaan. Die evangelie het steeds uitgebrei. en die getal gelowiges het vermeerder. Dit het deurgedring tot plekke wat onbereikbaar was selfs vir die arend van Rome. Aan die heidense regeerders wat aangedring het op die voortsitting van die vervolging, het n Christen gesê. Julle mag “ons doodmaak, ons martel, ons veroordeel . . . julle onregverdigheid is bewys van ons onskuld . . . en julle wreedheid ... sal julle niks help nie.” Die vervolging het slegs gedien as ‘n sterker uitnodiging om ander tot die geloof oor te haal. “Hoe meer julle ons afmaai, hoe meer sal ons getalle uitbrei; die bloed van Christene is saad.”—Tertullianus se Apologie, para. 50 (Litgawe T. en T. Clark, 1869).GS 45.3

    Duisende is in die gevangenis gewerp en om die lewe gebring; maar ander het hulle plekke ingeneem. Almal wat vir hulle geloof die marteldood gesterf het, was veilig in Christus, en hulle is deur Hom beskou as oorwinnaars. Hulle het die goeie stryd van geloof gestry, en hulle sal die kroon van die heerlikheid ontvang wanneer Christus kom. Die lyding wat hulle verduur het, het die Christene nader aan mekaar en aan hulle Yerlosser gebring. Hulle lewende voorbeeld en hulle dood was ‘n gedurige getuienis vir die waarheid; en waar dit die minste verwag was, het Satan se onderdane sy diens verlaat en hulle onder die banier van Christus geskaar.GS 46.1

    Om hierdie rede het Satan suksesvoller strydplanne teen die regering van God gemaak, deur sy banier in die Christelike kerk op te rig. As die navolgers van Christus kon bedrieg word, en gelei word om God te mishaag, dan sou hulle krag, volharding, en standvastigheid beswyk, en sou hulle ‘n makliker prooi word.GS 46.2

    Die groot teenstander het nou probeer om deur lis te verkry wat hy nie deur geweld kon verkry nie. Die vervolging het opgehou, en in die plek daarvan is die gevaarlike verloklikheid van tydelike voorspoed en wêreldlike eer gestel. Afgodedienaars is gelei om die Christelike geloof gedeeltelik aan te neem, terwyl hulle sommige van die vernaamste waarhede verwerp het. Hulle het voorgegee om Jesus aan te neem as die Seun van God. en om in Sy dood en opstanding te glo; maar by hulle was daar geen oortuiging van sonde nie, en hulle het geen behoefte gevoel aan bekering en verandering van die hart nie. Met sommige toegewings aan hulle kant, het hulle voorgestel dat die Christene ook toegewings moes maak, sodat hulle almal kon verenig op die platform van geloof in Christus.GS 46.3

    Nou het die kerk in die allergrootste gevaar verkeer. Die gevangenis, marteling, vuur en swaard was seëninge vergeleke hiermee. Sommige van die Christene het vasgestaan, en verklaar dat daar geen kompromis kon wees nie. Ander was ten gunste daarvan om sekere punte van hulle geloof te wysig, en om te verenig met diegene wat die Christelike geloof gedeeltelik aangeneem het; hulle het aangevoer dat dit miskien die middel kon wees tot ‘n volkome bekering. Dit was ‘n tyd van groot angs vir die getroue navolgers van Christus. Onder ‘n dekmantel van Christelikheid, het Satan die kerk op listige wyse binnegedring, om die geloof van die gelowiges te besoedel en hulle harte af te keer van die woord van waarheid.GS 47.1

    Eindelik het meeste van die Christene ingestem om hulle standaard te verlaag. en daar het ‘n vereniging tot stand gekom tussen die Christelike geloof en Paganisme. Hoewel die aanbidders van afgode voorgegee het dat hulle bekeerd was, en by die kerk aangesluit het, het hulle nog vasgehou aan hulle afgodediens met die verskil dat hulle die voorwerpe van hulle aanbidding verander het in beelde van Jesus, en selfs van Maria en die heiliges. Hierdie besoedelende suurdeeg van afgodediens wat in die kerk ge-bring is, het sy verderflike werk voortgesit. Verkeerde leerstellings, rites van bygeloof, en afgodiese seremonies is opgeneem in sy belydenis en godsdiens. Namate die navolgers van Christus verenig het met afgodedienaars, is die Christelike geloof besoedel, en die kerk het sy reinheid en krag verloor. Daar was sommige, egter. wat nie deur hierdie dwalings mislei is nie. Hulle het steeds hulle getrouheid aan die Bewerker van die waarheid gehandhaaf, en God alleen aanbid.GS 47.2

    Die navolgers van Christus was maar altyd in twee klasse verdeel. Terwyl die een klas die lewe van die Heiland bestudeer en ernstig trag om hulle eie lewens in ooreenstemming te bring met die Voorbeeld, verwerp die ander klas die duidelike, praktiese waarhede wat hulle dwalings openbaar. Selfs op sy beste, bestaan die kerk nooit heeltemal uit ware, reine, opregte gelowiges nie. Ons Heiland het geleer dat diegene wat moedswillig die sonde doen nie in die kerk moes opgeneem word nie; maar nogtans het Hy Self manne aangeneem met gebrekkige karakters en hulle die voordeel gegee van Sy leerstellings en voorbeeld, sodat hulle ‘n kans kon he om hulle eie foute te sien en reg te maak. Onder die twaalf apostels was daar ‘n verraaier. Judas is aangeneem. nie om die gebreke in sy karakter nie, maar ten spyte daarvan. Hy was saam met die dissipels, sodat hy deur die onderrig en voorbeeld van Christus, kon leer wat ‘n Christelike karakter is, om sodoende daartoe gebring te word om sy foute te sien. hom te bekeer, en deur goddelike genade sy siel te reinig “deur gehoorsaamheid aan die waarheid.” Maar Judas het nie gewandel in die lig wat so genadiglik op hom geskyn het nie. Deur volharding in die sonde het hy die versoekings van Satan uitgelok. Sy sondige karaktereienskappe het die oorhand gekry. Hy het sy hart gestel onder die beheer van die magte van duisternis, en hy het kwaadgeword toe sy foute bestraf is. Op hierdie manier is hy gelei om daardie vreeslike misdaad te pleeg deur Sy Meester te verraai. So ook haat almal wat boosheid koester onder ‘n dekmantel van godsdiens, diegene wat hulle sondes be-straf. As die geleentheid hom aanbied, sal hulle ook net soos Judas, diegene verraai wat hulle wou reghelp.GS 47.3

    In die kerk het die apostels mense teëgekom wat onder ‘n dekmantel van godsdiens sonde in die geheim gekoester het. Ananias en Saffira was bedreërs wat voorgegee het dat hulle al hulle besittings aan God gegee het, terwyl hulle ‘n deel vir hulleself uitgehou het. Die Gees van waarheid het die ware karakter van hierdie bedrieërs aan die apostels geopenbaar, en die oordele van God het die kerk bevry van hierdie klad op sy reinheid. Hierdie merkwaardige bewys van die onderskeidende Gees van Christus wat op die kerk uitgestort is, het vrees ingeboesem by huigelaars en boosdoeners. Hulle kon nie lank bly onder diegene wat van natuur en gewoonte verteenwoordigers van Christus was nie; en namate beproewing en versoeking oor Sy navolgers gekom het, het slegs diegene wat gewillig was om alles vir die waarheid op te gee, begeer om sy dissipels te word. Solank dus, as die vervolging aangehou het, het die kerk min of meer rein gebly; maar toe die vervolging opgehou het, is daar bekeerlinge gemaak wat minder opreg en toegewyd was, en dit het vatkans aan Satan gegee.GS 49.1

    Maar daar is geen verbintenis tussen die Vors van lig en die vors van duisternis nie, en daar kan ook geen vereniging wees tussen hulle navolgers nie. Toe die Christene ingestem het om te verenig met diegene wat maar half bekeerd was van Paganisme, het hulle ‘n weg ingeslaan wat hulle steeds verder en verder van die waarheid gelei het. Satan was bly dat hy daarin geslaag het om so ‘n groot aantal van die navolgers van Christus te bedrieg. Hy het toe groter krag uitgeoefen op hierdie mense, en hulle beweeg om diegene te vervolg wat getrou aan God gebly het. Niemand het so goed geweet hoe om die ware Christelike geloof te bestry as diegene wat dit eers verdedig het nie. En hierdie afvallige Christene, in vereniging met hulle halfbekeerde paganistiese broeders, het die stryd gevoer teen die belangrikste leerstellings van Christus.GS 50.1

    Dit het ‘n verskriklike stryd gekos vir diegene wat getrou wou bly om te blystaan teen die bedrog en verfoeisels wat vermom en in priesterlike gewaad en in die kerk ingevoer is. Die Bybel is nie aangeneem as die maatstaf van geloof nie. Die leerstelling van godsdiensvryheid is bestempel as kettery, en die voorstanders daarvan is gehaat en uitgewerp.GS 50.2

    Na ‘n lange en felle stryd, het die klein klompie getroues besluit om af te skei van die afvallige kerk as laasgenoemde sou weier om homself te reinig van valsheid en afgodediens. Hulle het besef dat afskeiding absoluut nodig was as hulle die woord van God wou gehoorsaam. Hulle kon nie langer dwaalleer gedoog wat noodlottig was vir hulle eie siele en wat ‘n voorbeeld gestel het wat die geloof van hulle kinders en kindskinders in gevaar sou bring nie. Vir die ontwil van vrede en eenheid was hulle gewillig om enige toegewing te maak wat nie hulle getrouheid aan God aangetas het nie; maar hulle het gevoel dat vrede wat gekoop is ten koste van beginsel te duur was. As eenheid moes verkry word deur waarheid en geregtigheid te kompromitteer, dan moes daar maar verskil en selfs oorlog wees.GS 50.3

    Dit sou baie goed wees vir die kerk en die wêreld as die beginsels wat hierdie standvastige mense besiel het, weer kon herlewe in die harte van Gods volk. Daar is ‘n ontsettende onverskilligheid ten opsigte van die leerstellings wat as pilare van die Christelike geloof dien. Die mening vat pos dat hierdie dinge nie eintlik van lewensbelang is nie. Hierdie ontaarding versterk die hande van die werktuie van Satan, sodat valse teorieë en gevaarlike misleidings, wat deur die gelowiges in die verlede met lewensgevaar aan die kaak gestel is, nou met goedkeuring bejeën word deur duisende wat voorgee om navolgers van Christus te wees.GS 50.4

    Die vroeë Christene was inderwaarheid ‘n eienaardige volk. Hulle onbesproke gedrag en onwrikbare geloof was ‘n gedurige bestrafhng wat die vrede van die sondaars verstoor het. Hoewel klein in getal, sonder rykdom, posisie, of eretitels, was hulle ‘n verskrikking vir boosdoeners orals waar hulle karakter en leerstellings bekend was. Daarom was hulle deur die goddelose gehaat net soos Abel deur die goddelose Kain gehaat is. Om dieselfde rede waarom Kain vir Abel doodgeslaan het, het diegene wat die weerhoudende krag van die Heilige Gees afgewerp het, ook Gods volk om die lewe gebring. Dit was om dieselfde rede dat die Jode die Heiland verwerp en gekruisig het, naamlik omdat die reinheid en heiligheid van Sy karakter ‘n gedurige bestraffing was van hulle selfsug en verdorwenheid. Van die dae van Christus tot vandag, het Sy getroue dissipels die haat en teensland opgewek van diegene wat die weë van die sonde liefhet.GS 51.1

    Hoe dan, kan die evangelie ‘n boodskap van vrede genoem word? Toe Jesaja die geboorte van die Messias voorspel het, het hy Hom genoem “Vredevors.” Toe die engele die geboorte van Christus aan die skaapwagters bekend gemaak het, het hulle as volg bokant die vlaktes van Betlehem gesing: “Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!” Lukas 2: 14. Daar is ‘n skynbare weerspreking tussen hierdie profetiese woorde en die woorde van Christus, “Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.” Matt. 10: 34. Maar reg verstaan, is hierdie woorde in volkome ooreenstemming. Die evangelie is ‘n boodskap van vrede. Die Christelike geloof, as dit aangeneem en gehoorsaam word, sou vrede, eensgesindheid en geluk oor die aarde versprei. Die godsdiens van Christus sal almal wat dit aanneem in ‘n broederskap verenig. Die sending van Jesus was om mense met God en met mekaar te versoen. Maar die wêreld oor die algemeen is onder die beheersing van Satan, Christus se bitterste vyand. Die evangelie openbaar aan hulle lewensbeginsels wat heeltemal in stryd is met hulle gewoontes en begeertes, en hulle kom in opstand daarteen. Hulle haat die reinheid wat hulle sondes openbaar en veroordeel en hulle vervolg en vernietig diegene wat by hulle aandring om die evangelie aan te neem. Dit is in hierdie sin dat die evangelie ‘n swaard genoem word.GS 51.2

    Die feit dat God toelaat dat die regverdiges deur die goddelose vervolg word, is iets wat baie swakkes in die geloof nie kan verstaan nie. Sommige is selfs gereed om hulle vertroue in God te laat vaar, omdat Hy toelaat dat selfs die slegste mense voorspoedig is, terwyl die beste en reinste Christene deur hulle vervolg en getrotseer word. Hoe, vra hulle, kan Iemand wat regverdig en genadig is, en wat oneindig in mag is, sulke ongeregtigheid en verdrukking verdra? Dit is ‘n vraag waarmee ons niks te doen het nie. God het ons genoeg bewyse gegee van Sy liefde, en ons moet nie Sy goedheid betwyfel omdat ons nie Sy werkinge verstaan nie. Die Heiland wat die twyfel vooruitgesien het wat hulle in die dae van beproewing en donkerheid sou oorval, het aan Sy dissipels gesê: “Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg.” Joh. 15: 20. Jesus het vir ons gely meer as enige van Sy navolgers ooit moes ly deur die wreedheid van goddelose mense. Diegene wat marteling en die marteldood moes sterf, het slegs gevolg in die voetstappe van Gods geliefde Seun.GS 52.1

    “Die Here vertraag nie die beloftes” nie. 2 Petrus 3: 9. Hy vergeet of verwaarloos nie Sy kinders nie; maar Hy laat die goddelose toe om hulle ware karakter te openbaar, sodat niemand wat begeer om Sy wil te doen, aangaande hulle bedrieg kan word nie. En dan weer word die regverdiges in die smeltkroes geplaas, sodat hulle gereinig kan word; sodat hulle voorbeeld ander kan oortuig van die werklikheid van geloof en godsvrug; en sodat hulle standvastige lewe die goddelose en ongelowiges mag veroordeel.GS 52.2

    God laat die goddelose toe om voorspoedig te wees en hulle vyandigheid teenoor Hom te openbaar, sodat wanneer hulle beker van ongeregtigheid vol is, almal Sy regverdigheid en genade kan sien in hulle volkome vernietiging. Die dag van Sy wraak nader spoedig, wanneer almal wat Sy wet oortree het en Sy volk verdruk het, regverdige vergelding sal ontvang vir hulle dade, en wanneer elke wrede en onregverdige daad teenoor Gods getroue kinders gestraf sal word asof dit aan Christus Self geskied het.GS 53.1

    Daar is ‘n ander en belangriker vraag wat die aandag van die kerke vandag inbeslag moet neem. Die apostel Paulus sê: “Almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.” 2 Tim. 3: 12. Waarom is dit dan dat dit skyn of vervolging in ‘n groot mate gestaak is? Die enigste rede is dat die kerk gelykvormig geword het aan die wêreld, en daarom geen teenstand uitlok nie. Die godsdiens wat ons vandag sien, is nie daardie reine en heilige soort wat die Christelike geloof gekenmerk het in die dae van Christus en Sy apostels nie. Dit is slegs omdat daar ‘n kompromis aangegaan is met die sonde, omdat die groot waarhede van die woord van God so veronagsaam is, en omdat daar so min ware godsaligheid in die kerk is, dat die Christelike geloof so gewild is by die wêreld. Laat daar ‘n herlewing kom van die geloof en krag van die vroeë kerk, en die gees van vervolging sal weer herleef, en die vure van die brandstapel sal weer opvlam.GS 53.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents