Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Stryd - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 41—Die Verwoesting van die Aarde

    “HAAR sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou. . . .Skink vir haar dubbel in die beker waarin sy geskink het. Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na die mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen. Omdat sy in haar hart sê: Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie, daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel. En die konings van die aarde wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, sal oor haar ween en oor haar rou bedrywe wanneer hulle die rook van haar verbranding sien, terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging en sê: Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom!” Openb. 18: 5-10.GS 735.1

    “Die handelaars van die aarde,” wat “ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid,” “sal ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, terwyl hulle ween en rou bedrywe en sê: Wee, wee die groot stad wat bekleed was met fyn linne en purper en skarlaken en versier met goud en edelgesteente en pêrels, omdat in een uur soveel rykdom verwoes is!” Openb. 18: 11, 3, 15-17.GS 735.2

    Dit is die oordele wat Babilon sal tref in die dag van Gods grimmigheid. Sy het haar beker van ongeregtigheid volgemaak; haar tyd het gekom; sy is ryp vir verwoesting.GS 736.1

    Wanneer die stem van God Sy volk verlos, is daar ‘n vreeslike ontwaking van diegene wat alles verloor het in die groot stryd van die lewe. Terwyl die genadetyd geduur het, was hulle verblind deur Satan se verleidings en hulle het hulle sondige weg geregverdig. Die rykes was trots daarop omdat hulle hoër was as die minder bevoorregtes; maar hulle het hulle rykdom verkry deur die oortreding van Gods wet. Hulle het nagelaat om die hongeriges te voed, die naaktes te kleed, om regverdig te handel, en genade lief te hê. Hulle het getrag om hulleself te verhef en die aanbidding van hulle medemens te verkry. Nou is alles wat hulle grootgemaak het, aan hulle ontneem en hulle staan behoeftig en weerloos. Met vrees aanskou hulle die vernietiging van die afgode wat hulle bokant hulle Maker verkies het. Hulle het hulle siele verkoop vir aardse rykdom en plesier, en hulle het nie rykdom tot God gesoek nie. Die gevolg is dat hulle lewens ‘n mislukking is; hulle plesier is nou verander in gal, en hulle skatte in verderf. Die winste van ‘n leeftyd word in een oomblik weggeveeg. Die rykes beween die vernietiging van hulle pragtige wonings, en die verstrooiing van hulle goud en silwer. Maar hulle geween word stilgemaak deur die vrees dat hulle self ook saam met hulle afgode sal vergaan.GS 736.2

    Die goddelose is met spyt vervul, nie weens hulle verwaarlosing van God en hulle medemens nie, maar omdat God oorwin het. Hulle beween die gevolge, maar hulle bekeer hulle nie van hulle goddeloosheid nie. Hulle sou alle middele aanwend om die oorwinning te behaal as hulle maar kon.GS 736.3

    Die wêreld sien nou die mense wat hulle bespot en verag het en wat hulle wou uitroei, en hulle staan ongeskend deur pessiekte, storm, en aardbewing. Hy wat vir die oortreders van Sy wet ‘n verterende vuur is, is vir Sy volk ‘n veilige vertrek.GS 736.4

    Die predikant wat die waarheid opgeoffer het vir die guns van mense, sien nou die aard en invloed van sy leer. Dit is nou duidelik dat die alsiende oog hom gevolg het waar hy in die kansel gestaan, op die strate geloop, en onder die mense op verskillende lewenstonele gewandel het. Elke emosie van die siel, elke reel wat geskryf is, elke woord wat geuiter is, elke daad wat mense daartoe gebring het om op valsheid te vertrou, was soos saad wat gesaai is; en nou, in die ellendige verlore siele rondom hom, sien hy die oes.GS 737.1

    Die Here sê: “Hulle genees die verbreking van die dogter van My volk op die maklikste manier deur te sê: Vrede, vrede! terwyl daar geen vrede is nie.” “Omdat julle met leuens die hart van die regverdige droewig gemaak het, terwyl Ek hom geen smart aangedoen het nie — en die hande van die goddelose versterk het, dat hy van sy slegte weg nie sou terugkeer nie, om hom in die lewe te hou — daarom sal julle geen bedrieglike gesigte meer sien en geen waarsêery meer drywe nie.” Jer. 8: 11; Eseg. 13: 22, 23.GS 737.2

    ..Wee die herders wat die skape van my weiding laat omkom. . . . Kyk, Ek besoek oor julle die boosheid van julle handelinge.” “Huil, o herders, en skreeu, en wentel julle in die as, julle maghebbers van die kudde; want vol is julle dae om geslag te word en die dae van julle verstrooiing, . . . dan sal toevlug ontbreek vir die herders en ontkoming vir die maghebbers van die kudde.” Jer. 23: 1, 2; 25: 34, 35.GS 737.3

    Predikante sowel as die volk sien dat hulle nie die regte verhouding teenoor God ingeneem het nie. Hulle sien dat hulle gerebelleer het teen die Gewer van alle regverdige wette. Die verwerping van die goddelike gebooie het duisende sondes as gevolg gehad, ook tweedrag, haat, boosheid, totdat die aarde omgeskep is in een groot strydperk, een poel van verrotting. Dit is wat diegene nou sien wat die waarheid verwerp en dwaalleer gekies het. Geen woorde kan die verlange beskryf wat die ongehoorsames en ontroues voel vir wat hulle vir ewig verbeur het — naamlik die ewige lewe. Mense wat deur die wêreld aanbid is weens hulle talente en welsprekendheid sien sake nou in hulle ware lig. Hulle besef nou wat hulle verbeur het deur hulle oortreding, en hulle val neer aan die voete van diegene wie se getrouheid hulle bespot en verag het, en hulle bely dat God hulle liefgehad het.GS 737.4

    Die mense sien dat hulle bedrieg was. Die een beskuldig die ander dat hy hom tot die verderf gelei het; maar almal tesame veroordeel die predikante. Ontroue leraars het strelende dinge verkondig; hulle het hulle hoorders gelei om die wet van God tot niet te maak en diegene te vervolg wat dit geheilig het. In hulle wanhoop erken hierdie leraars nou voor die wêreld dat hulle werk ‘n bedrog was. Die skare is met woede vervul. “Ons is verlore!” skree hulle, “en julle is die oorsaak van ons ondergang;” en dan val hulle die valse herders aan. Diegene wat eers die meeste van die predikante gedink het, sal hulle nou die heftigste vervloek. Dieselfde hande wat hulle eentyd met louerkranse gekroon het, sal nou opgehef word om hulle te verwoes. Die swaarde wat Gods volk moes dood, word nou gebruik om hulle vyande te dood. Orals is daar stryd en bloedvergieting.GS 738.1

    “Oorlogsrumoer het gekom tot by die einde van die aarde, want die Here het ‘n twis met die nasies, Hy hou gerig oor alle vlees. Die goddelose — aan die swaard het Hy hulle oorgegee.” Jer. 25: 31. Vir sesduisend jaar het die groot stryd gewoed; die Seun van God en Sy hemelse boodskappers het die stryd gevoer teen die bose om die mensekinders te waarsku, te verlig, en te verlos. Nou het almal hulle besluit geneem; die goddelose het nou ten voile aangesluit by Satan in sy oorlog teen God. Die tyd het nou aangebreek vir God om die gesag van Sy vertrede wet te handhaaf. Die stryd is nou nie net teen Satan alleen nie, maar teen mense. “Die Here het ‘n twis met die nasies;” Hy sal hulle oorgee aan die swaard.GS 738.2

    Daar is ‘n teken van verlossing gesit aan diegene “wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word.” Die doodsengel gaan nou uit, soos voorgestel in Esegiël se gesig deur manne met wapens aan wie bevel gegee is: “Slaan dood grysaards, jongmanne en jongdogters en kinders en vroue tot vernietiging toe; maar raak aan niemand op wie die teken is nie, en begin by My heiligdom.” Eseg. 9: 6. Die profeet sê, “Hulle het begin by die ou manne wat voor die huis was.” Die werk van verwoesting begin onder diegene wat voorgegee het dat hulle die geestelike beskermers van die volk was. Die valse wagters word eerste geslaan. Daar is niemand wat ontferming het of wat spaar nie. Mans, vrouens, meisies, en klein kindertjies — almal word doodgemaak.GS 738.3

    “Die Here sal uit Sy plek uitgaan om die ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te besoek; en die aarde sal die bloed openbaar maak wat deur hom gedrink is, en die wat op hom dood gemaak is, nie langer toedek nie.” Jes. 26: 21. “Dit sal die plaag wees waarmee die Here al die volke sal tref wat oorlog-toe getrek het teen Jerusalem: Hy sal hulle vlees laat wegteer terwyl hulle nog op hulle voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond. En in die dag sal die Here ‘n groot verwarring onder hulle stig, sodat hulle mekaar by die hand sal gryp en teen mekaar die hand sal ophef.” Sag. 14: 12, 13. Die goddelose aardbewoners — priesters, owerstes, die volk, ryk en arm, hoog en laag, kom om in die stryd van hulle eie verwoede drifte en in die uitstorting van Gods grimmigheid. “Die wat deur die Here verslaan is, sal die dag lê van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; hulle sal nie beklaag of versamel of begrawe word nie.” Jer. 25: 33.GS 739.1

    By die koms van Christus word die goddelose oor die ganse aarde uitgedelg — verteer deur die gees van Sy mond, en verdelg deur die heerlikheid van Sy koms. Christus neem Sy volk na die Godstad, en die aarde is sonder bewoners. “Kyk, die Here maak die aarde leeg en verwoes dit, en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners. . . . Die aarde word heeltemal leeggemaak en heeltemal geplunder, want die Here het hierdie woord gespreek. . . . Want hulle het die wette oortree, die inseting geskend, die ewige verbond verbreek. Daarom verteer die vloek die aarde, en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ‘n gloed verteer, en bly daar min mense oor.” Jes. 24: 1, 3, 5, 6.GS 739.2

    Die hele aarde is soos ‘n woeste wildernis. Orals kan die puinhope van stede en dorpe wat deur aardbewings verwoes is, ontwortelde bome, rotse wat uit die see gewerp of uit die aarde geskeur is, gesien word, terwyl groot skeure die plekke aanwys waar berge van hulle fondamente weggeskeur is.GS 739.3

    Nou vind die gebeurtenis plaas wat voorafgeskadu is in die slotdiens van die versoendag. Toe die bediening in die Allerheiligste plek afgesluit is, en die sondes van Israel uit die heiligdom verwyder is deur die bloed van die sondoffer, is die sondebok lewendig voor die Here gestel; en in die teenwoordigheid van die vergadering het die hoëpriester oor hom belydenis gedoen “van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ookal mag wees; en hy moet die op die kop van die bok lê.” Lev. 16:21. So ook, wanneer die werk van versoening in die hemelse heiligdom voleindig is, word die sondes van Gods volk in die teenwoordigheid van God en heilige engele op Satan geplaas; hy sal skuldig verklaar word aan al die boosheid wat hy die mense gelei het om te pleeg. En net soos die sondebok in die woestyn weggestuur is, sal Satan ook verban word tot die verwoeste aarde, ‘n onbewoonde en troostelose wildernis.GS 740.1

    Johannes voorspel die verbanning van Satan en die toestand van chaos en verwoesting waarin die aarde omgeskep sal word; en hy sê dat hierdie toestand vir ‘n duisend jaar sal voortduur. Nadat hy die tonele van die Here se tweede koms en die vernietiging van die goddelose beskryf het, sê hy: “En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand en hy het die draak gegryp — die ou slang wat die duiwel en die Satan is—en hy het hom gebind duisend jaar lank, en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer kan verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy vir ‘n kort tydjie ontbind word.” Openb. 20: 1-3.GS 740.2

    Die uitdrukking “afgrond” stel die aarde voor in sy toestand van verwarring en duisternis, soos afgelei kan word uit ander skriftuurplase. Die Bybel sê van die aarde in die begin, “die aarde was woes en leeg en duisternis was op die wêreldvloed.” Gen. 1: 2. (Die woord wat hier vertaal is “wêreldvloed” is in die Septuaginta dieselfde as wat in die grondteks van Openbaring 20: 1-3 vertaal is “afgrond.”) Die profesieë leer ons dat die aarde, gedeeltelik altans, weer in hierdie toestand gebring sal word. Yooruitsiende na die groot dag van die Here, het die profeet Jeremia gesê: “Ek het na die aarde gekyk, en dit was woes en leeg; ook na die hemel, en sy lig was daar nie. Ek het na die berge gekyk, en hulle het gebewe, en al die heuwels het geskud. Ek het gekyk, en daar was geen mens nie, en al die voëls van die hemel het weggevlieg. Ek het gekyk, en die land van tuine was ‘n woestyn, en al sy stede was afgebreek.” Jer. 4: 23-26.GS 740.3

    Hier het ons ‘n beskrywing van die plek waar Satan en sy bose engele vir ‘n duisend jaar sal woon. Beperk tot hierdie aarde, sal hy nie toegang hê tot die ander wêrelde om diegene w?at nooit in die sonde geval het, te versoek en lastig te val nie. Dit is in hierdie sin dat hy gebind word: daar bly geen mense oor op wie hy sy krag kan beoefen nie. Hy is heeltemal afgesny van sy werk van bedrog en verwoesting wat vir soveel eeue sy enigste vreugde was.GS 741.1

    Waar die profeet Jesaja vooruit gesien het na die tyd van Satan se ondergang, het hy uitgeroep: “Hoe het jy uit die hemel geval, o morester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!—En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, . . . my gelykstel met die Allerhoogste! Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word in die diepste plekke van die kuil! Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê: Is dit die man vvat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het? Die wêreld soos ‘n woestyn gemaak en sy stede verwoes het, wat sy gevangene nie losgelaat het huis-toe nie?” Jes. 14: 12-17.GS 741.2

    Vir sesduisend jaar lank het Satan se rebellie die aarde laat sidder. Hy het “die wêreld soos ‘n woestyn gemaak en sy stede verwoes.” En hy het nie die gevangenes “losgelaat huis-toe nie.” Vir sesduisend jaar het hy die volk van God in sy gevangenis inganeem, en hy sou hulle vir ewig gevange gehou het as dit nie was dat Christus die bande verbreek het en die gevangenes vrygestel het nie.GS 741.3

    Selfs die goddelose is nou buite bereik van Satan; en, alleen met sy bose engele, bly hy agter om die gevolge te sien wat die vloek van die sonde gebring het. “Die konings van die nasies, hulle almal rus met eer, elkeen in sy huis [die graf]; maar jy is gewerp, ver van jou graf, soos ‘n afskuwelike uitspruitsel. . . . Jy word nie met hulle in die graf verenig nie, want jy het jou land verwoes, jou volk doodgemaak.” Jes. 14: 18-20.GS 741.4

    Vir ‘n duisend jaar sal Satan heen-en-weer op die verwoeste aarde ronddool om die gevolge van sy rebellie teen die wet van God te betrag. Gedurende hierdie tyd is sy lyding vreeslik. Sedert sy val, het sy lewe van onophoudelike bedrywigheid hom geen kans gegee vir oorpeinsing nie; maar nou is sy krag ontneem, en hy word alleen gelaat om sy werk sedert hy teen die regering van die hemel in opstand gekom het te betrag, en vooruit te sien met vrees en bewing na die ontsettende toekoms wanneer hy sal moet ly vir al die sonde wat hy gedoen het en gestraf sal word vir die sondes wat hy laat doen het.GS 742.1

    Vir die volk van God sal die gevangenskap van Satan ‘n tyd van blydskap en vreugde wees. Die profeet sê: “Op die dag as die Here jou rus gee van jou smart en van jou onrus en van die harde diensbaarheid waarmee hulle jou laat dien het, dan sal jy hierdie spotlied aanhef oor die koning van Babel [hier word gesinspeel of Satan] en sê: Hoe het die drywer nou opgehou, opgehou die verdrukking! Die Here het die stok van die goddelose verbreek, die staf van die heersers wat die volke verwoes het in grimmigheid met slaan sonder ophou, wat in toorn oor die nasies geheers het met ‘n agtervolging sonder verskoning.” Jes. 14: 3-6.GS 742.2

    Gedurende die duisend jaar tussen die eerste en die tweede opstandings, vind die oordeel van die goddelose plaas. Die apostel Paulus verwys na hierdie oordeel as iets wat na die tweede koms plaasvind. “Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak.” 1 Kor. 4: 5. Daniel verklaar dat “aan die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf is,” toe die Oue van dae gekom het. (Dan. 7: 22.) Gedurende hierdie tyd regeer die regverdiges soos konings en priesters van God. In Openbaring sê Johannes: “Ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee. . . . Hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.” Openb. 20: 4, 6. Dit is in hierdie tyd, soos deur Paulus voorspel is, “dat die heiliges die wêreld sal oordeel.” 1 Kor. 6: 2, 3. Saam met Christus oordeel hulle die goddelose, hulle vergelyk hulle dade met die wetboek, die Bybel, en hulle beslis elke saak volgens die dade wat in die liggaam geskied het. Dan sal die straf wat die goddelose moet ly, afgemeet word, volgens hulle werke; en dit sal aangeteken word teenoor hulle name in die boek van die dood.GS 742.3

    Ook Satan en die bose engele word deur Christus en Sy volk geoordeel. Paulus sê, “Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie.” 1 Kor. 6: 3. En Judas sê dat, “die engele wat hulle eie beginsel nie bewaar het nie, maar hulle eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar.” Judas 6.GS 743.1

    Aan die einde van die duisend jaar vind die tweede opstanding plaas. Dan sal die goddelose uit die dode opgewek word, en hulle sal voor God verskyn vir die voltrekking van hulle vonnis. Daarom sê Johannes, nadat hy die opstanding van die regverdiges beskryf het, “Die ander dode het nie herlewe tot die duisend jaar voleindig was nie.” Openb. 20: 5. En aangaande die goddelose verklaar Jesaja, “Hulle sal opgesluit word soos pevangene opgesluit word in ‘n kuil, en bewaar word in ‘n kerker; maarna baie dae sal daar op /tulle ag gegee word.” Jes. 24: 22.GS 743.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents