Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “n Voorreg en ‘n Verantwoordelikheid

    Die plegtigste waarhede wat nog ooit aan sterflinge toevertrou is, is aan ons gegee om aan die wêreld te verkondig. Ons werk is om hierdie waarhede te verkondig. Die wêreld moet gewaarsku word, en die volk van God moet getrou wees aan die taak wat aan hulle opgedra is. Hulle moet hulle nie in spekulasie begewe nie en ook nie saam met ongelowiges handelsondememings aangaan nie; want dit sou die werk wat aan hulle gegee is, belemmer.GF 53.5

    Christus sê aan Sy volk: “Julle is die lig van die wêreld.”GF 53.6

    Dit is geen geringe saak dat die raad en doelstellings en planne van God so duidelik aan ons geopenbaar is nie. Dit is ‘n wonderlike voorreg om die wil van God te kan verstaan soos dit in die vaste profetiese woord geopenbaar is. Dit plaas ‘n groot verantwoordelikheid op ons. God verwag dat ons die kennis wat Hy aan ons gegee het, aan andere moet oordra. Dit is Sy doel dat Goddelike en menslike instrumente in die verkondiging van die waarskuwende boodskap sal saamspan.-R & H” 28 Julie 1904.GF 53.7

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents